Vakbond hof toe om sportkwotas stop te sit

Argieffoto

Solidariteit gaan op 6 Maart in die Johannesburgse arbeidshof argumenteer dat die ministerie van sport en ontspanning se transformasiehandves tersyde gestel moet. Dit sal die implementering van kwotas by verskeie sportliggame beëindig.

Hierdie hofsaak vorm deel van Solidariteit en AfriForum se gesamentlike veldtog teen die gebruik van kwotas in sport.

In die aanloop tot die saak het Solidariteit en AfriForum in Maart 2017 daarin geslaag om spesifieke kwotapersentasies vir verskeie sportsoorte ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) te bekom. Hierdie inligting het ontbloot dat die bedoeling van die sportowerhede met betrekking tot kwotas veel verder strek as net spankeuses. Dit behels selfs die rassesamestelling van afrigters, raads- en komiteelede en ondersteuningpersoneel – opsommend kom dit voor of die sportowerhede op ʼn sentrale wyse die rassesamestelling van alle werknemers in die werksomgewing van sport wil reguleer.

Volgens Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, was die hofstukke gevolglik dienooreenkomstig voorberei en uitgereik. Die respondente is die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU), Krieket Suid-Afrika (KSA), Atletiek Suid-Afrika (ASA) en Netbal Suid-Afrika (NSA) en die minister van sport. Al die respondente opponeer Solidariteit se hofaansoek.

Human voer aan dat dié transformasiehandves, as dit goedgekeur word, die minister van sport, Tokozile Xasa, bykans onbeperkte mag oor sport sal gee. As voorbeeld verduidelik Human dat indien ʼn sportsoort nie die kwota-persentasie haal nie, die betrokke sportsoort se befondsing opgeskort kan word. “Die effek van die magte waaroor die minister sal beskik, is dat sy die Springbokke se baadjies van hulle kan wegneem as rugby nie voldoende ‘getransformeer’ is nie,” het Human gesê.

“Om ras as maatstaf te gebruik vir spankeuses, druis in teen die spelers se grondwetlike regte. Om met kwotas vol te hou, en sportsoorte in Suid-Afrika verder te politiseer, is ʼn resep waarvolgens alle spelers verloor.”

Hy meen ook dat die onlangse omsendskrywe van Suid-Afrikaanse Skoleatletiek (Sasa) aanduidend is van hoe ver en drasties die rassekwotastelsel in sport verwikkeld geraak het. Sou Solidariteit met hierdie hofaansoek slaag, sal dit meebring dat hierdie soort omsendskrywes tot niet sal wees.

“Dit is ironies dat die regerende party nou kwotas toepas, terwyl hy in 1970 by internasionale liggame gepleit het dat sportlui slegs op meriete beoordeel moet word. Ons staan steeds by die standpunt dat meriete die enigste faktor in die samestelling van sportspanne moet wees,” het Human bygevoeg.

Weens die volgehoue druk deur Solidariteit en AfriForum, is die verbod wat die voormalige minister van sport in April 2016 opgelê het, afgeskaf. Hierdie handves en die toenemende druk om aan rassekwotas in sport te voldoen, veroorsaak dat sport in Suid-Afrika ʼn politieke kommoditeit word, eerder as wat dit ʼn ruimte vir alle atlete en spelers is om hul talente ten toon te stel.

As Solidariteit se hofsaansoek slaag, sal dit ʼn einde bring aan die politisering van sport en sal die fokus kan val op die ontwikkeling en ontginning van die talente van alle atlete en spelers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Baie sad.... ·

Ek het nou weer Vrydag gesit en atletiek gekyk. Die kinders wat 1500 meter hardloop wat sommer na rondte 1 self ophou hardloop moet nou deurgaan Gauteng toe. Dit het niks met voorheen benaadeel te doen nie, enige ou kan oefen om fiks te word. Hoekom mag hulle bevoordeel word bo ‘n kind wat self oefen om fiks te word. Maak nie saak hoe jy voorheen benadeel was nie, as jy jou deel bring, kan jy ook fiks wees. Fiks is nie iets wat uitgedeel word onder “bevoorregte” kinders nie….

