Vakbond tree in die bres vir polisie ná onttrekking uit Jhb-middestad

Oproerige buitelanders het Donderdag polisielede in die Johannesburgse middestad aangeval toe hulle ‘n klopjag wou uitvoer. (Foto: Nhlanhla Phillips/ANA)

Die vakbond Popcru het in die bres getree vir polisielede wat Donderdag uit die Johannesburgse middestad onttrek het, nadat ʼn woedende skare hulle aangeval het.

“Ons glo baie sterk dat Donderdag se optrede gekoördineer en fyn uitgewerk was en gedeeltelik daarop gemik was om die polisie uit te lok en as wreed en onbevoeg uit te beeld,” het die vakbond Saterdag in ʼn verklaring gesê.

“Ons loof ons lede vir hulle besluit om te onttrek aan wat duidelik ʼn plofbare situasie was en tot onnodige lewensverlies of beserings kon gelei het. Dit was ʼn aanduiding van hulle moed en verstandigheid.”

Popcru het die African Diaspora Forum (ADF) se uitlatings dat die optrede viktimisering was, gekap. “Daar is een wet vir almal wat in dié land woon en die forum moet binne daardie raamwerk optree,” het Popcru gesê.

Die vakbond het gesê pleks daarvan om onnodige verdeeldheid te saai, moet die ADF gehoorsaamheid aan ʼn gasheerland se wette bevorder.

“As ons lede aangeval word, moet hulle hulself beskerm en hulle mag nie toelaat dat wetteloosheid in ons gemeenskappe posvat nie. Dit moet binne billike maatreëls gedoen word.

“Ons vra diegene wat by polisiëring betrokke is, die regering en verteenwoordigers van kleinsakeondernemings om byeen te kom en te praat om dít wat ons Donderdag sien gebeur het, in die toekoms te vermy,” het Popcru gesê.

Die burgerregtegroep AfriForum het vroeër ook sy kommer uitgespreek oor die polisie se oënskynlike onvermoë om die situasie in bedwang te bring. Hy het gesê die polisie het daardeur bevestig dat sy tegnieke om burgerlike onrus en oproer te beheer daartoe beperk is om óf met uiterste geweld op te tree óf glad nie te reageer nie.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het egter ook gesê die polisie op grondvlak kan nie die skuld kry vir die polisie se uitdagings nie, “omdat politieke inmenging en swak leierskap twee van die hoofredes is waarom die polisiediens tans kruppel is”.

“Dit bevestig wat ons nog altyd vermoed het en waarteen ons geruime tyd al waarsku: die polisie is onderbeman, swak toegerus en onvoldoende opgelei om op ’n verskeidenheid maniere teen burgerlike onrus en oproere op te tree,” het Cameron gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Anoniem ·

So Buitelanders ‘call die shots’ in Suid-Afrika

As ons dieselfde doen in Harare, Windhoek, Maseru, Gabarone, Luanda of Lagos ? WAS ons lankal doodgeskiet !

IETS OM OOR TE DINK !

Andries ·

Die toestand is nie beperk tot Johannesburg nie. Al die CBD’s van ons stede lyk dieselfde. Die uitlanders regeer ons sakekerns. Die ANC man ook nie optel geen die landed se mense wat hom in sy bevrydingstryd van hul was nie. Mense ons is in GROOT moeilikheid!

schaun ·

Die bang klomp kan hulself nie eers beskerm nie wat nog van die publiek,die 1986 onluste eenheid sou met 10 man sterk die klomp uitgesorteer het met sambokke.

Ferdi ·

Werner die land behoort reeds aan die Nigeriërs Chinese en Pakistaners op elke dorp hoe klein ook al sal jy hulle kry. Hulle besit die Kafees Drankwinkels in elke dorp. Hulle trou SA vroue vir burgerskap en betaal geen belasting

Wurmpie ·

En nou moet die unie ń sopstorie uitdink om polisie se slapgatheid te probeer weg redeneer

Kobus ·

Moenie die gewone konstabels blameer nie. Die fout lê by die generaals en hul politieke meesters.

Kobus ·

Die polisie durf nie waag om op te tree nie want dan word hulle aangekla van skending van “menseregte”. Onluste word nie meer vasgevat nie, want die politieke wil is nie daar om die kriminele te laat vervolg nie. Polisie se hande is afgekap. Tree hulle op soos wat van hulle verwag word, word hulle vervolg. So, gee hulle die mag om op te tree soos wat teen sulke skurke en kriminele opgetree behoort te word, dan sal sulke optredes gou in die kiem gesmoor word.

