Vakbond vra burgers om saam teen rasse-uitsluiting te stap

Johan Kruger, Dirk Hermann en Kalie Kriel tydens die mediakonferensie oor die Solidariteit Beweging se planne om ‘n massa-optog na die JSE en Sasol se hoofkantore op 25 Oktober te hou. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Die Solidariteit Beweging gaan op 25 Oktober ʼn massa-optog na die Johannesburgse aandelebeurs (JSE) en Sasol se hoofkantoor in Sandton hou.

Die optog is ter ondersteuning van Sasol-werkers se staking teen die uitsluiting van wit mense uit ʼn personeelaandeleskema van Sasol en teen rasse-uitsluiting in die algemeen. Tydens die optog gaan hofstukke aan Sasol beteken word sodat Sasol se rasgebaseerde skema in die hof getoets kan word.

“Dié protesaksie is groter as Sasol. Sasol het die simbool geword van ʼn gevoel van uitsluiting van mense in die algemeen. Ons gaan stap teen rasse-uitsluiting in die algemeen, soos uitsluiting uit skole, universiteite en uit politieke besluitneming. Mense is moeg daarvan om uitgesluit te word. Al wat ons vra, is normaliteit en gelyke burgerskap,” het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesê.

Die massa-optog volg op Sasol se besluit om wit werkers van die Khanyisa-personeelaandeleskema uit te sluit. Solidariteit se lede het sedert die begin van September uit protes teen Sasol se rasse-uitsluiting ʼn sloerstaking gevoer.

Maroela Media het berig dat Sasol en Solidariteit onverrigter sake vroeër die maand uiteengegaan het nadat ʼn tweede ronde van konsiliasie by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) geen oplossing vir die voortslepende dispuut oor die saak opgelewer het nie.

Dié vakbond het nou besluit om die dispuut na ʼn verdere vlak te voer en Sasol se rassebesluit in die hof te toets.

“Solidariteit het besluit om die hof te nader sodat Suid-Afrika duidelikheid daaroor kan kry of wit werkers op ʼn absolute manier van aandeleskemas uitgesluit kan word. Ons het ook besluit om ʼn memorandum aan die JSE te oorhandig om ʼn duidelike boodskap aan alle maatskappye in Suid-Afrika te stuur dat dié soort rassediskriminasie nie aanvaarbaar is nie,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, in ʼn verklaring gesê.

“Suid-Afrika het sy sin vir balans verloor. Die rol van die burgerlike samelewing is om balans te bring. Die regering ken die taal van protes. Een optog na Sandton praat harder as ’n boek vol goeie argumente. Ons het die argumente waarom rasse-uitsluiting nie geduld moet word nie en nou voeg ons die protes by,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

’n Konvooi busse en motors gaan om 08:00 die oggend vanaf die Voortrekkermonument in Pretoria vertrek. Mense uit ander rigtings kan om 10:00 veilig by die Rosebank Union Church bymekaarkom van waar busse hulle na Mushroom Park in Sandton gaan neem waar die optog om 11:00 gaan begin.

“Dit is baie simbolies om in die hart van Suid-Afrika se plaaslike en internasionale hoofstad ’n optog te hou.

“Sasol is aan die verkeerde kant van die rassedebat. Ná jare lange debatvoering het die regering, mynhuise, vakbonde en die gemeenskap in die Mynbouhandves ooreengekom dat alle werkers by personeelskemas ingesluit moet word. Sasol het besluit om die konsensus te verbreek. In plaas van ’n ooreenkoms dwing Sasol Solidariteit om hof toe te gaan. Dis jammer dat Sasol nie self die regte ding wil doen nie.

“Al die nodige toestemming is verkry. Dié stap gaan in Solidariteit-styl wees – sterk, sonder om skaam te wees, maar ordelik en sonder om iets te breek. Dit gaan veilig wees; jy kan dus enige belanghebbende saambring,” het Hermann verder gesê.

