Vakbond veroordeel aanvalle op uitlanders

Lede van Fawu (Foto: ANA)

Die Food and Allied Workers Union (Fawu) het Donderdag vandeesweek se aanvalle op uitlanders, wat daarvan beskuldig word dat hulle vervalste goedere verkoop, veroordeel. Die vakbond het egter owerhede versoek om in te gryp om die plaaslike ekonomie te beskerm.

“Ons doen ʼn beroep op inwoners om nie verder uitlanders aan te val nie, omdat ons glo dat alle bewyse van vervalste goedere of goedere wat reeds verval het, of goedere wat onwettig vervaardig is, by wetstoepassingsagentskappe, die Verbruikerskommissie en ander owerhede aangemeld moet word,” het Katishi Masemola, algemene sekretaris van die vakbond, gesê.

Hy het gesê Fawu sal nie enige aanvalle op uitlanders duld nie, insluitend dat hul eiendom geplunder of gevandaliseer word nie.

Maroela Media het vroeër berig ʼn derde persoon is dood weens die geweld wat Woensdag in Soweto uitgebreek het toe plaaslike inwoners en buitelanders slaags geraak het.

“Ons ondersteun ʼn vreedsame veldtog teen onwettige handel, ʼn veldtog wat ons al sedert Maart 2018 dryf tydens ʼn optog na die SAID en weer in Augustus na die nasionale tesourie. Ons versoek egter nou dat onwettige operateurs en onwettige invoerders dringend aangekeer moet word, ter wille van plaaslike poste, die welvaart van die land en inkomste aan die fiskus.”

Die vakbond versoek pres. Cyril Ramaphosa om ʼn taakspan van gesondheidsinspekteurs, belastingbeamptes, polisiebeamptes en ander betrokke rolspelers aan te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hans ·

Hier is iets verdag,hoekom word net buitelanders se winkels geteiken. Hoekom word die spazawinkels wat deur suid-afrikaners besit nie ook inspekteer nie?

Vra net ·

Het jy al ooit ‘n buitelander by ‘n Makro sien koop? Dis gewoonlik ander buitelanders wat kom negosie aflaai in ongemerkte bokse. Doen jouself ‘n guns en kyk hoe hulle besigheid doen. Jou oë sal oopgaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.