Vakbond, EFF dreig met nasionale stilstand in dié winkels

Foto: Pixabay

Die National Transport Movement (NTM) het Dinsdag in ʼn verklaring gewaarsku dat hul lede in samewerking met die EFF Woensdag 27 Junie alle winkels van Shoprite, Checkers, U-save en Hungry Lion tot ʼn algehele stilstand wil bring.

NTM beweer dat Shoprite/Checkers, sy filiale en arbeidsmakelaars sommige werknemers net R400 per week betaal. Hul meen dit is armoede-lone en moet met minagting verwerp word.

Werkers eis ʼn minimum basiese salaris van R12 500 vir pakhuiswerkers en R15 000 vir bestuurders, asook ʼn dertiende tjek, mediese fonds en voorsorgfonds.

Volgens hul verklaring staak werkers by die Centurion verspreidingstak al van 23 Mei af vir beter lone.

African News Agency kon nie onmiddellik daarin slaag om kommentaar van Shoprite Holdings oor die aangeleentheid te verkry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Sanna ·

Dit sal ‘n dag van grootskaalse plundering tot gevolg he.

schalk ·

Die EFF dra absoluut niks positief tot die samelewing by nie. Maar tog kry hulle dit reg om die politieke partye skietgoed te gee vir die opkomende verkiesing. Ander politieke partye gebruik hulle eise om beloftes te maak aan mense wat natuurlik nie praktiese of getoetste resultate kan waarborg nie. Wanneer gaan die mense besef die politikus is net daar vir homself en sy eie roem?

Leser ·

Schalk, jy praat waar. Dit is die politikuste wat onmin tussen mense saai, en sommige van hulle hits geweld en misdaad aan, vir hul eie gewin ja!

kat ·

tyd dat eff groot word en begin dink hulle is besig om die land terug te vat na daai jare waar hier niks was nie net n kaie en n kalbas

hond ·

jy vergeet kat, dis presies daardie omstandighede waarna hul streef

Johanna Botha ·

Presies waarvoor die mense staan ….n totale stilstand .van alles ….net dan sal hulle tevrede wees !

White Rhino ·

Wel Pick & Pay gaan ‘n field day he!! Almal gaan by hulle koop!!!

thinus ·

EFF werf net steun in groot maat met groter as groot beloftes, ek voorsien hulle gaan reuse suksesse behaal. Kyk wat het by platinum myne gebeur met die nuwe vakbond wat groter belowe het as die bestaande een. Jip hulle gaan die ANC seermaak!

jakes ·

Thinus, jy leef in n droomwereld ou maat. Die EFF is n spul opportuniste wat mense opsweep deur aksies wat ongrondwetlik is en feitlik elke wet oortree. Daarom moet Malema voordurend in die hof verskyn. Hy is n dief wat die Inkomstediens miljoene skuld en behoort agter tralies. Malema is goed daarmee om aandag te trek en goedkoop publisiteit te kry met sy simple aksies elke nou en dan maar mense met n bietjie verstand sien reg deur hom.

Snowball ·

Jy is reg oor Julie Aas, die teendeel is egter waar oor sy ondersteuningsbasis; selfs bietjie verstand ontbreek om hom te sien vir wat hy is en wat hy propageer…

wonder ·

Jakes dit gaan nie oor die party nie , maar die ondersteuners van die party. Dit moet mense in die land die bekommerdste maak. Ons bly nie in ‘n demokrasie nie want 75% betaal nie belasting nie.(BTW uitgesluit) Hoe kan ‘n mens verwag 25% wat wel betaal moet vir 75% sorg, en dan wil die 75% nog vir die 25% vertel hoe die geld bestee moet word( nie baie demokraties nie )

Blommie ·

Ja Jakes, presies wat jy daar se mense met verstand wat deur hom sien en dis DIE minderheid!!!!!!!!!
As jy dink Malema staan nie n kans nie.
Dink weer, hy het genoeg mense, teveel wat hom steun!
Daai man het meer impak op die land as wat mens wil glo en dis glad nie n goeie impak nie.

Anoniem ·

Geen probleem nie, daar is nog Pick & Pay, Woolworths, Spar, Makro, Game plus vele ander om by te koop. Vir wie “spite” julle, net julself!

Emma ·

Is belaglik wat hul rede is om te plunder,arbeidsmakelaars moet minimum loon betaal jy word geoudit dat hul kan sien jy tree binne die wet op.

Anni ·

Emma, hulle voel absolute vere vir die wet. Dit wat hulle wil he en dit wat hulle deur opertunistiese politici wysgemaak word, dra meer water as wat die wet se.

