Vakbond ontstoke oor Nedbank-poste wat weens ‘robotte’ gesny word

Argieffoto

Die finansiële-werkersvakbond Sasbo het Woensdag Nedbank veroordeel ná ʼn aankondiging dat 3 000 poste gesny kan word as gevolg van robotika, en het met “ernstige aksieplanne” gedreig indien die bank die vakbond nie in die vervolg kontak voor besluite oor personeel geneem word nie.

Nedbank het verlede week gesê hy kan moontlik met 3 000 minder werknemers klaarkom as gevolg van sagteware-robotte, maar dat die werksverliese geneutraliseer sal word deur die verwagte groei by die bank.

Nedbank het 59 sagteware-robotte geïnstalleer en beplan om nog 200 te installeer voor die einde van die jaar. Met ongeveer 32 000 personeellede, verloor die bank oor die algemeen jaarliks ongeveer 3 000 personeellede, as gevolg van bedankings, afdankings of sterftes.

Sasbo verteenwoordig ongeveer 70 000 lede in die finansiële sektor en het gesê hy het lang gesprekke met Nedbank gehad oor die impak van digitalisering en robotika. “Sasbo is ontsteld en teleurgesteld dat Nedbank ʼn verdoemende persverklaring uitgereik het waarin die verliese van 3 000 poste aangekondig word. Dit het tot geweldige onsekerheid en verwarring in die finansiële bedryf gelei,” het die vakbond in ʼn verklaring gesê. “Ons is deurgaans in gesprek met Nedbank oor verskeie kwessies en in geen stadium het Sasbo ingestem of goedkeuring gegee vir dié persverklaring nie. Daar was ook nie enige verslag wat aan ons verskaf is wat verwys het na dié grootskaalse werksverliese gebaseer op robotika nie.”

Die vakbond het gewaarsku dat, alhoewel hy kennis neem van tegnologiese veranderinge, kan die nuus dat 3 000 persone hul werk by ʼn enkele bank kan verloor, weersin wek oor die impak daarvan.

Sasbo het gesê hy eis skriftelik ʼn verduideliking van die uitvoerende hoof van Nedbank en daag die bank om sy gesprekke met die vakbond ter goeder trou voort te sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Zukof ·

SASBO is die latyn se woord wat beteken,”ons sal nooit strike nie” / “het nie tande nie”
Daar was nog NOOIT n strike by eenige bank in hierdie land nie !
SASBO, wat n joke !

Karolis ·

Sasbo, dink 2 keer voor julle weer ‘n staking of optog beplan.
Daar is goeie redes waarom Nedbank hierdie besluite geneem het.
Hierdie is maar net die begin.

Alida ·

Ek is te oud om die tegnologie te verstaan maar wat as die krag afgaan of die robotte werk nie soos ons dit daagliks beleef.

Kala ·

Die entitled workers gaan nog lekker ontnugter word. Ek self is op die oomblik besig om sagteware te skryf wat my hoogs entitled kollega irrelevant gaan maak.

Petrus ·

Dit is presies waaroor daar al hoe meer van robots gebruik gemaak word, hulle dreig nie om te staak.nie,en “demand”nie die hele tyd nie

Nouja ·

Fantasties. Strike jouself uit ‘n job ou maat. Doen so voort. Viva robot Viva.

Katrien ·

Wens hulle kan werkers by meer organisasies met robotte vervang, soos byv by SARS.

Derick ·

Oneffektiewe tellers by banke en kettingwinkels kan gerus met sulke tegnologie vervang word. Dit voeg meer waarde toe tot die diens wat gelewer moet word.

YES ·

Ek stem 100% saam Derick, meeste oorsese lande het reeds ‘n “teller” waar jy jou produkte self scan en daarvoor betaal met ‘n kaart .. dan hoef jy nie in onvriendelike ongeskikte mense se gesigte vas te kyk wat lyk of hulle jou ‘n helse guns doen om jou te help terwyl hulle met ‘n kollega staan en gesels nie . Ek is heeltemal PRO ROBOTTE, Anti-Strike, ANTI ongeskik .. vervang almal en alles wat ongeskik is en strike en ‘n slegte diens lewer aan die publiek met robotte . dink die parlement kan ook vervang word.