  • Mense wat wil saamstap, moet by www.solidariteit.co.za registreer sodat reëlings deurgegee kan word, of jy kan die woord StapSaam en jou naam per SMS stuur na 34802.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Elize ·

Sou ek graag hierdie optog wou bywoon! Ongelukkig is ek nie in die posisie om dit te doen nie en sal in gees saam met my volksgenote daar wees. Sterkte en word net voorspoed vir julle toe gebid

Heinrich ·

Sterkte ouens, wens julle alle suksesse toe. Kan ongelukkig nie self daar wees nie maar is daar in gees! Gee hulle gas!

WB ·

Ek is nie ‘n negatiewe mens nie, maar watter optogte het al ooit positiewe resultate opgelewer? Ek kan klaar voorspel wat die reaksie van links-liberale en die media gaan wees. Dit gaan eenvoudig aan die groot klok van wit rassisme en kolonialisme gehang word, ongeag hoe vreedsaam, gedissiplineerd of nobel die optog ook al sal wees. Laat ons nou maar realisties wees: Onder die huidige regering en hedendaagse politiese klimaat in die land, sal niks, maar niks, die lot of posisie van die blanke gemeenskap verbeter nie. Dit gaan inderdaad met rasse skrede net versleg vorentoe. Ons enigste hoop is om al ons tradisionele onderlinge geskille agter te laat, en sodoende gesamentlik die rug behoorlik sterk te maak teen die aanslae wat nog voorlê.

Gysbert Stander ·

WB, geen enkele optog of ander aksie gaan onmiddellik dinge drasties verander nie, maar ek is seker elke bietjie help, al is dit ook hoe min op ‘n slag.
As jy jou aan die media en liberales (of wie ook al) se kommentaar wil steur, doen dit gerus. My vel is hopeloos te dik om my aan ENIGIEMAND anders te steur, was al van my kinderdae af abnormaal dik.

Heinrich van Zyl ·

WB, selfs al gaan die optog geen verskil maak nie, wat het jy om te verloor deur deel te neem? Ten minste kan jy vir die persoon in die spieël sê jy het alles in jou vermoë gedoen om ‘n verskil te maak.
Ja, ek weet baie mense is moedeloos en negatief, maar daai twee eienskappe gaan jou nêrens in die lewe bring nie. Nie by politiek nie, nie by jou werk nie, nie by jou verhoudinge met ander mense nie, net mooi nêrens nie.
Dis soos om te redeneer dat ek maar my papiertjie by die ruit kan uitgooi, want een enkele papiertjie gaan nie meer rommel veroorsaak nie.

Sendeling ·

Ons blankes het vir meer as 40 jaar ander rasse uitgesluit deur apartheid. Nou suffer ons die nagevolge. Daai was nooit n goeie idee nie.

Andre C ·

Hoe Sendeling Sasol se optrede kan verdedig gaan my verstand te bowe.Ons het hulle ook vir 40 jaar probeer opvoed.probeer dissipline leer en prober leer om rasioneeel te dink.Kyk bietjie hoe lyk die land nou !

AMMIE ·

Dit is reg wat Solidariteit vir ons mense doen, maar wil hulle nie asseblief al ons belasting geld stop na die regering nie. ASSEBLIEF ons is siek en sat betaal aan ons korrupte regering en hulle hou net aan en aan en aan met funksies van miljoene rande en korrupsie en ons moet volgende maand alweer duurder betaal vir brandstof en dit net om die staatskas vol te maak. Solidariteit asseblief ons as Afrikaner volk met besighede asook individue wil nie meer belasting geld aan die staat betaal nie. Ons kan nie meer toesien hoe ons swaar verdiende geld so gemors word nie. Ons sal belasting betaal, maar ons kan en wil nie meer aan die ANC regering oorbetaal nie. Ons verarm!!! Help ons asseblief en doen iets dat almal saamstaan en alle belasting geld stop na die regering!!

Vervoer ·

Gebruik ook busse om mense aan te ry of selfs treine!! Voor hulle afbrand!!
Taxi’s sal baie bly wees indien hulle so ‘n klomp mense kan ry!

JG ·

Sal daai Taxi’s kan waarborg hulle gaan aan die regte kant van die pad ry ?…

DeVill ·

Dit wil vir my lyk asof Solidariteit te groot hap gevat het hierdie keer.