Anel ·

En so word rasehaat onder kinders, deur die regering aan gewakker. Nie by die huis of deur die ouers nie. Die kinders voel dit nou al van kleins af aan, hoe hulle geafekteer word. Dankie ANC. Dat mens so minderwaardig kan voel. Klink of hulle so gebore word. Ai, tog.

Afrikaner ·

Die enigste plek in die land waar mens volle seggenskap het, soortvan, is op jou erf en in jou private woning.

Maar dan gaan als daar buite mos net oor een ding, en dit is om swart mense werk te gee, vir die ander voel hulle ‘n veer, en natuurlik ook vir die standaard. Elke 5 jaar is daar mos ‘n verkiesing en watter ander beloftes is daar om gestand te doen, o’ja, grond en grond en grond.

Afrikaner ·

Dis ‘n skande.
Omdat daar ‘n stigma aan kwotas kleef, buiten die wit spelers van ‘n jong ouderdom wat nie gekies word nie, op watter vlak ook al en juis agv die kwotas waaraan die span moet voldoen, is baie van hulle voortydig vir die provinsie of bv die Springbokke verlore, in effek het van hulle na skool, of nie lank daarna nie, al oorsee verkas.
Dis jammer dat juis as gevolg van die kwotas, waar dit geld, dit die kwotaspeler in daardie spanne bevoordeel, juis omdat hy nou in daardie gevalle waar hy nie na verdiente gekies is nie, die ander speler wat hy uit die span hou, die geleentheid ontneem om verder te ontwikkel. En die dag as daardie kwotaspeler sodanig gevorder het dat hy nou op ‘meriete’ bv vir die Springbokspan gekies kan word, was dit nie maar agv kwotas dat hy daar beland het nie?
Waar ek dit hier voor stel dat die kwotaspeler uiteindelik eendag op meriete in die Springbokspan kan beland, moes ek bygevoeg het, dis nou na al die talentvolle voornemende langs die pad hoop opgegee het agv die kwotas, of elders gaan speel het.
So verloor hordes belangstelling langs die pad. Baie mense bereik ook maar eers laat hul potensiaal.

Werner ·

En dan wil hulle ons wysmaak daar is nie kwotaspelers in die Springbokspan nie.

Johan ·

Min mense besef die impak van dít waarvan jy hier praat. Kwotas strek baie verder as net toelating tot ‘n span op ‘n sekere vlak. Dit verhoed die oorgrootte meerderheid wit spelers om selfs in die eerste plek tot by die betrokke vlak te vorder.

IK ·

Gaan julle nou ophou met negatiewe kommentaar of wil jul hê ek moet die ateljee verlaat?

Ai. ·

Asb doen my n groot guns en doen wat jy se jy gaan doen en gaan vir n loop.. kwotas is diskriminerend nie net teen blankes nie maar ok n belediging vir nie blankes! Hoe verduidelik jy vir n jong blanke opkomende kind wat niks met apartheid te doen gehad het nie hy moet daarvoor gestraf word,hoe verduidelik jy aan hom al wen hy dat hy nie gaan gekies word nie oor sy velkleur???? Klink maar vir my baie erg na aan Apartheid..Verduidelik jy nou vir my asb geen IK? Belaglik man…minderwaardigheids kompleks die kwota sisteem…

Dries du Toit ·

My kleinseun in graad 8 spring hoog. Eers kom hy 3e maar werk hard en uiteindelik kom hy eerste met die kies om inter hoer toe te gaan. Hulle keuse is toe 3 swartes. Hy kon dit nie verstaan nie. Hoe verduidelik n mens dit vir hom.