Siekensat ·

Waar doen ek aansoek om werk in ‘n pakhuis? Ek wil ook so baie verdien. My man sukkel aan met R7500 per maand en hy kla nie. Ons is bly hy het ‘n werk. Werk 6 dae ‘n week en glimlag altyd.

IK ·

Daar is sekere kwalifikasies wat verkieslik nie teenwoordig hoef te wees. Dink net aan vandag om die koei te melk want more is nog in die toekoms en bestaan dus vandag (die hede) nog nie.

Hennie ·

Ja nee ek wil ook in n pakhuis gaan werk vir daai geld!!! Ek ry al van 2002 al af tow trokke en is happy met dit watek maak maar die ure is nie lekker nie. So hoekom sal ek in tow trok wil sit as ek in n pakhuis kan werk vir R12500 plus benefits? Nee hel hulle dink glad nie verder as hulle neuse nie!! Meer pay dan gaan als op om die pay te kan dek!!!

wonder ·

Jakes dit gaan nie oor die party nie , maar die ondersteuners van die party. Dit moet mense in die land die bekommerdste maak. Ons bly nie in ‘n demokrasie nie want 75% betaal nie belasting nie.(BTW uitgesluit) Hoe kan ‘n mens verwag 25% wat wel betaal moet vir 75% sorg, en dan wil die 75% nog vir die 25% vertel hoe die geld bestee moet word( nie baie demokraties nie )

GM ·

Het hulle al daaraan gedink dat as hul minder kinders gekry het, daar dan dalk vir almal sulke groot salarisse betaal kon word? Nou groei die bevolking en besighede maak toe as gevolg van als wat duur word en stakers wat als afbrand. Die wêreld skuld hul als net omdat hulle gebore is. Shame man.

Eish ·

Indien dit waar is dat Checkers Shoprite slegs R400.00 per week betaal aan sekere werknemers, bring hul dit oor hulself. In die helhool gaan jy verseker nie wegkom daarmee indien jjaarlios. diè statuur is nie. Bitter snaaks dat die departement van arbeid dit nie op getel het nie. Hul besoek my klokslag jaarliks.
Wat prysenswaardig is, is dat hul dowe mense indiens neem. Ek sal graag die maatskappy se reaksie op die bewerings wil sien.

Skepties ·

Dis gladnie waar nie, hulle lone is baie hoer as dit en dit is maklik bewysbaar.

Bren ·

Tyd dat maatskappye hul werkers ordentlike salarisse betaal! Ek dink almal wat onder 12500.00pm betaal word moet besighede tot stilstand bring; en ja byvoordele ook daarby! Meeste plekke het nie mediese skemas of pensioen voordele nie en betaal so swak dat dit nie eers uit jou eie sak kan betaal word nie! En ja menigte van ons probeer met n glimlag werk 6dae n week vir 8000pm; bly steeds onaanvaarbaar!

wonder ·

Bren jy kan maar die duur kos dan vir ons almal subsidueer want baie mense kom met minder as dit oor die weg en betaal hul eie medies ook!!!Dit is tyd dat mense begin besef dat sekere salarisse sekere kwalifikasies vereis. Ons almal wil graag blink nuwe karre ry en in groot huise bly, maar die lewe werk ongelukkig nie so nie. Salarisse in die land moet gedryf word deur vraag en aanbod. Minimum lone is ‘n klug!!! Wanneer gaan mense wat werkloos gevra word waarvoor hulle bereid is om te werk.

Karen van Zyl ·

Wees ongelooflik bly! as ‘n mens werk het, want daarvan, is daar min.

Albaster ·

@Bren, waarom begin jy nie ‘n besigheid en betaal almal minimum 12 000 per jaar nie?

Johan ·

Jaaaa Bren, en ek glo jy het ‘n huiswerker en ‘n tuinwerker en jy betaal elkeen R12 500 per maand? En as jy nie het nie, hoekom nie?

John ·

Ons wag vir die dag wanneer plaasgrypers en Afro-winkels hul produkte vanaf eens boereplase aan ons probeer verkwansel… oooh! Hulle sal dit voel en ruik… vrot op die rakke en op die land. Geen etiek… geen winste. Winkels sonder inkomste se deure sluit en al die voordele en eise deur werklose eisers se drome word ge-zero. Male7ma kan dalk inskryf vir ‘n graad met geskiedenis as hoofvak en sommer ook ‘n Bybel aanskaf. Die wel en wee van volke deur die geskiedenis sal sy asem wegslaan… Oppas!

