Vakbond en inkomstediens kom tot ooreenkoms

Argieffoto

Die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA) het Maandag die witvlag gehys nadat dié vakbond en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ná langdurige en na-uurse onderhandelinge eindelik ’n loonooreenkoms bereik het.

Ten minste 9 000 werkers wat lede is van onderskeidelik die National Education Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) en die PSA het sedert verlede week aan dié staking deelgeneem waarin hul ʼn salarisverhoging van 11,5 % geëis het. Die inkomstediens het aanvanklik 7% aangebied maar die PSA kon eindelik op ʼn salarisverhoging van 8% ooreenkom.

Nehawu het nog nie aangekondig wanneer sy staking sal ophou nie.

Volgens Ivan Fredericks, hoofbestuurder van PSA, sal dié vakbond se ooreenkoms met die inkomstediens van vandag af in werking tree.

“Dit is meer as die huidige verbruikersprysindeks (VPI) en is ’n oorwinning vir SAID-werknemers,” het Fredericks gesê. “Die PSA het met die steun van sy lede uiteindelik ’n ooreenkoms met die inkomstediens bereik wat sal toesien dat werknemers lone ontvang wat gebaseer is op ’n hoër VPI. Hulle sal ’n verhoging in jaar twee en drie ontvang wat op die geprojekteerde VPI plus twee persent gegrond is,” verduidelik Fredericks.

Die langtermynooreenkoms sluit ook ʼn beloning vir langtermyndiens in, asook die bekendstelling van agt dae se voorgeboortelike en inentingsverlof.

Die staking het behoorlik sy tol geëis met 33 van 53 SAID- takke wat landwyd moes sluit. Volgens Fredericks kan die inkomstediens veral nie onder die huidige omstandighede bekostig om sonder werknemers klaar te kom nie.

“Die PSA is bly dat die SAID deur middel van die ooreenkoms die belangrikheid van die werk wat sy werknemers lewer, erken,” het Fredericks gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elsa ·

Ag daar sal baie geld wees as top striktuur nie 43% of 63% salaries verhogings kry nie. Die VSA het nog nooit regtig vir sy lede baklei nie. Is dan in die bed met SAID.

madelein ·

So waar Elsa en hulle is uitgesluit by die verhoging ,hierdie jaar is dit 8% maar volgende jaar en die jaar daarna is dit n skamele 4 % PSA veraai sy lede sal maar sien of hulle die meerdereid sal bly.

GM ·

Inentingsverlof? Gelukkig het hul gesê 8 dae nè, want kinders kry deesdae tonne inentings as hul op die privaatskedule is, en die pa’s kon vir hul ‘n lekker vakansie inwerk as hul by verskillende vroue kinders gekry het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.