Vakbond eis Denel-hoës se koppe ná ‘gruwelike wanbestuur’

Die vakbond Solidariteit het die afgelope week ʼn dringende skrywe gerig aan Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, om verskeie hoës van die Denel Groep te skors hangende ʼn ondersoek na die beweerde aantygings van finansiële wanbestuur.

Die vakbond het gesê hy het in die aanloop tot Denel se raadsvergadering op 22 Februarie, waar die groep se bestuur sy beoogde herstruktureringsplan aan die raad gaan voorlê, geëis dat Brown die groep se uitvoerende hoof, Zwelakhe Ntshepe, die groep se finansiële hoof, Odwa Mhlwana, sowel as die voorsitter van die raad, Daniel Mantsha, moet skors.

Solidariteit sê tussen 600 en 700 werknemers kan na bewering hul werk verloor indien die herstrukturering sou voortgaan.

Deon Reyneke, Solidariteit-adjunkhoofsekretaris, sê daar is glo verskeie inkriminerende aantygings teen Ntshepe, Mhlwana en Mantsha waaronder aantygings van wanvoorstelling van finansiële inligting en finansiële wanbestuur wat na bewering tot ʼn verlies van nagenoeg R600 miljoen gelei het.

“Voorts het die raad glo prestasiebonusse van oor die R8 miljoen aan sy uitvoerende komitee toegestaan nadat hy vroeër ook die getal lede wat in die uitvoerende komitee dien teen ʼn koste van tussen R16 en R33 miljoen vermeerder het,” sê hy.

Reyneke sê strafregtelike aanklagte is reeds teen Ntshepe en Mhlwana aanhangig gemaak nadat hulle aan die einde van verlede jaar glo opdrag gegee het om werkers se 13de tjeks, wat deel uitmaak van hul kostepakket, te weerhou.

“In weerwil van hierdie gruwelike wanbestuur en strafregtelike optrede het sowel Ntshepe as Mhlwana na bewering steeds prestasiebonusse van R3,2 miljoen gesamentlik ontvang,” sê hy.

“Die Denel Groep moes glo ook opdok vir Mantsha se hofsake en handelinge wat onder meer die omstrede Denel Asia-ooreenkoms, die Fireblade-hofsaak en dissiplinêre prosesse wat hy teen die vorige uitvoerende beampte en finansiële bestuurder van stapel gestuur het en waarvoor die groep moes skik, insluit.”

Reyneke sê die Denel Groep verkeer onder geweldige finansiële druk terwyl die werkers moet boet vir die topbestuur se wanpraktyke.

“Dit is onaanvaarbaar dat die topses by Denel onaangetas en sonder enige gevolge bloot voortgaan om die geldkoffers te tap en belastinggeld te misbruik. Ons versoek dus die minister om dringend gehoor te gee aan ons versoek om hierdie administrateurs te skors.”

Solidariteit verteenwoordig nagenoeg 1 000 werknemers by die Denel Groep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johanna Botha ·

Jammer ou Lynn Brown maar jou tyd is verseker op …alles onder jou bestuur is n groot gemors …jou ”good story” ne

Alida ·

Ondersoek die gruwelike wanbestuur en jaag hulle almal weg.

HPV ·

Dit is duidelik die plek vrot van sy kop af, so raak ontslae van die bestuur en kla hulle aan. Die tyd het aangebreek om al die vrot eiers in die land uit hul nes te skop en weer beheer te neem.

Ja hoor ·

Hahaha die eens vooruitstrewende wapenhandelaar wat biljoene ingebring het vir die land is nou ‘n kwynende organisasie wat nie sy werknemers se salarisse kan betaal nie. En nee jy vertel my niks, ek het self daar gewerk, gelukkig het ek betyds daar uitgekom en is vandag by ‘n goeie werk met baie meer stabiliteit. Denel was fantasties om voor te werk, maar duidelik is dit nou opgemors soos Eskom, SAUK, SAL.

Eish ·

Hierdie kleptokrasie gee nuwe betekenis aan die begrip ” Selfmade millionaire”
Die vraag is, is daar kundigheid beskikbaar met integriteit daardie kant van die BEE skaal? Ek het ernstige bedenkinge.

Hallo ·

Ek sal maar liewers niks sê nie, want ek werk huidiglik by Denel vir 30 jaar! Een groot sirkus!!!!!

Jean ·

Kan maar net indink om te werk onder n klomp wat jy weet is clueless…

Ex-Deneller ·

Hallo, baie sterkte van ‘n ex Deneller, sit maar net jou tyd om om jou pensioen te kry. Dit gaan met alle staats- en semi staatsinstansies so asook met parastatals. Soos ek sê ek het self daar gewerk vir 9 jaar en het ‘n paar jaar van die ‘oorgang’ beleef. Ons dink aan almal wat in die organisasies nog hulle deel probeer doen, maar nie met toe oë deur die geboue kan stap nie.

ja ·

Jip een groot gemors. En soos Hallo se een groot sirkus.
Hulle kom weg met alles, maak net wat hulle wil en onskuldige mense lei daaronder.
Hoekom sit hulle nog in daai poste, hierdie ding kom mos al n lang pad.

Hallo ·

Hi danki! ja een van die dae gaan ek op pensioen nog so ‘n maand!!!!!!

Veritas ·

Denel is lankal nie meer ‘Denel’ nie. Die naam is sowat twaalf jaar gelede al verander na ‘D.A.D.E.L. Afgelei van die spreekwoord” Daar sal dadels van kom”.

Theresa ·

hie hie hie. nou bring jou dadels in die moeilikheid – sal seker ondersoek word.

Perspektief ·

Okay, verstaan ek dit dan reg.
1. Carte Blanche noem Sondag dat Denel meer as R600Mil in die skuld is
2. Hule betaal ook nie hulle rekeninge (ek is een van hul krediteure)
3. Hulle verhoog hul exec personeel uitgawes, maar kan nie hul heidige “nie-exec personeel betaal
4. Daar is “geweldige” finansiuele druk…veroorsaak deur? (hoekom nie opgelos deur die “fancy ‘ voltallige exec-personeel…of is hulle die oorsaak?)
5. n Aansoek van n “Bailout pakket van R3Miljrd….so n pakket was vroeer jare gesien as n skande, definitief nie n prestasie…dit dui op “incompetance.

….En dan word daar R3.2Mil se prestasie bonusse aan net 2 lede betaal?. Kan Denel dalk daardie lede se KPI(Key performance index’e) publiseer..sal dit graag wil sien. N prestasie bonus is nie geregtelik nie,…daar moet actually n prestasie wees!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.