Gys ·

Ongeag watse verduideliking jy vir hom gee, die verhaaltjie begin in 1992….
Eendag lank lank gelede was daar n klomp goedgelowige mensies aan die suidpunt van sonnige Afrika….
Wat alles geglo het wat hul leiers vir hulle vertel het……

Andrew ·

Ek is lankal bekommerd oor SARU se beginsels. Dalk word die All Blacks ‘n beter keuse om te ondersteun, soos Trevor destyds. Dan is dit All Blacks teen Mostly Blacks, nog ‘n “SOE” span.

Boerseun ·

Goed gestel. Ek weier in elk geval uit beginsel om spanne wat volksvreemd is, te ondersteun.

Chris Ws ·

Ek hoop dat Solidariteit hierdie ras gedrewe kwota stelsel in die genoemde sportsoorte onderdie internationale sport liggame se aandag gaan bring.As SA se deelname uit alle internationale sport soorte verban word sal die regering DALK sien hul maak ‘n fout.

Die Stem ·

Baie dankie.
Werk asb aan SEB ook.
Die persentasie teen wie gediskrimineer word, is so klein dat dit tog nie n groot gevaar vir die meerderheid kan inhou nie.

Jaap ·

Hoe werk dit nou?
Elkeen vir homself,maar nie die kinders was nie eers gebore in apartheid jare nie.
Nou is hy kamstig agtergeblewene.
Liewe hemel word wakker niks met niks uit te waai nie.
As jy laaste kom omdat jy nie goed is nie,dan jammer vir jou.
Aanvaar dit want jy is nie goed genoeg nie.????????

Deon ·

Ek hoop van harte die hofaansoek slaag. Maar selfs indien dit slaag, sal die ANC regeerders skuiwergate soek. Die sportliggame word in elk geval deur ANC meelopers beheer, so die kwota stelsel sal steeds nie-amptelik toegepas word.

De Villiers ·

Kwotas is net soos transformasie, regstellende aksie, BEE ens. niks anders nie as rassisme. Kla hulle daarvoor aan.
Wat erger is met hul kwotabeleid is dat die ANC, by monde van Fikile Mbalula, erken het dat rasseverteenwoordiging op die sportveld vir hulle belangriker is as om te wen. Om spanne daarvolgens te kies verswak jy die werklike potensiaal van die so ‘n span. Sodoende bedrieg hulle die ondersteuners en die wêreld.
Dankie, Solidariteit en Afriforum, dat julle hierdie belangrike kwessie verder vat.

Johan ·

Kyk ook sommer asb na die belaglike kwotastelsel by Oos-Kaap skole swem. Wit kinders wat tot 8 sekondes vinniger as hul swart teenstanders is oor 50 m (ja, dit klink ongelooflik), word oor die hoof gesien sodat daardie swart kind span kry. Verduidelik dit vir ‘n laerskoolkind.
Voeg dan by dat die “minder bevoorregde” swart kinders in ‘n gegoede skool is met professionele afrigters, verhitte binneshuise swembaddens, dat hulle in R4700 swemklere swem, en dat hulle in blink nuwe 4×4 voertuie afgelaai word.

jaco ·

Hoe help hierdie aksie van solidariteit en Afriforum die nare gevolge van regstellende aksie en BEE op wit mense in hulle werk? Sport is nie werk nie. ‘n rasgebaseerde rugbyspanne vol kwotaspelers affekteer miskien 5 potensiële wit spanlede negatief. Help eerder om die lot van tienduisende wit slagoffers van regstellende aksie en BEE te verlig.

Jojan ·

Jaco, dit raak duisende kinders oor tientalle sportkodes elke jaar.
Ek stem saam dat BEE oftewel SEB in die werksplek ‘n euwel en ‘n opportunistiese regverdiging vir diskriminasie is, maar dit beteken nie dat niemand die stryd teen diskriminerende sportkwotas mag aanvoer nie. Span saam, nie teen nie.

