Vakbond volstaan by eise terwyl vulstasies opdroog

Argieffoto

Argieffoto

Ceppwawu, die vakbond vir chemiese en verwante bedrywe, het Maandag gesê hy volstaan by sy eis van ʼn 9%-salarisverhoging te midde van brandstoftekorte in sommige gebiede.

Clement Chitja, die vakbond se hoof van kollektiewe bedinging, het gesê raffinaderye het tot ʼn stilstand gekom nadat werkers Donderdag begin staak het.

“Min brandstof kom by die raffinaderye uit. Ons weet werkgewers het onafhanklike kontrakteurs aangestel om brandstof by vulstasies te kry, maar sommige gebiede ervaar steeds brandstoftekorte. Ons sal nie van ons eise afstand doen nie. Ons wag vir die werkgewers om vandag [Maandag] hul skuif te maak,” het Chitja gesê.

Nagenoeg 15 000 lede van Ceppwawu, ʼn Cosatu-geaffilieerde vakbond, het verlede week begin staak, nadat salarisonderhandelinge met die nasionale petroleumwerkgewersvereniging ʼn dooie punt bereik het.

Die werkgewers het aanvanklik ʼn verhoging van 6,5% aangebied. Dié aanbod is intussen tot 7% verhoog. Die vakbond eis intussen ook ʼn minimumloon van R8 000 plus ʼn skoftoelaag vir tydelike werkers.

Chitja het gesê die werkgewers het aangedui hulle sal Maandag vergader om die eise te evalueer voordat hulle terugvoer gee aan die vakbond.

Verskeie vulstasies landswyd ervaar sedert die naweek ʼn brandstoftekort.

Reggie Sibiya, hoof van die Brandstofkleinhandelaarsvereniging, het egter gesê geen groot probleme is tot dusver deur sy lede aangemeld nie. Die vereniging sal na verwagting Maandag ʼn verslag saamstel oor gebiede wat tekorte ervaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

claudette ·

Asseblief tog. 9% verhoging en n minimum loon van R8000 ?????n polisie konstal begin met R7700 p/m…n onderwyser R6500 en hulle het gematrikuleer en party het nog verder studeer……Ek dink dis deesdae beter om n petroljoggie of n mynwerker te word.

m ·

9% verhoging!!! Geen mens kry dit nie, dis belaglik. Hierdie mense moet eerder bly wees hulle het nog werk in hierdie moeilike tye.

Wat-ek-lees ·

Gedurende die tyd van apartheid is jy weggejaag sonder enige waarskuwing EN dit het ook vir wittes gegeld. So, hou jou bek en werk en word betaal volgens produksie en kwalifikasie(s).

Anoniem ·

Sorry mense ek stem nie hier saam met die salarisse wat SAP of Onderwys kry nie…Dis baie meer!!!!!……Geen mens kan van enige iemand verwag om met n salaris van R 8 000.00 te lewe nie…Glo my dis my salaris….en ek struggle elke maand. Maar ongelukkig is ek nie in n posisie om te tsaak en vir meer te vra. Ek moet maar tevrede wees. Dis nie genoeg om kos, behuising,vervoer, ens ……. te betaal nie. Dis onmenslik van enige werkgewer………. Oeps nou gaan ek gekruisig word!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

jo-anli ·

Ek sien wat jy sê , my salaris is R3000 per maand, werk al 10 jaar ny spesifieke plek algemene kantoor assisent wersure tussen 8tot 14 uur per dag. Permanent op my voete. Toe ek vra vir verhoging daar is gesê dan kan ek maar bedank.so wat kla hulle.