De Villiers ·

Ja POPCRU, julle glo dat die polisie se optrede gekoördineerd en fyn uitgewerk was, maar julle weet julle sê dit net om die beeld van die SAPD effens te poets na dié petalje. Die werklikheid is dat die polisie uit die gebied padgegee het omdat hulle onbevoeg is, en omdat daar nie ‘n plan B was nie. Julle onderskat die intelligensie van die landsburgers.

Gert kneg ·

Die ou witpolisiemag het weerbare swartkinders doodgeskiet oor n onderwystelsel

chrisjan ·

Gert ek bejammer jou agv jou onkunde.Kry jou feite agtermekaar .

Blyjyin1970 ·

Feite is dit was een swartkind. Dit is nou geskiedenis. Nou word ons kinders vermoor in hulle slaap of word in die rug geskiet…

Jouinfoiskortsugtig ·

Weerbaar?? As ek reg kan onthou het hulle geweldadig opgetree en die kind was op verkeerde plek op verkeerde tyd besig met verkeerde goed…

Johnny ·

Gert ja leef jy in die verlede kom by ou vriend kan ons vorentoe beweeg

schaun ·

Wet en orde is gehandhaaf ,nou is jy nie meer veilig in jou eie huis nie so as ek kon kies sal ek die ou polisie mag kies.

HPV ·

Gert was jy daar? Ons was geleer om slegs die aanhitser van ‘n groep te skiet en indien iemand hom opvolg hom ook te skiet, en ook nie noodwendig te dood nie maar wel buite aksie te stel. Dit was onlustebeheer.

Jimmy ·

HPV, tye het verander. Skiet jy aanhitsers of hul pelle is daar ‘n kommissie van ondersoek en staan jy alleen. Die generaals gaan jou nie help nie. So, dis beter om strategies te onttrek en ‘n draai te maak by die hoenderwinkel.

Petrus ·

HPV, nou is daar kommissies wat die skietery ondersoek. Nou is daar generaals wat jou nie ondersteun nie. Nou kan jy tronk toe gaan vir die skietery.

JV ·

Net een uitweg. Polisie, Metro, Weermag moet met mag ingaan en hulle behoorlik vas vat. As geweld gebruik moet word, dan moet dit so wees. Die spul buitelanders moet n les geleer word. Al die onwettiges moet met n spoed terug gestuur word.

Willehond ·

Watter weermag praat jy van? Swaziland se weermag? Ons het nie meer so iets nie.

schaun ·

Die weermag en polisie sal saam uit die middestad gejaag word dit gaan nie oor getalle nie dit gaan oor useless onopgeleide amateurs wat een dag korrup is en die volgende dag streng wil optree.

Petrus ·

JV, voor jy weet is buurlande se weermagte hier om hul burgers te beskerm. Jou weermag en polisie gaan dan hardloop en jou nie beskerm nie.

Ig ·

Die Polisie kan mos nie te hard optree nie want waar gaan hulle, as die stof gaan lê cho cho kry?

Nelia van Zyl ·

Sien julle hoofopskrif asb. Dit is sekerlik onttrekking en nié ontrekking nie!!

Christel Cornelissen ·

Dagsê Nelia
Dit is inderdaad nie reg nie en ons het dit intussen gewysig.
Dankie vir die boodskap.
Groetenis
Christel
nms Maroela Media

Anoniem ·

So Buitelanders ‘call die shots’ in Suid-Afrika

As ons dieselfde doen in Harare, Windhoek, Maseru, Gabarone, Luanda of Lagos ? WAS ons lankal doodgeskiet !

IETS OM OOR TE DINK !

Gert van Wierdapark ·

Die probeer-en-tref benadering mbt optrede teen vervalste/nagemaakte skoene/klerasie, is deels die Oorsaak! Die “Handelaars” kom seker al jare daarmee weg! Stem saam met ander kommentare dat die uitlanders met goed beplande optrede vasgevat/verwyder moet word en die nesse opgeruim moet word. Onwettiges moet gedeporteer word en landsgrense moet flippen toegemaak word! Speel ‘n “Troef en bou’ n MUUR soos wat in die VSA beplan word! Anders is daar binnekort meer uitlanders in SA en dan vat hul nog die reg-ering ook oor!! He-he-he!

Petrus ·

Buitelanders werk in ons tuine, in ons huise, in ons winkels. Buitelanders was ons karre en klere en maak hamburgers, pas obs kinders op. Buitelanders grawe slote. Buitelanders open winkeltjies in townships, en werk op vir boere, bouers en ambagsmanne. Waarom kan plaaslikes dit nie doen nie? Eenvoudig, dit is benede hulle. Dit is makliker om staatstoelaes te kry. Deporteer hierdie mense en SA sink verder in die moeras.

corne ·

dit die grootste klop snert wat hulle nog kon kwytraak.Wet en order nee hardloop eerder weg want anders is da lewensverlies.