Cobus.panther ·

Kyk lankal nie meer sport…sa is n klug….gaan so in die wersplekke ook….

XYZ ·

Kom ons kyk na die kern en hoofoorsaak van al hierdie probleme. DAAR IS NIE AFRIGTERS WAT WIL AFRIG BY DIE MEERDERHEID KAMSTIGE AGTERGEBLEWENES NIE. Sport by skole soos ons gewoond was en die wat oorgebly het, steeds is, was nog altyd hoofsaaklik deur onderwysers gedryf met groot sukses. Na die veranderinge van 1994 het die meeste onderwysers wat nie gewoond was aan buitemuurse aktiwiteite nie doodeenvoudig gemeen dit is nie deel van hulle job description nie, reg of verkeerd maak nie nou saak, punt is dat die regering weens die gebrek aan afrigters, daardie leerders d.m.v. kwotas moet inwurm. Pleks dat daar na die werklike probleem en oorsaak gekyk word, waar blatant gediskrimineer word teen afrigters en atlete wat vrywillig uit eie keuse nog afrig en oefen om sukses te behaal. Hierdie grens direk aan bedrog. DAAR BESTAAN NIE IETS SOOS VOORHEEN BENADEELDES, DIT MOET LUI, HUIDIGE BENADEELDES OMREDE DIE ONDERWYS NIE MEER AFRIGTERS BY SKOLE HET. Dit is hierdie feite wat in n hofsaak geargumenteer moet word.

Vlinder ·

Ek se,hou aan om die kinders te help in sport,veral die gebiede wat nie gesiene is nie.Promote elke speler.Soek talent want jy weet nooit waar jy dit kry nie.Elke kind gun n kans tot die regte afrigting en die kans om hulself te bewys.Maak nie saak van kleur nie.Daar is kinders wat moed verloor a.g.v afrigters…nie hul kleur nie.Ons scouts moet nie net kyk na groot skole nie of net na A-spanne nie.There is raw talent out there .Kinders vir wie afrigters nie die kans gee nie.Partymaal moet ons na die grootmense ook gaan kyk wie hulself ‘afrigters’ noem.

Stephan de S ·

Mag hierdie hofsaak slaag. Dis verbasend dat mense en die media maar net aanvaar dat die regering vd dag maar net kan maak soos hul wil. Ek bewonder hierdie twee organisasies vir die weerstand wat hul bied en leiding wat hul gee. Mag die fondse om hd werk te doen voortdurend opdaag.

Sê net ·

“Sport”
noun
an activity involving physical exertion and skill in which an individual or team competes against another or others for entertainment.
Die sportgod het lankal die vermaaklikheidswaarde van sport vernietig. En die oorgrootte meerdeheid van die volk hardloop naweek vir naweek agter hierdie godjie aan. Was ons kerke maar so vol soos die pawiljoene op ‘n Sondag.

Hanna Hoekom ·

Sportkwotas en BEE is maar net n teken van n minderwaardigheids kompleks en die erkenning dat sekere bevolkingsgroepe net mooi nerens op meriete sal kom nie. Ons weet dit. Hulle weet dit.

Wie weet ·

Ek wil net graag weet wat is die kwota stelsel in die sokker span Bafanna Baffanna

gatiep ·

Ek verstaan lankal nie waaroor ons mense nog steeds so aangaan oor rugby nie.
Alles dit is n klug,en ek is lankal nie trots op die land om te skree vir enige SA span nie,en profinsiale rugby word spelers heen en weer gekoop.

Buite Stander ·

Die ANC het die mag en moet doen wat hulle reken is nodig om die massas tevrede te hou, ten spyte van die minderhede se klagtes. Dit onderstreep weer eens die belangrikheid van geografiese selfbeskikking waar Afrikaners in beheer is.

Ai ·

Hoe vreemd dat bolla of rolla nie n eiertjie hier te le het nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.