Josua Keys ·

Petrol stasies moes lankal die kaart stelsel ingestel het dan het ons nie gesukkel met petrol nie, ek verstaan die lewe daar buite het belaglik duur geword maar om net weg te bly van die werk af is ook nie aanvaarbaar nie en daarom sal diè mense altyd op kyk na witmesne want ons bly nie net somer van die werk af weg nie, ons is gedissiplineer het trots in ons asook verantwoordelikheid teenoor ons Families asook skuld wat betaal moet word want ons kry dit nie verniet nie ons werk daarvoor en betaal te duurste daarvoor, ons raak ook g…….vol vir lae verhogings maar ek vat eerder dit as om sonder werk te sit en as dit bydrae dat die besigheid vir wie ek werk se deure langer kan oop bly dan stem ek vir dit, dit verseker my toekoms maar die mense gee nie ‘n vlenter om nie hulle sal wegbly aksie steun en belaglike verhogings afdwing dan sluit die besigheid se deure omdat fondse uitgeput word dan toi-toi hulle daaroor ook en kan nie verstaan waarom die besighede hule deur moes sluit nie. Stel die mense voor n altimatum no work no pay werk dit nie dank hulle af en stel werklose mense in hul plek aan solank dit binne die arbeidswetgewing van die land bly.

Anoniem ·

Stem 100% saam met jou Josua Keys…Glo dit kan algemene stakings keer onder werknemers. Ons gaan ookgebuk onder dieselfde las…Salarisse glad nie hoog maar mag en kan nie bekostig om te staak. Is maar meer as tevrede met dit wat ons kry. Die dat ek se werkgewers tesame met CEO’S moet begin besef jy kan nie jou werknemers so min betaal nie. Ons moet ook leef. Ons sorg reeds dat jy as CEO n lekker lewe het. Die spreek woord wat se hou jou klient gelukkig is total verkeerd. Hou jou werknemer gelukkig dan hou daardie werknemer jou as klient gelukkig.

Rapes ·

Jy moet mooi lees dis nie die mense by die petrolstasies” pompjoggies” wat staak nie dis die werkers waar die brandstof vervaardig word as jy nie weet wat raffinadery beteken nie.

Uys ·

So 5 jaar terug het die werkers by Venter sleepwa ook gestaak en op verhooging aangedring.
Die eienaar het gehoor gegee aan hul versoek en die % betaal soos hul aandring.
Die volgende oggend het hy ń % mense afbetaal met regte prosedure en daardie poste nie weer gevul nie. Hy het vir die res verduidelik dat dit so sal werk in die toekoms. Nou werk die wat agter gebly het harder om die wat weg is se werk ook te doen.
Die fabriek het nie weer gestaak nie en ook nie weer aangedring op ń % verhooging, hul aanvaar wat daar gegee word.
Maak net eenkeer ń voorbeeld.
Ons weet al te goed dat daar meer mense aangestel is om sekere werk te verrig as wat nodig is.

Han ·

EISE, EISE, eise, eise! Tot satwordens toe! Die stakendes gee nie ‘n duit om dat die land verder ten gronde gerig word nie. Daar is soveel werkloses wat maar té graag R8000/maand sou wou verdien. As die stakendes kry wat hulle eis, staak hulle volgende jaar wéér vir meer. Hierdie stakings het ‘n sieklike gewoonte geword, want “djulle skeld ons!” en hierdie tendens kan waaragtig nie so aanhou nie, want álmal kry deesdae swaar.

Uys ·

Ons verbruikers moet gaan tou staan by die Saats Garage om ons voertuie daar vol te maak.
Of ons moet die Vakbond hof toe sleep vir verlies van inkomste as ek nie meer my werk kan verrig nie as gevolg van hul demand

Columbiana ·

Ek dink die staats garage het toe gemaak. Het nou die dag gehoor hulle het nou Stannic kaartjies om karre vol petrol te maak.

Asjas ·

My dogter werk lang ure, het matriek, leer elke dag nuwe werk aan en gaan binnekort deeltyds studeer. Sy verdien slegs R3000 per maand. Ons betaal wat haar salaris nie dek nie. Hoekom dit doen as jy ongeskool R8000 per maand kan verdien? Haar studies gaan nie gratis wees nie, sy is gans en al te bleek daarvoor. Sy was in trane die dag toe sy hoor sy het werk. Toe hulle haar vra of sy wil weet wat haar salaris gaan wees toe antwoord sy dat sy is seker dit sal markverwant wees en dat sy net wil werk, die res sal kom.