Afrikaan ·

Net ‘n stuiwer in hierdie armbeurs….
Dalk het die buitelanders g#tvol geraak vir die polisie wat moontlik omkoopgeld wou hê… Terwyl ek baie pro die idee is dat gemors wat in dwelms, prostitusie ens. handel uitegooi moet word, is daar heelwat van die buitelanders wat maar net gewone handelaars is en dalk onnodig benadeel word deur SAPS. Laastens weet ons ook dat ons polisie die grootse georganiseerde bende in die land is en hulle optrede is in baie gevalle verdag.

Bossie ·

So sê iemand in Potchefstroom: Die outjies wat CD’s op straat verkoop, verkoop eintlik dagga. Die polisie laat hul begaan want sê die persoon dat die polisie elke maand hul “cut” kom opeis by die onwettige verkoper. Betaal bribe of word toegesluit.

Mariana ·

Die huidige SAPD ly nog steeds aan die MARIKANA-SINDROOM. Hulle kan slegs MONITOR, sonder om daadwerklik volgens die wette en magte wat deur wetgewing aan hulle toegeken is. Elke keer as daar n voorval is, beeld TV Kommentaters die moeilikheidmakers as SLAGOFFERS UIT en die Polisie as geweldenaars en moordenaars uit- terwyl geboue voor die TV KAMERAS AFGEBRAND WORD terwyl die kykers toekyk. Dis niks anders as sabotasie nie. Die wet is duidelik omskryf, maar niemand word daarvolgens aangekla nie.

Ander Koos ·

anc sal nie teen buitelanders uit afrika en sekere ander lande optree nie. die buitelanders stem vir hulle derhalwe het hulle meer regte hier as suid-afrikaners wat nie in groot getalle anc stem nie. almal behoort te weet watter bevolkingsgroep ek bedoel

klug ·

Hou net op om ons n rat voor die oe te draai. Daar is geen verskoning vir polisie om te onttrek nie. Dis tog waarvoor hulle opgelei ‘behoort’ te wees. Deesdae gee hulle oral pad waar gevaar dreig en laat landsburgers aan hul eie lot oor. Sit en KFC eet tot hulle n groep perlemoen stropers sien aankom en jy sien net hoenderbene trek soos hulle nie vinnig genoeg kan wegkom nie. Begin met die 2,4km. Dan kan hulle minstens vinniger weghardloop.

Marius ·

Ignatius jy droom ou. Daai soldate van die 80s is al n bietjie oor die muur en is die meeste al oor die 50 of laat 40s. Ja hulle was goed maar nie vir die tipe situasie nie. Kry net beter opleiding v d polisie en manne wat bereid sal wees om op te tree . Of doen die ding chemies dan sal hulle gou luister.

L ·

Maruis jy sal verbaas wees om te hoor waarin die weermag van daardie tyd alles afdelings gehad het, ek kan jou verseker dat net een peleton van die manne wat opgelei was in stedelike terreur, 50 of te nie, nodig sal wees om daardie gemors te gaan opruim.

PieterJohannes ·

Waar is die water kanonne? Dit wor wêreldwyd suksesvol gebruik en dan hoef daar nie van skerp punt ammunisie gebruik gemaak word nie, of weggehardloop te word nie. In Suid Afrika is geen wet en orde meer nie. Dit gaan ons duur te staan kom. Wie ly daaronder? Die paar wetsgehoorsames. As dit so gelos word, sal daar net groter chaos kom totdat daar geen ekonomie meer sal oorbly nie.

schaun ·

Stem saam Ignatius die ou manne soos marius hulle noem is met die klem op is is tien keer beter as vandag se nulle

J ·

Weereens maar net n bewys hoe swak ons polisie is, hule moet enige situasie kan hanteer, die probleem is dat die wat die opleiding gee nie weet hoe om dit te doen nie,

Ontspan ·

Ek vermoed polisie se kleredrag gaan aangepas word. Groot swart hoed, ligte weghardloopklere, lekker tekkies nie meer bosstewels nie, notaboek en pen. ..wat het geword van tuinstedelike en plattelandse opleiding. Daar was nie plan B nie. Dit is n leun.

Jerry ·

Die gebeure bevestig dat die ANC n “failed state” is. Geen regdenkende beleggers sal geld in SA bele nie, dus gaan optredes van wetteloosheid en anargie daagliks vererger, omrede die droom van miljoene immigrante vir melk en heuning in SA, in n nagmerrie verander het.

