Vakbond ondersoek onderwyser se ‘rassistiese uitlating’

(Argieffoto: Pixabay.com)

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) in die Vrystaat het aangekondig hy gaan die beweerde rassistiese opmerkings van ’n onderwyseres van die Winburg Combined School in die Vrystaat laat ondersoek.

Mokholoane Bricks Moloi, Sadou se provinsiale sekretaris, het gesê hulle is teleurgesteld oor die rassistiese aanmerkings wat op ʼn WhatsApp-groep vir onderwysers by die skool gemaak is nadat ʼn wit kandidaat as skoolhoof aangestel is.

Die opmerking “…is net BAIE bly dis nie die swart adjunk nie, dan het ek dadelik bedank”, is glo op dié groep gemaak.

Volgens Moloi kan die betrokke “wit onderwyseres” nie meer vertrou word om haar pligte en verantwoordelikhede as onderwyser uit te voer nie. “Sy verdien nie om in hierdie edele beroep te wees nie,” het Moloi in ’n verklaring gesê.

Sadou het ook gevra dat die betrokke onderwyser dadelik geskors word, hangende die uitslag van die ondersoek.

Hy vra ook die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders (SACE) én die Menseregtekommissie (MRK) om die voorval te ondersoek en die nodige stappe te doen. “Ons skole is veronderstel om sentrums van uitnemendheid en veilige hawens vir ons kinders te wees. Hierdie soort gedrag word nie toegelaat nie,” het Moloi gesê.

Hy meen gedrag soos dié berokken die land groot skade. “Ons het ’n lang pad gestap om die nalatenskap van apartheid, wat ons nasie volgens rasse verdeel het, uit te wis.”

Volgens Moloi strewe die onderwysersunie as ’n vakbond om rassisme te bekamp deur ’n nie-rassistiese, nie-seksistiese, regverdige en demokratiese onderwysstelsel ten alle tye te bevorder.

Die skool kan nie verdere kommentaar oor die voorval lewer nie en het die saak aan die departement oorgehandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Heinrich ·

Ag nee wat Moloi, jy droom – dit wat ons nasie volgens rasse verdeel ‘is alive and well’. Ons sien hoe alles om ons inplof maar mag die olifant in die kamer addresseer oor wie vir die inploffing verantwoordelik is nie.

Natalie ·

Ek verstaan nie, ek se nie dis reg wat gese is nie en dat mens hukke opinies vir hulself hou maar hoe ver gaan die rassisties kaart gespeel word?
Swart persoon mag nie meer n swart persoom genoem word nie en dan is n mens rassisties met ander woorde niemand in die land kan vir my n blanke noem nie want dis rassisties.
Dit raak belaglik.
As hulle net die helfte van die tyd insit op kinder sake en seksueel aanranding sake soos racism cases dan gaan ons dalk baie meer resultate kry.

Hagar ·

Sal die mense dan nooit leer om nie hul uitlatings op sosialemedias te plaas nie. As dit nog n kind was dan kon n mens dit verstaan, maar nou is dit n vowasse mens en daarby nog n onderwyser

Leo ·

As jy so onnossel wil wees om steeds in vandag se tye sulke snert op sosiale media platforms te plaas, verdien jy om geskors te word! Rerig? Plaas n wag voor daai tikkende vingers! Dink wat jy wil maar se of tik niks!!!

Willie ·

Maar hulle kan aanmerkings maak teen wit? Asseblief, dis die ras behepte nasie wat ek nog beleef het…

Anton ·

Die perde gaan horings kry as goeie maniere inwerking tree. Gebruik die nodige stappe as afskrik middle.

se net ·

Dalk moet hul bietjie dieper kyk, dalk is daar rede hoekom sy so se. Oor n paar maande of n tyd kry ons nog n berig oor wat die karakter is, hoe sal ons weet. As ek aan hoof is sou sy beslis ingeroep gewees het en sou ek vra hoekom se jy so As dit net vir kwaadstekery was, sou ek haar laat boet het en as daar moontlik rede is sal ek ondersoek laat instel het. Maar ja reg en geregtigheid het nie meer n plek in ons mensdom se lewens nie.

Harry ·

Hierdie reaksie van Sadou is eerder rassisties en toon dat swart mense duidelik skuldig voel oor hul BEE aanstellings, omdat die persoon moontlik onbevoeg kan wees?
Enige sogenaamde adjunk kan onaanvaarbaar vir ‘n onderwyser wees en as die spesifieke persoon dan die enigste swart adjunk is, dan mag mens jou opinie daaroor bekend maak – let wel dat daar nie na enige swartes of adjunkes in die algemeen verwys is nie, maar na ‘n enkele persoon.
Dis hoog tyd dat alle BEE en sogenaamde “gelykheid” gestop moet word, want hierdie praktyke is nie net hoogs diskriminerend nie, maar ook die bron van ons hedendaagse vlaag van rassisme, korrupsie en ekonomiese agteruitgang in SA.

