Vakbond verklaar dispuut met SAPD ná ‘onbillike ontslag’

Argieffoto: SAPD

Die vakbond Solidariteit het Maandag ʼn dispuut oor onbillike ontslag by die bedingingsraad vir die veiligheid- en sekuriteitsektor (SSSBC) teen die Suid Afrikaanse Polisiediens (SAPD) verklaar.

Dit volg nadat genl.maj. Renee Fick, die adjunk- provinsiale kommissaris verantwoordelik vir batebestuur in die Wes-Kaap, op 11 Mei 2018 “sonder enige waarskuwing” uit die SAPD ontslaan is.

Schalk de Bruin, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, sê die SAPD voer aan dat Fick versuim het om kennisgewings uit te voer wat sy van die waarnemende provinsiale kommissaris, genl.maj. Manchi, ontvang het. Die kennisgewings hou verband met verplasings van twee offisiere.

De Bruin sê dat geen instruksies aan Fick oorgedra is toe die lêers van die verplasings aan haar oorhandig is nie. “By gebrek aan duidelike instruksies was dit onmoontlik vir Fick om die opdrag doeltreffend uit te voer,” sê hy.

Volgens hom het Fick by die provinsiale hoof van finansiële bestuur en administrasie, onder wie die betrokke offisiere gewerk het, navraag gedoen, maar ook hy het geen kennis van die verplasings gedra nie.

“Fick is sonder enige waarskuwing ontslaan – dít ten spyte van die feit dat sy ʼn werknemer is wat haar pligte doelgerig en uitstekend uitvoer. Uit die feite van die saak blyk dit duidelik dat sy geviktimiseer is en Solidariteit sal hierdie saak nie net daar laat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Nee wat as jy ‘n reg uit pad loop en nie korub is nie dan raak hulle op onbillike maniere van jou ontslae. Vat hulle aan.

Oom Kalahari ·

@Joshua, stem met jou stelling asook met Koos de Meyer.

jaco ·

As jy wit is in die SAPD en jy het so ‘n hoë rang, moet jy mos nou weet jy gaan probleme kry. Daar behoort eintlik ‘n “plafon” te wees tot waartoe wit mense in die staatsdiens bevorder mag word. Bestuursposte behoort nie junior bestuur verby te steek nie. Doen eerder net die werk, al is dit boring of al weet jy dis korrup. Ten minste IS dit werk wat inkomste bring en jou aan die gang hou.

Leah ·

Nou wat het geword van die voorgeskrewe dissiplinere prosedures (mondelinge en skriftelike waarskuwings) wat gevolg moet word voor iemand afgedank kan word – of geld dit nie vir die staatsdiens ook nie?

Annelize ·

Nerens steur enige staats instansie hulle mos meer aan enige reels, regulasies en prosedures nie. Vandaar die algehele agteruitgang en totale verval van die land op elke vlak denkbaar.

Pieter ·

Dit is hoe dit gaan in SAPD,my vrou nog da.Hulle verdruk die hoër wit offisiere om plek te maak vir hulle vriende.Mense se hare sal rys as hulle weet wat aangaan in die mag.

Gerhard ·

Nou hoe word die vertroue herwin, dit het dan nog nooit bestaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.