Hanna ·

Robotte staak nie. Robotte behoort nie aan unies nie. Robotte bel nie in siek op Vrydae en Maandae nie. Robotte kraam nie elke jaar nie. Robotte bel nie hul vriende buite die bank om klante van hul kontant te beroof nie… en so kan ek aangaan. Ek neem die bank glad nie kwalik nie. Wens boere kan ook meer meganiseer.

Fred ·

Ons het ook sagteware robotte by my werk. Hul doen gewoonlik net simplistiese en herhaaldelike take, waar dit te duur is om groot stelsels verder te ontwikkel om die take ook automaties te doen. Die praktiese toepassing is dat mense meer tyd het dan om hul waarde toevoeging te doen ipv brein dood take. Dit kommer my as 3000 mense hul werk sou verloor as die take nie meer bestaan.

joeye ·

Hier is wat vinnig oordeel. Daar is mense wat nie strike nie en hul beste gee. Hkm almal oordeel. Sal jul bly wees as jul vannaand aan tafel moet sit en jy jou kinders nie kan kos gee oor jou werk van jou weg geneem is deur n robot? Gaan jy nog steeds bly wees wane jou kinders se ek is honger? So moenie die wat by Nedbank werk lelike dinge toewens nie. Daar is hardwerkende mense ook in Nedbank al is dit net n handjie vol wat hul beste gee en bid dat hul nog hul werk kan behou :n vir hul gesinne kan sorg. Wat gaan jy maak as n robot jou werk vervang?

nedbak werknemer ·

Ja,dankie Joeye, hoe verwag die mense moet ons wat hard werk by nedbank voel as ons hierdie dinge oor die nuus hoor of lees, ons het kinders wat kos benodig.

KOos ·

Dan raak dit dalk tyd om te leer hoe om robotte te PROGRAMMEER. Daar sal altyd mense AGTER robotte wees. Soos iemand nou die dag skryf : robotte gaan vlieeniers oorbodig maak. Dalk so, maar die vlieneers kan ondertussen die nuwe ingenieurs word wat die einste robotte programmeer, ontwikkel, bestuur en in stand hou. As for our local colleagues, jammer ouens. Dis hierdie gestrikery en gedemandery wat die oorsaak hiervan is. Ek staan geoutomatiseerde sisteme ten volle voor. En vir die wat bang is hul verloor hul werk, maak jouself onmisbaar. Jy kan. Dan verplaas hulle jou dalk net na ‘n plekkie waar hulle jou nodig het.

NetBAK??? ·

NetBAK werknemer, hulle gaan jou bv vervang met ‘n robot wat kan spel. Dit is maar ongelukkig hoe tegnologie werk, robotte het al baie take en mense vervang, en ongelukkig agv stakings en demands (of dit nou almal of net ‘n klein groepie is) is besighede besig om swaar te kry of bankrot te speel. Dit kon jy tog duidelik in die myne sien, na ‘n groot staking waar daar demands uitgeskreeu word .. retrench die myne duisende mense, so of jy van ons ‘oordeel’ hou of nie .. dit is realiteite, of die plek maak HEELTEMAL toe en almal verloor hulle werk of 3000 mense word met robotte vervang . wat verkies jy?

dom ·

Robotte is slimmer!!!!wys jou net . Hul diens kan net verbeter. Volgende stap moet nou telkom wees !

hendrik ·

Toe witmense uit hul ampte uitgeskop was het julle nie gekla nie. Joeye hierbo “kry jou act together” en besef net vir eenkeer dat diesulkes wat hul werk verloor het ook honger is.

bgj van der westhuizen ·

toe wit mense uit geskop was het die unies nie gekla nie maar wie is die 3000 mense wat hulle werk gaan verloor hoeveel is wit en hoeveel is swart wat ek in netbank gesien het is daar maar baie min wit oor en ja een kant is dit goed maar aan die ander kant is dit sleg en onthou as een bank begin dan volg die ander met die selde plan en ons het mense sonder werk en dit beteking nog minder belasting betalers

