Vakbond pak BLF ná uitsprake oor dood van kinders

Lindsay Maasdorp. Foto: Facebook

Solidariteit het Dinsdag bekendgemaak dat die vakbond reeds opdrag aan sy prokureurs gegee het om hofstukke op te stel om Lindsay Maasdorp, die woordvoerder van Black First Land First (BLF), aanspreeklik te hou vir sy uitsprake ná die Hoërskool Driehoek-tragedie.

Verskeie ouers en vriende van die slagoffers het Solidariteit genader om regstappe teen Maasdorp te doen. Hy het verlede week die kinders se dood op sosiale media verwelkom en dié uitsprake het wye reaksie ontlok.

“Hoewel dit nie die eerste keer is dat Maasdorp homself skuldig maak aan rassistiese uitsprake nie, is sy onlangse opmerkings ʼn nuwe laagtepunt. Ons as samelewing behoort nie iemand te duld wat die dood van kinders vier bloot omdat hulle wit is nie. Uitsprake het gevolge en dit hoort nie in ons samelewing nie. Hier moet dus ʼn duidelike boodskap uitgestuur word dat sulke uitsprake veragtelik en onwelkom is,” het Connie Mulder, hoof van die Solidariteit se Navorsingsinstituut, gesê.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregdienste by Solidariteit, beplan Solidariteit ʼn drieledige regstrategie wat onder meer ʼn crimen injuria-klag teen Maasdorp en ʼn klag ingevolge die Gelykheidswet insluit.

“Maasdorp het ʼn strafregtelike oortreding begaan en ons is van mening dat hy ʼn swaar straf verdien,” het Van der Bijl gesê.

Volgens Van der Bijl sal Solidariteit ook die klag wat hy verlede jaar teen die BLF by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aanhangig gemaak het in die lig van die onlangse gebeure hersien.

“ʼn Party wat homself skuldig maak aan rassisme mag nie toegelaat word om aan die demokratiese proses deel te neem nie en ons sal dit ook sodanig by die OVK argumenteer.”

Mulder het aangedui dat Solidariteit die hofaksie en regstrategie wat hy teen BLF gaan doen volgende week tydens ʼn mediakonferensie bekendmaak. Die mediakonferensie word uitgestel tot ná die begrafnisse van die vier leerders wat in die voorval gesterf het.

MRK spreek skok uit

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het Dinsdag ook sy ontsteltenis oor Maasdorp se uitsprake op sosiale media oor die tragedie uitgespreek.

“Die kommentaar is onsensitief, aanstootlik en onvanpas. Dit strook glad nie met die ideale en aspirasies van ons grondwetlike demokrasie nie. Goedhartigheid, deernis en respek is basiese menslike waardes wat ons in ʼn tyd van verlies moet laat blyk,” het Gail Smith, woordvoerder van die MRK, gesê.

Smith het bygevoeg die kommissie erken dat vryheid van spraak ʼn grondwetlike reg is, maar die reg kan nie uitgeoefen word op ʼn manier wat inbreuk maak op ander se menswaardigheid of enige ander regte wat die Grondwet beskerm nie.

Die MRK het Dinsdag teen 12:00 sowat 80 klagtes ontvang wat verband hou met die neerhalende kommentaar rakende die Hoërskool Driehoek-tragedie.

Smith het gesê die kommissie sal die gelykheidshof nader om ʼn beslissing te maak oor Maasdorp se uitsprake op sosiale media. “Ons sal die meriete van elke klagte beoordeel voordat daar besluit word hoe om verder op te tree.

Die kommissie het ook sy meegevoel met die ouers, gesinne, klasmaats, onderwysers en vriende van die leerders wat dood is, bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Zack ·

Goed gedoen Solidariteit. Nou hou Gerrie Nel homself besig met Ford se hofsake en hy is nie beskikbaar waar ons hom nou nodig het nie. Maak ‘n voorbeeld van Maasdorp en sorg dat hy tronkstraf kry.

Gert de Wet ·

Zack, met respek, jy praat nonsens insake Gerrie Nel.

Zack ·

Gert, Die mense wat hy verteenwoordig in die Ford saak is nie eers Afriforum ondersteuners of betaalde lede nie. Ek is ‘n maandelike geldelike ondersteuner van Afriforum wel ek kan seker my saak stel sonder om deur jou beledig te word.. Wat doen jy vir Afriforum en ‘n jy maar net ook nog ‘n Joiner wat se mond groot is?

Sollie ·

Gerrie NEL werk vir AFRIFORUM en hy is betrokke by die PRIVATE VERVOLGINGSEENHEID . ai tog .. hy werk nie vir Solidariteit nie . Solidariteit het hulle EIE REGSPAN!! En Gerrie mag slegs optree as die NVG in gebreke gebly het om op te tree teen iemand ..