KaterinaKat ·

Wanneer gaan blankes tog leer, jy kan dink wat jy wil maar jy kan nie se wat jy wil nie.

JohanL ·

Ja laat almal wat leef en beef die saak ondersoek. SACE, MRK, ens………… wat van die Gelykheidshof? En moenie die Hooggeregshof vergeet nie. Iemand het mos nou na ‘n swart persoon verwys.

Maar Mnr Moloi, as een van JOU mense wat nog ‘n laerskool leerling is, vir ‘n BLANKE onderwyser se sy is nie ‘n onderwyser nie, dan sal julle mos doodstil bly. Ja dit gebeur. Maar die blanke onderwysers rapporteer dit nie eers nie, want die onderwys departemente sal mos niks doen in so geval nie.

En julle sal ook blitsig reageer as een van jul swart algemene werkers (valslik) kla oor sogenaamde rassistiese optrede by die skool waar hy werk. Net om later uit te vind dit was net ‘n storie. Maar niks gebeur dan nie.

En laastens – julle het NIE ‘n lang pad gestap om de nalatenskap van apartheid uit te wis nie. Daarvoor sorg die Malemas dat rassisme nog sterk konfigureer in ons land.

jaco ·

kom ons agiteer by die ANC en die EFF om SA se grondwet as volg te verander:
1. Rassisme is net rassisme as wit mense iets lelik met swart mense doen. die strawwe daarvoor staan ook duidelik in die grondwet
2. swart mense wat lelik is met wit mense, pleeg geen misdaad nie, maar gee uiting aan ‘n straf wat wit mense toekom vir apartheid
3. wit grond word in 8 van die 9 provinsies onteien.
4. wit mense verloor hulle stemreg. hulle word verskuif na die wes-kaap waar hulle n mate van selfregering kry
5. buitelandse belegging word toegelaat en belastings is 10% hoër as in die res van SA, sodat ons dan eintlik “betaal”vir ons selfregering. China, groot vriend van die ANC, doen reeds so-iets met Macao en Hong Kong. So dan kan die ANC dit mos met ons wit mense ook doen.
Ons wit mense moet leer om “buite die boks” te dink. Dink n slag buite die bietjie van ‘n “comfort zone” wat nog oor is en gryp meer radikale goed aan.
Hierdie voorstel van my kan werk. Dis basies ‘n terugkeer na apartheid, maar dan toegepas deur die meerderheid op die minderheid EN ook op versoek van en met die toestemming van die minderheid. Hou op met daardie tipies wit SA houding van “dit kan nie werk nie” en “daars nie geld nie”

HPV ·

Die verdelende effek die laaste 25 jaar in Suid Afrika kan slegs voor die deur van die ANC en EFF gelê word. Hulle stig dit letterlik daagliks aan.

Henri ·

Dit is die gevolg van eers skryf dan dink. Vermaan Jacobus 3 ons nie daaraan. Dink tog eers voor jy praak skryf of doen. Dit is respek vir ander en selfrespek

Sê-maar-net ·

Ek het 40 jaar lank skool gehou. Ek is gedurende daardie tyd 3 keer fisies leed aangedoen. ‘n Blanke seun het ‘n halwe lemoen reg in my gesig gegooi terwyl ek voor die klas gestaan het. Ek het dit nie aangegee nie.
‘n Swart dogter het my bo van die trappe afgestamp sodat ek geval het. Ek het dit aangegee en haar pa het my om verskoning gevra. Nie die dogter nie.
‘n Swart dogter het ‘n pistool op my gerig in my klaskamer. Ek het bedank.
Praat van rassisties. Mag ‘n Blanke nie meer ‘n opinie uitspreek nie?

Stebastiaan ·

Ek sien niks rassisties in die opmerking nie, sy het nie die “k” woord gebruik nie en is die adjunk nou ‘n ander kleur as swart??? Ek dink die dam word alweer onder die eend uitgeruk.

Onnie ·

Sy het dalk haarself “ge-Margret” Seker nie besef sy reply op n group nie. Ai ai dis darem nie nodig dat sy haar werk verloor nie.

Cornelia C ·

@ Sê maar net: woorde kan nie regmaak wat met jou en soveel ander onderwysers in die huidige “gees en sielsverwronge S.A. toegelaat word nie. ‘n Mens ervaar diepste droefheid en woede oor die morele afval en barbarisme wat vir menseregte verkoop word. En die Molois moet kennis neem dat Cosatu self propageer dat hy vryheid van assosiasie ondersteun. Die onderwyseres distansieer haarself dalkvan “geblikte aanstellings.” Ekself is witwarm van woede oor die Molois in S.A. se manipulerende gekkespel met woorde soos “Demokrasie.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.