Vakbond mag nou op Denel-bates beslag lê

Die vakbond Solidariteit het ʼn lasbrief van eksekusie bekom om op bates ten bedrae van sowat R12,7 miljoen van Denel beslag te lê.

Maroela Media het vroeër berig Denel is reeds in Augustus verlede jaar gelas om alle agterstallige salarisse en kontraktuele en statutêre verpligtinge teenoor sy werknemers na te kom. Hy het die bevel tot dusver verontagsaam.

Agterstallige salarisse sal nou só gedeeltelik uitbetaal kan word.

“Dit is ʼn reuse-oorwinning vir ons lede wat deur ʼn tyd van ongekende onsekerheid en spanning moes gaan,” het Helgard Cronjé, adjunkhoofsekretaris vir die openbare bedryf by Solidariteit, Donderdag in ’n verklaring gesê.

“Dit bied vir ons lede darem ʼn geleentheid om asem te skep. Hulle kan ʼn sug van verligting slaak in die wete dat hul agterstallige salarisse op dié manier darem gedeeltelik gedek sal word.”

Cronjé wys egter daarop dat dit net tydelike verligting vir die werknemers van die sukkelende wapenvervaardiger bied. Hy sê die geveg om Denel ʼn volhoubare en lewensvatbare onderneming te maak, duur voort.

“Werknemers moet hopeloos te gereeld die gevolge van wanbestuur op hoofbestuur- en op direksievlak dra. Hiermee stuur ons ook ʼn boodskap dat werknemers in die openbare sektor moeg is daarvan om gedurig die spit af te byt vir korrupsie en onkunde by hul ondernemings.

“Dit is tyd dat die staat besef dat as hy dan nou nie ʼn positiewe bydrae by hierdie ondernemings kan lewer nie, moet hy ten minste ophou om so ʼn groot ʼn las te wees en om die goeie funksionering daarvan te kniehalter,” sê Cronjé.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Karel Kobus Kruger ·

Indien julle op enige R4, R5 of R6 gewere beslag lê, is ek bereid om dit by julle te koop.

Wielspore ·

Denel was eens die trots van SA, die maatskappy met die bes opgeleide personeel, die maatskappy wat uitstekende ontwikkeling en ontwerpe gedoen het ten spyte van sanksies. Hierdie mense het aan die voortou gestaan van tegniese ontwikkeling in SA en het sterker lande op hulle neuse laat kyk. En kyk nou vandag, stank vir dank. Vandag is Denel aan die voortou korrupsie.

Boer ·

Dankie Helgard vir wat julle vir ons gedoen het ek hoop ons kry ons pay gou want ons moet gatte toe maak.!!!!!!!!!!

Dup ·

Stel onbevoegde en onbekwame mense aan dan sal alles in duie stort en die geld sal verdwyn.
Dit het by 99% van ons staatsinstellings gebeur en die einde is nog nie in sig nie.

Sarel ·

My vrasg maar sal seker nooit antwoord kry nie.
Hoekom.is die Stast besig om bedighede soos Denel, Transnet ens met opset te vernietig

john ·

want hulle het geen idee hoe besighede werk nie en verduister net geld.

Stefan ·

Hy sê die geveg om Denel ʼn volhoubare en lewensvatbare onderneming te maak, duur voort.
Dit maak dan natuurlik baie sin om denel sy bates vir ‘n appel en ‘n ei te verkoop nè.
Lyk my dis nou uiteindelik die einde van die einde.

Boerkind ·

Nog geen einde aan die ANC se skandes nie… CR bedank asb!!

Piet C ·

Is daar enige manier om ou parte te koop by die Appie skool? Soek ‘n Albatross prop vir my bar.

Stof ·

As ‘n instansie teen homself verdeeld raak…
Ek is seker die personeelbeamptes het nooit doelbewus salarisse weerhou nie. Dalk was daar nie eers genoeg om hul eie salarisse te betaal nie? Is dit dus billik dat hulle eie kollegas hulle nou deur ‘n menslike hofuitspraak inkrimineer oor iets waaroor hulle geen beheer gehad het nie?
WSJD?

watverteljymynou ·

Eens ‘n wêreldfaktor – nou ‘n skande vir die land en regering van die dag !

Objektief ·

Sien nou die dag n video op Youtube waar die SANW spog met hulle wereldklas toerusting; G6 rooikat, Rooivlak ens. Maar at hulle nie se nie is dat alles voor 1994 ontwikkel is nie. Hulle maak nie eens meer R 4 gewere nie

Jack ·

Dis nou alles goed en wel om op Denel se bates beslag te lê maar hoe verseker dit die volhoubaarheid van die onderneming. Wat eerder moet gebeur is dat ‘n hofbevel verkry word om op die bates van die persone wat Denel in die afgrond bestuur het te lê. Ons is in die gemors waarin ons ons bevind omdat daar geen gevolge is vir die kaders wat so onbevoeg en skelm is dat hulle ‘n eens trotse maatskappy tot in die afgrond wanbestuur het nie.

Jandup ·

Nou kan Solidariteit sommer ook die bestuur oorneem. Maak Denel weer die trotse maatskappy wat dit was.
#Ons_sal_self

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.