Vakbond sê droom oor gesondheidsversekering gaan ‘ramp’ wees

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

Die vakbond Solidariteit sê hy is bekommerd oor die haglike toestand van gesondheidsorg in die staatsektor en glo die implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering (NVG) gaan rampspoed op ʼn groot en verreikende skaal vir Suid-Afrikaners beteken.

“Ons het verlede jaar gehoor van die Life Esidimeni-skandaal, die krisis by die Charlotte Maxeke-hospitaal, van verslae van die kantoor van die toepassing van gesondheidstandaarde wat daarop dui dat slegs 1% van staatshospitale aan basiese vereistes voldoen en van krisisse in Noordwes en elders,” het Morné Malan, ʼn senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, gesê.

“Nou hoor ons van brande by hospitale in Durban, geweld in Gautengse hospitale, pasiënte wat aan stoele vasgemaak word in Mamelodi, haglike toestande in Ga-Rankuwa en personeeltekorte reg oor die land. Wat moet nog alles gebeur voordat die regerende party sal besef dat hy bloot onbevoeg is om gesondheidsorg te bestuur?”

Solidariteit sê hy steun die uitbreiding van privaatsektordienste om dit meer bekostigbaar en toegangklik vir alle Suid-Afrikaners te maak.

“In plaas daarvan om die uitnemende private sektor te straf deur die de facto-nasionalisering van gesondheidsorg, behoort hierdie vaardighede en stelsels waaroor die private sektor beskik, aangewend te word om die stelsel te verbeter sodat almal dit kan benut,” het Malan gesê.

Solidariteit sê hy is bekommerd dat die NGV gesondheidspraktisyns, wat reeds onder groot druk is, oor die afgrond gaan stoot.

Die vakbond sê die regering moet sy beheptheid met staatsbeheer en gelykheid ter wille van Suid-Afrikaners se gesondheid eenkant toe skuif.

“Dit is duidelik dat die regering meer besorg is oor gelykheid van sorg as oor die gehalte van sorg. Dit gaan nie oor ryk teenoor arm nie, dit gaan oor siek teenoor gesond, en die staatsektor wat reeds in die hoësorgeenheid is, poog nou om die gesonde private sektor te ontsteek in die hoop dat die dood van private gesondheidsdienste die herlewing van staatsbeheerde dienste sal meebring.

“Dit werk eenvoudig nie so nie,” het Malan gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Ek, as professionele verpleegster, stel glad nie belang om in hierdie nuwe gesondheidstelsel te werk nie. Het in staatshospitale sowel as privaat hospitale gewerk. Glo my, standaarde kan net AF gaan! Dit word in die skole ook toegepas: almal en alles moet nou op dieselfde vlak funksioneer. En daardie vlak is n lae een. Dan is almal mos gelyk… Standaarde is laag, maar ten minste is almal gelyk!

Santie ·

As daar nou een ding is wat ek vrees, is dit ‘n staatshospitaal! Ek kan ook nie regtig ‘n mediese fonds bekostig nie, maar sal met my laaste geld daarvoor betaal. Die pasiente in staatshospitale word soos gemors hanteer. Ek hoor vanoggend op die radio dat vir 2019 sovêr, alreeds, 1,1 miljard rand se eise teen die Detp gesondheid is. En dat hulle ook nie al hul geld in die vorige finansiële jaar bestee het nie. Daar is sulke groot tekorte wat hulle kon aanvul wat , maar het dit nie gedoen nie. Hoekom nie? Ag nee, spaar my asb ‘n staatshospitaal. Daar is nog ‘n paar goeies. Maar dié kan jy op jou een hand tel.

Alida ·

Die personeel is nie opgelei nie. Werkskepping. Vergeet van kleur en stel opgeleide mense aan. Genade ANC word wakker.

Judy ·

Sit net een voorwaarde by hierdie NVG. ALLE parlementslede sowel as die president MOET daarvan gebruik maak. GEEN privaat medies of buitelandse medies vir hulle nie. Slegs dan is almal gelyk.

Judy ·

Voeg net een voorwaarde by die NVG. ALLE parlementslede sowel as die president MOET daarvan gebruik maak. GEEN privaat of buitelandse medies vir hulle nie. Slegs dan is almal gelyk.

Foxi ·

Die kaders gaan vinnig op n vliegtuig klim vir 5 ster mediese sorg elders. Al kom die NVG in…..gaan almal net dieselfde sorg kry soos wat jy nou in die staatshospitale kry. Nou moet n mens weet HOE dit gaan lyk. Vrot tot op die been toe.

GM ·

Judy, ek stem saam met jou. Solank die ‘elite’ oorsee gaan vir behandeling, en nie in staatshospitale behandel word nie, sal niks ooit verbeter nie.

