Vakbond melk dokters teen hul sin met ledegeld

Argieffoto: Pixabay

Honderde dokters is die joos in omdat ledegeld aan die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging-vakbond (Samatu) steeds maandeliks van hulle verhaal word, al het hulle reeds omvattende stappe gedoen om hul lidmaatskap aan dié vakbond te beëindig.

In sommige gevalle, sê dokters, word die geld sommer direk van hul salarisse afgetrek, sonder dat hulle daartoe instem.

“Gesamentlik staan dokters miljoene rande af aan ledegeld aan Samatu,” sê dr. Adele de Goede, verbonde aan die Suid-Afrikaanse Vereniging van Narkotiseurs (Sasa). “Dit ten spyte van die feit dat dokters reeds omvattende voorgeskrewe stappe gedoen het om hul lidmaatskap te beëindig.”

Sy sê die situasie duur al maande voort en Samatu gaan soms so ver as om gekanselleerde lede weer op hul boeke te plaas en ledegeld terugwerkend te eis. Ledegeld beloop maandeliks ongeveer R450, maar volgens Samatu word daar soms tot R3 600 van dokters se salarisse verhaal.

Dokters word outomaties by dié vakbond gevoeg wanneer hulle kwalifiseer, met die opsie om “enige tyd” self hul lidmaatskap te kanselleer, maar De Goede sê dít is duidelik nie so maklik nie.

“Frustrasievlakke het breekpunt bereik,” sê sy. “Dokters regoor Suid-Afrika is besig met regstappe om voorkom dat Samatu voortgaan om ledegeld van hulle te hef.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

annie ·

Wie is die base van die unie? Eet hulle kerrie, rys of pap? Is daar nog iets iewers oor in SA wat nie gemelk word nie? Hoekom is melk dan nog so duur? Kan ons nie ‘n paar Kubane invoer om die saak reg te stel nie?

Francois Le Cochon ·

Ek hou van jou klasifisering. Ja, ‘n boerewors eter kan dit nie wees nie.

koos ·

Ek betaal bietjie meer as R450 konsultasie fooi vir ‘n Voltaren inspuiting voorskrif wat R30 kos. Geen simpatie van my af nie, kry vir julle.

Francois Le Cochon ·

Ek moes self al R175 vir ‘n veearts voorskrif betaal vir ‘n R2,50 pilletjie vir my hond. Die veearts het nie eers die hond gesien nie. Dit was vir kalmering tydens Guy Fawkes.

Tanniepetoors ·

Daar is veiliger en beter alternatiewe as Voltaren. Miskien moet jy ‘n bietjie navorsing doen oor jou tipe pyn. Sterkte!

Hoekom ·

Vakbonde is ‘n euwel vir die gemeenskap en hulle lede.

Die “iron lady” van die UK het dit al destyds geweet en die nodige stappe toegepas…

Johann ·

Wel die kaders se beursies word leeg en die instinktiewe vergrype woed onverpoosd voort. Wil hé….en NOG hê….so hulle VAT!

Sarel ·

Word hier gepraat van Staatsdokters of wie betaa salaris waartoe die Vakbond toegang het

My siening ·

Blok die debit order van die bank se kan,kan dit op Apsa se app gedoen word met sukses!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.