In ieder geval, baie sterkte met die protesoptog!

RG ·

Voorspoed. Protes is reg, maar waarom nie ‘n aksie van belasting onthouing in Trust totdat die regering ons erken nie, nie net vir Sasol aksie nie, maar ook plaas aanvalle, ander misdaad, dienste nie gelewer. As ons nie goed genoeg is vir gebalanseerde insluiting nie, is ons belasting, erf belasting ens. tog nie goed genoeg vir insluiting nie. Daaraan kan almal van ons landwyd deelneem.

Genieve ·

Hou optogte oor die petrolpryse ook asb volgende maand alwee verhoging.

Kosie ·

So Sendeling, Wat het die anc gedoen om vandag te regeer, handjies gevou, Nee, blankes moet ook n slag opstaan vir geregtigheid net soos die anc gedoen het. Die uitsluitng aan deelname van enige rasse groep is ook nie n goeie idee nie.

Sendeling ·

Maak nie saak wat hulle gedoen het nie. Al wat ek sê is dat ons hulle onderdruk het vir meer as 40 jaar. As al daai dinge nie toe gebeur het nie, dan sou ons nie vandag gesit het waar ons sit nie. Dis regtig eenvoudig.

humor ·

Soos in baie vorige onluste en betogings waarin daar geen beskaafdheid waargeneem kon word nie, is dit duidelik dat hulle nie na beskaafdheid gaan luister nie. Alles moet eers tot sak en as vernietig word. Die belastingbetaler moet dan weer die spit afbyt. Vertrou dat daar n hofinterdik sal kom om sake gelyk te stel.

Eish ·

Ek stem heelhartig saam met die motivering vir, en die aksies wat voortspruit uit diè rasse diskriminasie.
Die helhool gee my nie baie moed vir die hofuitspraak nie, synde vorige artikels op die platform duidelik getoon het watter invloed politiek op die regbank uitoefen. Ek kan maar net op my knieë gaan vir ons minderheidsgroepie…
Veral vir die van ons wat die ” Collateral damage”
uitmaak van die afgelope 25 jaar se ” Samelewings regstelling”
Voorwaar nie n lewe met n lied in die hart nie…
Baie sterkte!

Kosie ·

Sendeling Jy se dit maak nie saak wat hulle gedoen het nie? So dan maak dit ook seker nie saak wat die minderheids groepe nou doen nie. Maar, met die volgende stem ek saam, “two wrongs does not make one right”.

alida ·

In antwoord op sendeling se kommentaar is ons nou ongelukkig in daardie posisie en om nou verwyte rond te slinger gaan niemand help nie. Wat die optog betref is ons blankes te bang om een dag van die werk af te bly om aan ‘n optog deel te neem anders word jy summier ontslaan. Anders as die ander massas het hulle baie tyd om in die strate te loop en skreeu. Ons steun die optog en sal ons steun gee op ander maniere.

WB ·

Heinrich van Zyl. Dit is goed om te droom, maar as jou drome realisme begin oorheers, bevind jy jouself in ‘n droom wêreld. Alles behalwe negatief en moedeloos, verkies ek om my energie en wese te rig op dit wat werklik ‘n verskil maak. My vriend in die spieël stem ook saam…

Jaco ·

Sterkte met die optog. Myns insiens was ons as minderheid te lank nou al ordentlik. Ek stem saam dat dit ordelik moet gebeur en nie skade aangerig moet word nie maar brand maar n band of twee om reaksie te kry.

AMMIE ·

Om optogte te hou gaan net mooi niks help nie. ANC doen net wat hulle wil en of ons nou optogte gaan hou of wat ookal, hulle steur hulle nie aan ons nie. STOP BELASTING GELD!! HULLE MORS MET ONS HARDVERDIENDE GELD. Glo my dit gaan ‘n inpak maak en dan sal ons reaksie kry!!