Deur ANC beplan ·

Hierdie staking is deur die ANC fyn beplan. Dit is meestal areas waar DA goed kan doen wat ergste getref word. Hierdie verkiesing is nie meer vry en regverdige nie!!

Renier ·

Hulle het werk en word inflasie verwante verhoging aangebied. Pasop julle salaris kan ook opdroog soos vulstasies opdroog. Wees bly julle het werk.

JAN ·

Ons kinders woon in Australie. Daar is nie so iets soos petroljoggies wat jou tenk opvul, bande oppomp, olie check, ens nie. Elke motoris moet alles self doen! Om petrol in te gooi, moet motoris sy kaart in die petrolpomp se gleuf steek en intik hoeveel Aus$ se petrol jy wil ingooi. As jy klaar petrol ingegooi het, kan jy by die kassier dadelik gaan betaal óf jy kry elke maand ‘n rekening vir elke maand se petrol wat jy ingegooi het. Alles word daar via ‘n rekenaarstelsel gekontroleer. Die voordeel hiervan is dat daar nie petroljoggies is wat
moet betaal word nie – dis hoekom petrol in SA duurder is ook!

Frederik ·

SA is seker een van min lande waar vakbonde toegelaat word om die ekonomie gyselaar te hou.

Popeye ·

Asseblief, hierdie staking het niks met petroljoggies uit te waai nie, dis nie hulle wat staak nie!!!!

Cherokee ·

Asseblief, die petroljoggies staak nadat die by die raffinaderye ophou staak. So het ‘n joggie by die vulstasie in Durban waar ek gereed volmaak, gesê. Hulle staking vog op die huidige, is gesê.

Rapes ·

Popeye ek kan dit waaragtig nie verstaan dat kan die mense nie lees nie of hoekom blameer hulle onskuldige petroljoggies? Die mense is op hul poste en bedien ons nogsteeds, maar moet die blaam kry.

Cherokee ·

As jy kon lees sou jy geweet het dat die staking verder strek as slegs by die raffinaderye wat blyk die beginpunt te wees.

danie ·

Kyk dis mos nou baie eenvoudig, as jy nie tevrede is met jou salaris nie bigin dan jou eie onderneming, dan kan jy mos salarise betaal en nice wees en wat ook al julle van die CEO verwag. Jy kan almal se petrol betaal, en skool geld, en wat ook al jy nou verwag kan jy doen want dan is jy die baas..probleem op gelos. En jy hoef nie te wag vir geld om jou onderneming te begin nie gaan vra sommer jou CEO vir advies hoe begin n mens n besigheid met niks, en hoe maak jy seker die besigheid is standvastig en kan voorsien aan almal wat vir hom werk. En as jy jou eerste salaris betaal het dan kom lewer jy weer komentaar.

Cherokee ·

Nog ‘n staking op pad! Die seniors by die ouetehuis op die hoek beplan ook ‘n staking. Hulle het gesê hulle gaan ook staak vir ‘n groter inkomste.

Pastoor ·

Die slim unies reiuneur die reeds wankelende ekonomie. What ever die metode is om die petrol in my kar te is besides the point. Op dieceinde van die dag gaan nog mense sonder werk sit agv mense wat unies aanvaar wat clueless is oor hoe ekonomie werk. Sit maar net om n tafel en sê nee. Die ekonomie groei nie eens 3 % pj nie. Hulle soek 9% Foeitog vener sleepwa is die antw

Ben Prinsloo ·

Anoniem ek weet hoekom jy hierdie naam gekies het, jy redeneer teen jou eie beterwete.

Johann Marx ·

Jy weet jy bly in ‘n Piesing-republiek as daar ‘n 99c/liter verlaging is op die prys van branstof….wat nie beskikbaar is nie, omdat die petroleum werkers staak vir ‘n 9% verhoging…in ‘n ekonomie wat teen 0% groei……ook omdat brandstof so onbekostigbaar duur is. En “Afrika” verstaan dit nie….

Voorlaaier ·

Het gister met i petrol joggie gestaan en gesels. Hulle strike begin einde Augustus.

Cherokee ·

Dan wil sommige mense hierbo kommentaar lewer oor ‘onskuldige petroljoggies’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.