Tammy ·

Ek sal ook wil he MM moet asseblief vir ons navraag doen oor die R400 loon by genoemde winkels. Dit sal baie interessant wees om uit te vind of hulle by die minimum loon hou. Aan die mense wat werk het en so kla, jy is vry om te loop en op straat te gaan bedel,alhoewel ek dink dit kan nogal onaangenaam wees as dit reen en baie koud is en jy moet probeer bedel.

Realisties ·

R12500/m??? Mense…dit is die intree salaris van gegradueerde mense…. Hoe wil ‘n pakhuis werker aanspraak maak op so salaris en hy het geen naskoolse kwalifikasie nie?? Almal wil verdien maar niemand is bereid om aan hulle self te werk en hulle eie vermoëns te verbeter en sodoende jou inkomste te verbeter nie.

Johan ·

Realisties, presies. Maar daar is sekere mense wat dit nie kan verstaan nie, nie wil verstaan nie en nooit sal verstaan nie. Terloops my dogter is onderwyseres (maw ‘n B-graad) en sy het hierdie jaar met MINDER as R12 500 begin.

Ek glo nie die storie van R400 per wek nie, maar al verdien jy R5000 per maand, is dit R5000 meer as NIKS. Met R5000 kan jy iets doen, met NIKS kan jy NIKS doen.

wonder ·

Bren jy kan maar die duur kos dan vir ons almal subsidueer want baie mense kom met minder as dit oor die weg en betaal hul eie medies ook!!!Dit is tyd dat mense begin besef dat sekere salarisse sekere kwalifikasies vereis. Ons almal wil graag blink nuwe karre ry en in groot huise bly, maar die lewe werk ongelukkig nie so nie. Salarisse in die land moet gedryf word deur vraag en aanbod. Minimum lone is ‘n klug!!! Wanneer gaan mense wat werkloos gevra word waarvoor hulle bereid is om te werk.

Rynhardt ·

Die feit dat EFF winkels landwyd tot stilstand wil bring,wys dat alles in chaos en wanorde moet geskiet.Hul voer die opdrag uit vir rewolusie!Die aanvoer vir groot,buitensporige salarisse????(gaan al hoe erger raak),is n rookskerm,want wanneer die onderskeie winkelgroepe nie kan betaal nie,gee dit die molesmakers juis rede tot aksie!????????

Hanna Hoekom ·

Ek, as n gegradueerde, het nie eens daardie soort salaris verdien nie! En ek het twee universiteits grade en 10 jr ondervinding. Kon nooit bevordering kry agv my velkleur nie. Het daarom 2 jr gelede die land verlaat en verdien nou 3 keer my salaris! Waar val die mense uit? Hulle leef in n droomwereld.

Karen van Zyl ·

Daar is nie geld nie, wanneer gaan iemand dit besef? Hulle het die land so verplunder dat daar nou niks meer oor is nie.

Blommie ·

Ja nee wragtag ek soek ook werk daar, ek is n aankoper en verdien glad nie soveel en kry ook nie al daai voordele nie.
Moeg vir al my werk, ek wil ook gaan store pak.

K ·

Met die belaglike “demands” en afbrand, en toegee met handjies gevou deur die polisie en regering, gaan die einste spul sonder werk sit op die einde van die dag, maar teen hierdie tyd weet ander hul dink nooit verder as hul neuse nie.

Johanna ·

Ek is jammer, ek glo nie dat sommige werkers net R400 per week betaal nie. glad nie.!!!

Rede waarom Checkers geteiken ·

Die rede waarom Checkers geteiken en nie ander groot winkelgroepe nie is omdat dit nog gedeeltelik deur Afrikaners besit word.

Mlg ·

Glo dit maar. As die winkel nie profyt wys nie, word ure gesny vir die budget. En dan werk die casual mense so min as 18 ure n week.

Andre ·

Baie winkels het te veel personeel, hulle loop teen mekaar vas en teen die kliente. Laat die oortolliges loop (Die wat nou staak) en betaal die wat wil werk die verhoging.

Thea Botha ·

Ek dink regtig die mense soek net verskoning om te staak!. Ek glo die “lone” van R400 per week is bokbollie. Ek het ook vir die winkelgroep gewerk in jare 1983 – 2004. Toe was die lone +- in die omgewing van R200 -R350 per week. Huidiglik glo ek dis baie meer. Dis moontlik dat hulle R400 per week kry omdat hulle nie by die werk is nie maar vir elke wind wat waai wil strike en demand.

Nie waar nie ·

Ek glo dit glad nie dat Afrikaanse firmas R400 per week sal betaal nie. Afrikaanse firmas sal nooit so iets doen nie Dit is dan minder as die SASSA pensioen!