RG ·

Stem saam Ammie. Dis al taal wat die regering sal verstaan. Hierdie hond moet tande kry en ophou langs die draad staan en blaf. Ek het sopas hoofstuk 4 van “Kill the Boer” gelees en ek stoom. In my opinie kan Ernst Roets se boek in een sin opgesom word: EEN plaasaanval is TE VEEL.

lewies ·

Geen optog is beter as ‘n mislukte een. “Julle krag le in stil wees” (Jasaja 30:8-18) . Aan die einde van alles gaan dit oor gebed en geloof.

@Lewies ·

Twak. Dawid moes nogsteeds vir Goliat gaan konfronteer het voordat die oorwinning aan hom gegee is.

Blaarman ·

Lewies

In daai geval, moet dan ook nie opstaan in die oggend om werk toe te gaan, of om kos te maak, of enige-iets te doen nie! Lê net stil op jou bed en sien hoe alles wonderbaarlik na jou te aangevlieg kom!

Trots Afrikaans ·

Man, ek vlieg sommer na julle toe om saam te stap…..

@sendeling ·

Al is apartheid nooit in die wetboeke opgeskryf nie, sou ons nogtans wees waar ons nou is, dalk net heelwat vroeër. Ons veg al vir ons behoud in hierdie land vir meer as 350 jaar, nie net agv Apartheid nie. Kolonialisme het ons waar ons nou is, die blote feit dat ons hier is, is ‘n doring in die Afrika vlees. Die vraag bly egter staan: Waarom is dit dat in Afrika lande waar geen kolonialisme was nie daar ook min vooruitgang en ontwikkeling was en waarom is dit dat waar wittes verdryf word lande in sak en as verval (Zim)?

Cobus ·

Al julle ouens praat van belasting geld terughou, Sasol maak n killing met die hoe petrolprys want hulle koop nie olie nie maar die petrolprys gaan op saam met die ander.
Hoekom gooi julle nog Sasol in. Wys hulle hoe lyk ons geld. Ook die wat diesel ingooi

Jerry ·

Lewies, jou kommentaar het nou soos manna uit die hemel geval! Bly om te verneem daar is nog iemand wat verstaan waaroor hierdie situasie waarin die Afrikaner homself bevind, nou eintlik gaan! Ongelooflik hoe n persoon aangeval word en hoe hulle jou verkeerd probeer bewys wanneer jy die spyker op die kop slaan met die gepaste bybel aanhaling! Ten minste lees die persoon wat met die Dawid teen Goliat aanhaling kom ook sy bybel!

Waarheid ·

@lewies @jerry Julle is gif. Julle verwoes menselewens met julle bog!

En nee, die Bybel is nie bog nie… net julle verdraaide interpretasies daarvan.

Sophos ·

Absolute onsin.

Dit is drogargument, spesifiek ‘n vertoë tot gesag, wat ontwerp is om enige sinvolle debat tot ‘n einde te roep.

En let wel, julle interpretasie van die Bybel is nie die regte een, net omdat jy so sê nie.

@Jerry@lewies ·

“On Saturday, 1 December 2010, Attie Potgieter (40) drove towards his farmhouse outside Lindley, a small town in the central Free State. In his car with him was his wife, Wilna (36), and their little daughter, Wilmien (2). It was Attie and Wilna’s wedding anniversary. Upon their arrival, as Attie got out of the vehicle, a shot was fired at him. He was immediately attacked by six men, armed with a panga, a garden fork and a knife. While fighting with Attie, the men also dragged Wilna and Wilmien out of the vehicle. What followed was a struggle on the lawn around the house during which Attie desperately tried to defend his family from the attackers. Eventually, Attie collapsed. His blood was found on the walls around the house, all the way from his vehicle to the backdoor. He had been hit over the head with a panga, a knife and a garden fork. He had been stabbed 151 times with these objects and he was left dead with the garden fork piercing his neck. This, happened in full view of his wife and daughter. Wilmien ran to her farther. Her feet were covered in his blood and her bloodied footprints were found on the pavement around his body. It is believed that the attackers then picked Wilmien up and carried her to a small storage room. She was shot in the head and thrown in a box. Uit “Kill the Boer”. Dink julle hulle het gebid?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.