Ai tog! ·

Die mense wat so op ‘n wa kan spring dan weet hulle nie wat regtig aangaan nie.

Abe ·

Zack en WL,
Ek moet saam met Gert de Wet stem. Afriforum het n goeie beleid en hulle kies hulle werkwyse volgens hierdie beleid. Hulle het uitstaande professionele advies en werk daarvolgens. Laat ons hulle rustig toelaat om te besluit wie om te vervolg terwyl ons hulle al die ondersteuning gee wat ons kan. Baie dankie Afriforum vir uitstekende werk.

Boland ·

Net na VBS se skandaal is die EFF skielik baie meer stil en die BLF baie meer uitgesproke.Hierdie organisasies word vanaf een plek beheer.Laat mens wonder.

GP ·

Hoeveel skandale was daarna weer gewees? Te veel om mee by te hou en so verdwyn hulle maar so stil stil.

Se ek ook ·

Vervolg asb Sinyanda Dizzy Gumede op facebook ook. Volgens sy kommentaar voel hy geen pyn vir die wit kinders wat gesterf het nie.

GP ·

Dink daar was nog wat soortgelyke kommmentaar gelewer het. Tree hulle almal aan.

Anoniem ·

Laat Hy KRY wat hy VERDIEN !

Hy moet KANS kry om op SY eie, in stilte, sy onsensitiewe uitsprake te bepeins !

Daar is ‘n eenvoudige spreekwoord wat maklik is om te onthou : WAT JY SAAI SAL JY MAAI ?

sdb ·

Ja nee, ek se ook tronkstraf. Boetes werk nie, want dis nie hy wat gestraf word nie, maar wel sy oningeligte aanhangers. HY MOET DIE STRAF DRA VIR SY WOORDE. Nes die Momberg vrou ..

Se ek ook ·

Vervolg asb Sinyanda Dizzy Gumede op facebook ook. Op sy muur het hy beweer dat hy geen pyn voel vir die wit kinders wat oorlede is nie.

Hannelie ·

Dankie Solidariteit!!!!! Mens mag jou nie verlekker nie, maar hierdie Maasdorp moet KRY wat hom TOEKOM en nog MEER. Ons het nie meer tyd vir rassisme in hierdie land nie. Hoop hy kry meer as net ‘n vonnis hy moet vir die res van sy lewe boet vir sy ongevoeligheid en rassisme.

Noelene ·

Dis so jammer dat as die rasse omgeruil was, die haatspreker al gearresteer sou gewees het.

Anelle ·

Fantasties. Wonderlike kommentaar van dit MRK. Dit is presies soos wat Gail sé.

Riaan ·

Al hoekom mrk dit se is omdat hulle moet. Hoe lank het dit hulle gevat om te reageer???
mrk is net nog ‘n agent van CancER!

N. Ecklace ·

Die blah blah blah gaan nog jare vat in die howe. Kry die ou beet en sorteer hom self uit. Hy moet iewers wees.

BWA ·

Se ek mos ook
Hy moet boet
Ek sal niks sê nie
Gaan iemand Anders iets sê
Afriforum vat net te lank

Gert Nel ·

Dit is ongelooflik hoe maasdorp en die blf se absolute minderwaardigheidskomplekse hulle so laag kan laat daal. Die rassehaat in die land maak mens bekommerd. Ons is almal deur God geskape.

Abe ·

There can be nothing that reflects worse on the character of a man than if he has no respect for death, and there is no clearer evidence of this than if he rejoices in the death of a child.

Johannes ·

Nee nee, onthou agv “apartheid” is sy kommentaar regverdig:

The requirement to remain dignified and meek in the face of racism is becoming a huge ask. Black anger in the face of all this is righteous and justified, writes Zenoyise John.

Lees gerus verder op News24

Nie genoeg gedoen ·

Arresteer hom summier en laat hy ook 2 jaar in die tronk sit

Wonder Net ·

Mag die 16 de Junie 1976 se herdenking asb gekanselleer word asb??? Dis kinders wat deur hulle eie toe doen aangehits deur volwassenes gesterf het.

Jeo ·

Nou wil ek sien, die IEC het BLF gewaarsku oor hul uitlatings en dat hul verban sal word om deel te neem aan die jaar se verkiesing…kom ons kyk of dit REGTIG gaan gebeur.

wilma ·

Ek kan geen geleentheid herroep waar MM-lesers sulke vieslike kommentaar gelewer het waar anderskleurige kinders/volwassenes verongeluk het nie. Inteendeel, waar daar kommentaar gelewer word, word dit altyd vergesel met ‘n boodskap van medelye aan die ouers/familie, ongeag of hulle ooit die boodskappe te lese kry.