Irene ·

Man die eff wil net stemme kry vir meer geld in hul sakke. Hul kan nie hulle geld neem en arms help nie. Mense moet wakker word

Keelvol ·

So groot maatskappy sal nooit onder die minimum loon betaal nie hulle soek rede om te plunder en staak, hulle luister weer vir die duiwel soos al die vorige mense wat alles belowe het sodat hulle stemme kan kry, op die ou einde kry hulle niks dan blammeer hulle ander of apartheid vier jaar later kom hulle weer met dieselfde lieg storie en die ondersteuners stem maar weer, en hulle stem om weer teleurgesteld te word.

SASSA ·

Mense met ‘n sassa grant verdien dieselfde as die wat R400 ‘n week verdiend. Hulle reken dan dit is die minimum bedrag per maand om op te kan oorleef. So as dit dan nie genoeg is vir hulle om op te lewe nie dan waarom word die sassa grants nie ook oor gekla en verhoog nie? Hoeveel ou en dissabled mense eet blikkies kat en honde kos net om iets vullends te he om te eet nie? Wat maak die mense dan meer spesiaal? Daar is BAIE mense daar buite wat hulle lewe lank gewerk het en/of danksy ‘n dissability graag sou wou werk om ‘n inkomste te kan verdien maar hulle moet nou met die klein bedeaggie per maand dankbaar wees? Mnr. Malema die grootste meerderheid van die mense wat moet oorleef op ‘n sassa grant is JOU mense. Die mense wat elke keer op daag om na JOU te luister. Hulle os afkomstig vanaf plakkers kampe waar hulle in sink dak huise bly, mnr. Malema, waar bly jy? Jy bly in ‘n spog huis in Sandton en die res van jou volgelinge bly in sink huisies of op straat. Waarom verdien HULLE dan nie beter nie? Darm het die mense by shoprite darm nog ‘n werk en ‘n vrye keuse om indien hulle nie tevrede is met die selaris ander werk te bekom. As hulle vir julle ‘n maand oor die R10 000 ‘n maand wil gee dan verdien die sassa mense dit nie dan ook nie?

David ·

Teen sulke tariewe is dit dalk goedkoper om grootskaals te automatiseer.

Amazon doen dit al vir jare en is baie winsgewend.

honourable member ·

Mens kan sien dis verkiesing volgende jaar. Die massas word weer opgesweep en alles belowe en na die verkiesing huil hulle weer want niks van die beloftes word nagekom nie en dan gee die EFF nie meer om vir hulle nie.

JMC ·

Unies het Brittanje se mynbedryf en Amerika se motorbedryf tot bankrotskap gereduseer.

wawydwakker ·

Hierdie is niks anders as ekonomiese sabotasie nie….

Theresa ·

Wie keur hierdie tipe gedrag goed en laat toe dat dit die publiek so omvergooi; besighede te nakom en wanorde veroorsaak? Anders is dit sekerlik nie wettig nie?

Asjas ·

Ons is destyds op skool gewaarsku as ons nie leer nie gaan ons op eindig om rakker te pak by Checkers. As ek toe geweet het dis die salaris, kon ek baie meer ure gemors het in plaas van leer!!

Wonder ·

Nogal ne, Daar is bestuurders van ander besighede kry R 15,000 per maand met groot verantwoordelikheid. As dit nou hulle demand is, sal hulle maar net soos ons vir water en krag moet betaal.

Theresa ·

Vaderland maar die mense is knaend en vernielsugtig. Eis met die een hand en vernietig met die ander hand.
Menige mense werk (met kwalifikasie en al ((waarvoor self ten volle betaal was!!)) vir minder as R12 000 per maand. Ander met jaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaare ondervinding en skills wat skrik vir niks, ook vir minder as R12 000. WANT: Niks kom vanuit die niet na mens toe aangevlieg nie en soms, al verdien jy meer, kry jy dit nie. Dan kan mens seker elders werk soek of nog meer leer, sodat jy meer verdien . Ek kan eenvoudig nie hierdie opstokers se logika verstaan nie. Boul my uit.

Theresa ·

Nog ‘n suiwer vir die armbeurs (excuse the pun!) en daar is mense wat lang ure onder moeilike omstandighede werk, ook vir minder as R12 000.
Daar is selfs mense wat werk en nog werk ekstra doen om by R12 000 rakelings te kan uitkom!
En alle spandering word dan beplan, begroot en gedoen.

Sue ·

As hulle dit reg kry wil ek ook daar gaan werk. Dis mos nou waansinnigheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.