Ek wens die belastingbetalers kon ophou belasting betaal. Nou sorg ons net vir almal wat op hul alies sit.

Bietjie baie ·

Die gesondheid stelsel werk nie eers in Europa nie, hoe op aarde gaan die in die chaos van n land werk. Hou verby.
Leer by ander lande se foute en bly weg van die nuwe gesondheid stelsel

ne ·

NGV is al klaar verdoem. Maar anc sal karring tot dit deurgaan. Gaan liewer by my huis dood voor ‘n staatshoapitaal!

Petrus ·

Gelyke gesongheidsorg – in hierdie stadium is die kaders nie besorg oor gelyke sorg nie. Hulle is eenvoudig nie instaat om die armstes te versorg nie – slegs ‘n nuwe oop kasregistergereed vir plunder.

Johan ·

“Rama The Dreamer” en sy maters se planne klink fantasties goed op papier. Maar al die ANC-drome word nagmerries.
Word liewers wakker!!

Wouter ·

Ons her groot geword met staatshospitale en daar was niks fout met dit nie.As hulle net so aangegaan het end die hospitals op standard gehou her was daar niks four nie.

Carel ·

Die uiteinde is dat dokters en verpleegsters gaan die land verlaat, en ander gaan vroeg aftree. Dit is niks anders as nog ‘n belasting waarvoor daar geen diens verwag kan word nie. Dit is ‘n katastrofale ramp in wording. Mense gaan ure in toue staan vir niks en so gaan die produktiwiteit verder agteruit . Wat sal hulle doen as groep dokters, hulle eie private geheime mediese organisasie begin en mense bedien? As daar kwaksalwers en toordokters is kan daar sekerlik ‘n’ kerk dokter’ wees, wat vir die een geld moet dit geld vir die ander.

Christel Rawstorne ·

Wel ek behoort aan Elixihealth mediese versekering en ek kan julle belowe hulle is die beste ons het nog nie een dag probleme gehad nie. Mediese fondse tariewe is buitesporig hoog en ons kan dit nie bekostig nie. Ons sien nog steeds ons gewone dokters en kan privaat hospitale gebruik. Dus Elixihealth is goed.

Muffin ·

MM ek merk in u 1ste paragraaf maak u melding van NVG en so ook heelwat persone wat kommentaar lewer. Ek verneem net maar moet dit nie NGV wees nie.

PJC ·

Die ANC weet baie goed dit gaan nie werk nie maar hulle hoofdoel is om wittes ń goeie mediese diens te ontsê. Hulle haat vir die witman hou net nooit op nie.

Cecilia ·

Dis ‘n gemors. My seun kry dialise by ‘n staatshospitaal en daar is reguit in soveel woorde vir hom gesê dat hy maar vir hom ‘n nier moet soek want sy kanse om ‘n nier te kry daar is basies nul agv sy vel kleur

Dirk ·

Wat het die haglike toestand van die staat se gesondheidsorg uit te waai met Solidariteit wie onderneem het om dmv selfbeskikking gesondheidsorg te ontwikkel en beskikbaar te stel buite die staat? Eers sou dit n volkstaat wees en toe dit nie haalbaar is nie, toe word dit selfbeskikking. As selfbeskikking, privatisering, vryemark nie haalbaar is nie, hoe dan nou? Dit is net soos plaasbeveiliging wat buite die staat met paralelle strukture gestig is en toe dit plaasmoorde nie stop nie, toe word die staat steeds geblameer! Julle is besig met politiekery ipv selfbeskikking omdat julle planne binne die SA konsep nie lewensvatbare gestalte kan kry nie! Solidariteit was telkemale gewaarsku om op te hou skoorsoek met die staat en eerder te onderhandel vir waarborge dat die staat nie selfbeskikking, privatisering teenstaan nie, maar helaas nee, julle het nie en nou sal die staat alle Solidariteit planne en voorstelle teenstaan deur presies die teenoorgestelde te implementeer! Solidariteit se taktiek om die staat uit te lok om erger teen witmense te diskrimineer en witmense uit te sluit van ekonomiese deelname en te forseer tot isolering by Solidariteit se selfbeskikkingsplanne gaan lelik boemerang met die staat wat een of ander tyd n stokkie voor selfbeskikkingprivatisering gaan steek!

Zarp ·

Die gelykheid wat die regering wil sien kan gemeet word in rand en sent. Huidiglik kos my medies (wat ek verplig word om te hê) R4000. Die arbeider met dieselfde getal afhanklikes betaal R820 vir volle dekking van sy en sy vrou se vigs meds wat vitamine en nagdoeke sonder n sent bybetaling gepaard gaa. Terwyl ek R2000 bybetaling vir my brille moes uithaal en R3000 bybetaling op tandheelkundige diens gehad het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.