Henry59 ·

Eina, ons land se werkloosheidsyfer kan dit nie bekostig nie. 3000 mense wat vir 15000 mense kos op die tafel sit. ANC wil poste skep vir die jeug maar haal die laer vlak werkers (intreevlak poste) uit. Dit behoort nie toegelaat te word nie. Dis moontlik om baie poste met tegnologie te vervang, meer werkloosheid en armoede, meer misdaad, ons hele wereld stuur op n afgrond af waar n paar super ryk gaan word en die res nie kos op die tafel het nie. Voltooi gerus self die prentjie.

Amelia ·

Ek lees en smile, as jy nou klagtes het……en elke persoon se klagtes is maar eie aan hom, wie gaan jy sien om dit op te los? Of sal ek se almal moet maar spanners/skroewedraaiers/moere/hamers/tange kry en die robot gaan regsien. lol

CHRISTA ·

Dit lyk my die meeste van die klaers wat hier kommentaar lewer kan (soos Zuma) nie behoorlik lees nie!! Soos ek die berig verstaan sê Nedbank dat hulle jaarliks 3000 mense as gevolg van bedanking, afdanking en sterftes verloor!! Ek neem ook aan heelwat gaan jaarliks met PENSIOEN!! Waar lees hierdie klaers dat 3000 AFGEDANK gaan word agv die robotte?

marous ·

Waaroor kla die mense ? Die robotte sal van die regte kleur wees , en daar gaan buitendien net in die land geboer word as al die grong gegryp word en dit gaan ‘n paradys wees waar banke nie nodig gaan wees nie.

Dankie ·

Ek hoop mens kry nou beter diens en behandeling by die banke deur robotte, want waaragtig het ek nog nie luier en arroganter en mense met ‘n slegter houding gesien as die mense in ‘n bank nie. Hulle gaaaaap terwyl hulle moet werk (altyd moeg), weet nooit wat jy vir hulle vra nie .. (maar sit in die posisie) .. moet altyd iemand anders roep om hulle te help op die rekenaar .. dan werk die drukker nie, dit is nadat jy reeds ‘n halfuur in die ry gestaan het .. MAG die ROBOTTE vriendeliker en meer effektief wees.

Donald ·

Dit is die toekoms van die wereld voorentoe. Dink net hoe gaan dit wees oor n honderd jaar of twee honderd. Die probleem is nie robotte nie. Die probleem is oorpopulasie van sommigge volke. As die ander stamme dieselfde populasie groei getoon het as die westerse nasies by 1.7 kinders sou almal vandag n werk gehad het en jou dienste se waarde baie hoer gewees het. As populasie groei toeneem soos dit tans doen gaan die mensdom mekaar eet om te oorleef oor n honderd jaar. Maar ja ons fokus eerder om migrants in te neem sodat hulle kan vermenigvuldig onder westerse medisie en stelsels, buide hier en reg oor die wereld sodat die politieke kieser nommers verkry kan word om die mag te tou aan die kant van die wat ware vryheid teenstaan.

Koos B ·

Stem saam ek het twee weke gelede vir 1 uur by Absa in ‘n tou gestaan vir ‘n staat net om te hoor kom vanmiddag terug.Ek gee toe my e-pos en faks no want ek kon nie terug gaan nie.Ek het nou nog nie die staat gekry nie. Ek dink ‘n robot sou my nie so lank laat wag het sonder enige resultate nie.

anton ·

My vraag is? wie bank nog by BLAPSA…….skuus ek bedoel Absa.

Alida ·

Dit werk lankal in die 1ste werelde onthou ons is 3de wereld gehalte plus riool status daarby.

adriana ·

Anton – ek moes – het nie ‘n ander keuse gehad nie – Universiteitsdoeleindes.
Nog net nag daar beleef glo my!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.