George in Bloem ·

Feit is die opstokers weet nou hulle kan maar maak en breek en brand net soos hulle wil want wie of wat sal hulle keer of in hulle pad staan? Nou gaan dit EERS lekker gaan.

Jerry ·

Marius, die manne wat al n bietjie oor die muur is het vir jou en Afriforum reeds vergewe, want julle weet nie waarvan julle praat nie. Die grootste fout wat julle kon maak en steeds besig is om te maak, is om die jeug te isoleer van die ouergarde se lesse geleer, kennis, kundigheid en ervaring. Al wat julle het is jeuglike voortvarendheid onder leiding van boekekennis ideologie. Dat julle eers n goeie pakslae verdien voordat julle dit sal besef, dis gewis!

Hans ·

HPV sê jy daar is waterkanonne maar word nie gebruik omdat dit in Israel gemaak is?
As dit waar is, dan moet iemand hoog op in die Polisie die blaam kry vir hierdie fiasko. Miskien die Minister!!!

Asmain ·

Ek wonder net as die polisie, wat veronderstel is om ons te beskerm, al begin hardloop, wat moet ons gewone burgers doen?

Erdvark ·

En daar hardloop die Piesang Republiek se swaar gewapende polisiemag weg vir die buitelandse mag, gewapen met stokke en klippe. Popcry huil nou, lek hul wonde en maak nou baie verskonings. Hul is maar net n klomp papbroeke. Hoe lekker lag ek nou vir die fiasko.

Adam ·

Poprcu se verduideliking is een van die mees belaglilke stukkies logika wat ek nog van gehoor het. Vir diegene wat beweer die 1980’s se soldate( wie nou tussen 50 en 60 jaar opud is) kan die probleem vinnig oplos, het ek net een vraag. Waarmee gaaan julle skiet; bloeddruk-, cholesterol of depressiepille?

Kallie ·

Die groot soldate van daardie jare kan spog en lieg van hoe gevaarlik hulle was, beter as Rambo. Net ‘n klein groepie was werklik elite, die res was meer in die pad.

Kobus ·

Die ou Skiet Piette hier moet besef hierdie is nie die witman se oorlog nie. Die wittes het klaar gebaklei en is nou net toeskouers êrens op die suid paviljoen.

Koos de Meyer. ·

Adam ons ou manne is nie ongewapen nie, moenie ‘n fout maak nie. Van ons ou garde is in elke geval ouer as sestig en moenie ‘n fout maak nie. Ons was deel van ons eertydse ordentlike weermag wat deur baie gevrees was.

Kobus ·

Nou wie gaan jy skiet met jou oupa se haelgeweer? Wie se opdragte gaan jy uitvoer? Die ANC s’n? Die ou garde moet maar aftree. Hierdie jongetjies sal jou jaag en met ‘n klip gooi voor jy die geweer kan herlaai. Die ou weermag is dood, begrawe.

Jimmy ·

Ek sal jou graag wil sien leopard crawl so oor die dorings en klippe, met seer knie en erge gout.

Dries Verster ·

Dit is lekker om langs die kantlyn te staan en te kritiseer. Opdrag is “Julle skiet nie” wat moet Polisie maak. Skiet, om later toegesluit te word of gee pad. Gee pad en word ‘n papbroek en vligteling genoem. Nie lekker nie!! Daar moet indringend na die magte en pligte van ons Polisielede gekyk, nee ondersoek word. Geen mag kan oproerige skares beheer met minimum geweld nie. Beveg opstand met maksimum optrede.

Jerry ·

@Adam. Indien jy jonk, sterk en paraat is, word jy steeds weerloser teen die misdaadaanslag geag en is die lewensverwagting vir jou baie korter as die van n 70 jarige wat wedervaringe en ervaring het in teeninsurgensie operasies,onlustebeheer en misdaadvoorkoming. Die mediese toestande wat jy ook van praat tref die vorige geslag eers by 80 jaar, terwyl dit die huidige geslag al op 40 tref! So, al wat ek kan se is sterkte en voorspoed vir die huidige geslag jeugdiges, veral die wie ingetrek is by Afriforum se babbel!

johnny ·

Man die gewone konstabels is swakker en slegter as die bevelvoerders. As dit nie so is nie sal die bevelvoerders nie in hulle bevelsposisies kan bly nie. Wanneer laas was jy in ‘n SAPS kastoor, konstabels kan nie die normale publieke probleme antwoorde nie. Selfs ‘n kaptein rang moet die sertifisering van dokumente doen sodat dit amptelik en geldig kasn wees. Konstabels kry net betaling omdat hy/sy die pos vul sonder om enige toegevoegde werk te hoef te doen!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.