Piet Pompies ·

Mnr Maasdorp se kommentaar is bloot ‘n aandag soekende een man vertooning. Hy is soos ‘n kat op ‘n warm plaat.

Jannie ·

Ek hoop hy kry die selfde straf as daai vrou penny niks maak hom spisiaal van ha nie

Christo Polokwane ·

Die BLF maak hom skuldig aan verskeie oortredings en die Regering en die ANC, stem stilswyend saam.

Haibo ·

Hoekom moet ‘n VAKBOND hulle pak? As daar WIT op SWART rassisme is spring the HUMAN RIGHTS COMMISSION en die ACHMED KATHRADA stigting en die DA en al wat ‘n politieke party is EERSTE op en lê ‘n klag teen die FB gebruiker of wie ookal gewaag het om ‘n k woord te sê of iemand saam met ander kindertjies langs ‘n tafeltjie geplaas het. Dan is die HELE wereld up in arms. Nou moet die VAKBOND die BLF aanvat omdat AL DIE ANDER PARTYE wat GESTIG is om haat en rassisme te bekamp te SLAP Is om dit te doen …

Jase ·

Ek stem saam met jou, maar moet jou correct op een ding, Die DA het ń klag gaan lê by die MRK.
So moenie oordeel voordat jou feite nie ? is nie.

WL ·

BLF skep rassespanning, as ek na die komentaar op FB kyk op News24 se blad, is daar groot simpatie en empatie onder die swartmense vir die kinders en hul families. Ons laat toe dat die mense en hulle haat ons as Afrikaners se emosies beheer. Ja vat hulle vas in die hof, maar ons kan nie toelaat dat hulle optrede ons, soos hulle maak nie.

Sanet ·

Jammer…om te sê,liewe volksgenote…
MAAR DAAR GAAN,NET MOOI BÔKKEROL NIKS, MET BLF OF ENIGE ander RASSISTIESE UITSPRAAK GEBEUR,nav dié tragedie NIE…merk my woorde

Johannes ·

Gaan lees gerus wat skryf ene Zenoyise John op News24 vandag. Dit is blykbaar geregverdig dat swartes die dood van blanke kinders goedpraat want hulle is nog steeds kwaad oor “aparteheid”

Hannalene Greyling. ·

Swart mense word sterf by die dosyne amper elke dag in taxi verwante ongelukkie. Ek het nog nooit gevoel om daaroor te juig nie. Al wat ek voel is hartseer. Ek het 2jaar terug my pragtige dogter aan die dood afgestaan en die pyn is lewenslank. Ek wonder as mens iemand soos die vrou net ignoreer en maak of sy nie eens bestaan nie. Ek persoonlik wil geen kommentaar lewer oor haar lewer nie, want in my boeke is sy dit nie werd nie.

Dienkie ·

Johannes, daar is GEEN maar GEEN regverdiging daarvoor vir swartes om die dood van blanke kinders goed te praat nie. Moet die Blankes hulle nou daarin verlekker indien daar ‘n Brit doodgaan. Onthou jy dat die Britte die Blankes onderdruk het. Daar is vroue en kinders dood in konsentrasiekampe. Die blankes het die vermoe om wat in die verlede gebeur het agter te laat, te vergewe en op te staan, maar dit ontbreek heel duidelik by die opvoeding van swartes. Swartes verkies om die rol van martelaars te speel.

Johannes ·

Wat skrikwekkend is, is dat News24 sulke twak plaas…!!!

Johannes ·

Dienkie, net soos daar GEEN maar GEEN regverdiging is vir die pleeg van terreurdade soos deur die anc\sakp\azapo\pac (noem maar die gemors op) nie.

Maar vandag is hulle die helde…

Pieter ·

En julle dink die MRK gaan iets aan hierdie rassiste doen? Kyk na hul rekord en dink weer.

Johann ·

Die MRK is niks meer as ‘n rook skerm. Hulle het nog nooit enige iets gedoen waar rasisme teen blankes betrokke is nie. Noem een saak waar ‘n swart person of politieke person strafregtelik aangekla is en skuldig bevind is, met tronk straff. Die antwoord is niks, geen. Kyk daardie major van die weermag wat gese het blankes moet vermoor word. Hy het ‘n klap op die hand gekry en is trug by die werk. Sit hy met ‘n krimenele record. nee.

Mirna ·

Ek wil net weet: gaan die persoon wat eerste hatige uitsprake m.b.t hierdie spesifieke sosiale media plasings glad nie vervolg word of verantwoordelik gehou word nie??? Ek het ‘n skerskoot van daardie oorspronklike plasings gesien en dit was uiters rassisties van die oorspronklike plaser…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.