Vakbond glo aanval by tronk kon voorkom word

Die Vereniging van Staatsamptenare (PSA) het woedend gereageer ná die dood van ʼn vrouebewaarder tydens ʼn gyselaarsdrama by die Goedemoed-gevangenis in die Oos-Kaap. Die PSA het die skuld vir Nomsa Joyce Stuurman se dood op die departement van korrektiewe dienste gepak. Die vakbond beweer daar is ʼn personeeltekort by dié gevangenis.

ʼn Gevangene wat lewenslange tronkstraf uitdien, het Vrydag vir Stuurman en nog ʼn vroulike kollega as gyselaars geneem. Stuurman is met ʼn skerp voorwerp doodgesteek. Haar kollega is ná ure se onderhandelings vrygelaat, het Ivan Fredericks, algemene bestuurder van die PSA, gesê.

“Die PSA glo die aanvalle kon voorkom word as genoeg amptenare aan diens was. Die Goedemoed-sentrum funksioneer oor naweke met net die helfte van sy personeel weens die skofstelsel wat daar geld. Hoeveel lewens moet opgeoffer word voor die departement wakker skrik en verseker dat hy voldoen aan sy eie voorskrifte vir die getal amptenare per gevangene?” het Fredericks gevra.

Stuurman is glo met ʼn skêr doodgesteek en haar kollega is na bewering verkrag.

Volgens Fredericks is  die tekort aan personeel by die tronk ʼn kruitvat wat wag om te ontplof.

“Dit is onaanvaarbaar, dit grens aan misdadig, dat van amptenare verwag word om hulle werk te doen – waaronder die dophou van gevaarlike gevangenes – sonder die nodige steun en in ʼn stelsel wat gevangenes se regte en belange beskerm, maar dié van sy eie werkers verwaarloos.

“Goedemoed-amptenare en hulle gesinne is in die PSA se gedagtes en gebede. Die PSA doen ʼn beroep op die departement om te verseker amptenare ontvang traumabehandeling en ondersteuning. Die PSA eis terselfdertyd daadwerklike optrede van die minister van korrektiewe dienste (Michael Masutha) om die personeeltekorte op te los.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Spiekeries ·

Wat het van die gevangene geword. Nog ‘n lewenslange vonnis gaan nie aan hom ‘n verskil maak nie?

Marinda ·

Dis tragies, sterkte aan die familie en naasbestaandes van die oorledene.

Sterkte aan die ander bewaarde. Baie traumaties ondervinding.

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Dawie

Dankie vir jou navraag. Die gevangenis is in Aliwal-Noord in die Oos-Kaap maar die Vrystaatse polisie het op die saak kommentaar gelewer. Ons vra om verskoning vir die verwarring en het die berig gewys om dit nou duideliker te maak.

Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Uiltjie ·

Die tronk se stelsels moet dringend hersien word. Wat het van “harde pad” en fisiese arbeid met min kos geword? Die tronk het n hotel geword.

Helene Heyns ·

Stem saam Uiltjie, laat hulle werk dan sal hul nie tyd hê om kwaad te doen nie en ook ten minste hul kos verdien.

Faaia ·

Wat soek vroue bewaarders in n mans gvangenis? Ooooo work equity? Kyk hoe lyk die equity nou. Hoeveel vrouegevangenes word jaarliks deur manlike bewaarders verkrag? Maar daaroor sal geen haan kraai nie. Dis equity. Daardie work equity gaan nog die lewende daglig uit julle hebsugtige siele suig.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.

Wil jy in die warm son-gebakte sinkplaat-shack elke dag sit en wag vir n werk of kos,dan in die aand weer slaap in bittere koue sonder kos,dan die volgende oggend weer rondtrap in rou riool tot jy by die teerpad kom en honger dorp toe loop en kyk vir n geleentheid om iewers n paar sente te kry of iets langs die pad op te tel om te verkoop vir broodgeld…en as jy siek word na n staats-hospitaal te loop en dan dae te wag om gehelp te word,of net n handvol Panado’s te kry….

……of wil jy n warm kamer met n toilet, bed, 3 warm borde kos daagliks, tv, medies, klere, skoene en vermaak hê…en toegang tot n biblioteek en verdere studies…vir die res van jou lewe…..

.
.

Nettie ·

@Kerrie Vlamskiet Briekstreep – dink jy dis hoekom ons tronke oorvol is? Omdat mense VERKIES om in die tronk geprop te word sodat hulle ten minste warm slaapplek, klerasie, kos en gratis mediese sorg kan hê?

GEENEEN van die gevangenes, dus, het volgens jou ‘n kriminele rekord en hofbevel teen hulle wat hulle tot gevangenisstraf verbind nie? Almal is daar uit eie, vrye wil, terwille van kos, klere en mediese sorg? Jy praat bollie, man!

willem Botha ·

Dit blyk dieselfde probleem as die huidige “polisie” weet daar is n probleem, weet wat die probleem is maar doen niks daaraan nie en so boet onskuldige mense met hul lewens

iLse ·

My man werk by St Albans net buite Port Elizabeth en werk onder dieselfde omstandighede. Personeel tekort.
Hy werk in die landbou afdeling maar word forseer om naweke binne die tronk uit te help a.g.v personeel tekort.
So was hy ook op 22 Desember 2018 aangeval en 5 x in sy kop gesteek en 1x op sy skouer. Hy het oorleef maar is nou afgeboek vir ‘n onbepaalde tyd.
Hy verloor nou sy oortyd gelde wat i.e.g minimaal is en dan ook sy “danger pay” van minder as R300 p.m.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.