Vakbond hof toe oor salarisbesnoeiings

Minister Tito Mboweni. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die openbare werknemersvereniging (PSA), een van die grootste vakbonde binne die Suid-Afrikaanse openbare sektor, sleep die regering hof toe oor die beplande salarisbesnoeiing van staatsdienswerkers.

Die vakbond het Vrydag ʼn salarisgeskil by die arbeidshof ingedien oor die regering se besluit om terug te gaan op ʼn ooreenkoms oor salarisverhogings oor die volgende paar jaar.

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het sy begroting daaraan gehaak dat die staatsdiens se salarisrekening ongeveer R160 miljard minder sal wees as waarvoor in die mediumtermyn-bestedingsraamwerk begroot is, het Maroela Media berig. Dít in ʼn poging om geld te spaar ten spyte daarvan dat die regering hom skriftelik vir drie jaar tot spesifieke salarisverhogings verbind het.

Hiervan het nog net twee jaar verstryk, maar die staat se finansiële posisie is nou so benard dat die staat daarvan afgewyk het deur aanvanklik 0% aan te bied.

Die PSA se standpunt is egter dat die regering verbind is tot die ooreenkoms met betrekking tot werkgewers se salarisse tot 31 Maart volgende jaar. “Die staat wil nou hierdie ooreenkoms herbeding, maar die PSA is gekant teen enige sodanige herbedinging. Die vakbond meen dat ons lede ʼn kontraktuele reg het op salarisverhogings soos ooreengekom. Dié reg kan slegs deur die arbeidshof afgedwing word,” het die vakbond Vrydag gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anel ·

Nou as niemand meer werk het nie en daar word nie meer belasting betaal nie waar wil hulle hê moet die geld vandaan kom? Hulle kan bly wees hulle het nog werk! Laat die unies maar uit hulle eie sakke daarvoor betaal. Sê sommer vir Zuma ook dankie en vra haar om ook by te dra. Sy maak nou mos lekker geld uit die onwettige sagarette wat baie belasting sou in bring.

Outop ·

Die vakbonde het te veel mag. Om geld te spaar, maak werkmag kleiner, halfveer parlement en kabinet, sit die Zuptas almal in die tronk

Pieter ·

Cyril was self n groot kop in die vakbond hoekom sal hy iets se. Al waar oor die vakbonde worrie is hulle lede geld. Hulle het verder nie n saak nie

Karoomeisie ·

Vroeër jare het Staatsdiensamptenare, wanneer daar tekorte op die begroting was, nie verhogings gekry nie. Die huidige situasie is dus nie uniek nie.

Nico ·

Hoekom moet die staatsdiens werkers se salarisse verminder word, dit het tyd geword die president, ministers en adjunk ministers se salarisse gesny word daar is van hulle wat dit nie verdien nie.

Spyker ·

Die kultuur van bakhand staan sonder om produktief te wees is gevestig en sal nie meer omgedraai kan word nie.

Rodger17 ·

Ja die vakbonde wil die ekonomie in die grond in boender met hul onrealistiese eise!Onthou net,jul lede gaan sonder werk sit,dan is daar nie meer lede geld nie!Gaan aan en plunder die staatskas nes die anc.Binnekort gaan die ekonomie vou en Dis verby

Scalla ·

Vakbonde is n onding, salaris verhogings moet gekoppel word aan produktiwiteit en nie demands nie.

Monique ·

Ek werk vir ‘n suksevolle internasionale maatskappy en ons verhogings is ook gestaak so wat laat hierdie mense dink hulle het ‘n voet om op te staan. Dalk moet hulle die keuse gegee word om hulle werk te behou sonder verhoging of om hulle werk te verloor, eenvoudige keuse en daar is baie ander gretige mense daar buite wat ‘n werksgeleentheid met beide hande sal aangryp!

Rodger17 ·

Laat Loop al die mense wat baklei saam met vakbonde en gee die jobs vir gewillige werkers wat bekwaam is

Keelvol ·

So, daar’s nie geld vir salaris verhogings nie, maar geld vir die freeloaders? Verduidelik daar logika vir my asb?

Hoekom laat die regering Eskom toe vir tarief verhogings? Maar wil nie die van Soweto, Tembisa ander gebiede opskroef wat weier om vir elektrisiteit te betaal nie?

As julle kostes wil bespaar, maak die parlement kleiner, jaag van die ministers weg en snoei die RES de salarisse. En sny van die sassa toelae ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.