Vakbond wil banke tot stilstand dwing weens afleggings

Argieffoto

Die bankwerkersvakbond Sasbo voorspel tot 10 000 mense kan net vanjaar in die bankwese hulle werk kwyt wees.

Joe Kokela, sekretaris-generaal van Sasbo, sê die vakbond berei voor vir ʼn staking aanstaande maand, waartydens hy banke tot stilstand wil dwing.

Volgens Kokela beoog Absa om meer as 800 werkers af te lê, Standard Bank beoog om nagenoeg 1 800 werkers af te lê, terwyl nog 6 000 werkers op een of ander manier geraak gaan word. Hy het gesê Nedbank beoog om 3 000 mense in verskillende fases af te lê, terwyl Old Mutual dit ook oorweeg, maar nog nie getalle bekend gemaak het nie.

Nedbank het reeds met die proses begin.

“Die banke is besig om werksgeleenthede te vernietig. Bou hulle die land, of breek hulle dit af?” het Kokela aan Maroela Media gesê. “Ons is uiters bekommerd.”

Volgens Kokela het Sasbo nagenoeg 73 000 lede, waarvan die meeste by banke werk.

“Hierdie mense gaan deel vorm van die werkloosheidsyfer wat reeds op 29% staan. Wat gaan hulle doen as hulle werkloos is? Dit gaan lei tot verhoogde armoede en selfs misdadigheid.”

Hy het gesê hulle voer ook samesprekings met ander vakbonde om aan die staking deel te neem.

Sasbo het gesê ten spyte van sy pleidooie by Nedbank om die afleggings te staak, gaan Nedbank van vandag af voort om afleggingskennisgewings aan werkers te gee.

Nedbank onderhandel reeds ʼn geruime tyd met 1 500 werkers oor moontlike afleggings om die sukkelende ekonomie en toenemende mededinging te bowe te kom, het eNCA vroeër berig. Hulle werk in sy kleinhandel- en sakebankafdeling.

Die vakbond sê hulle het die bank vantevore gevra om die skeidingspakkette wat aangebied word, te verbeter in ʼn poging om die situasie vir geraakte werkers meer draaglik te maak, maar Nedbank het dit nie aangepas nie.

Die bank het wél ʼn program waarvolgens werkers met ander vaardighede toegerus word sodat hulle elders kan werk. Sasbo het ʼn beroep op mense gedoen om opleiding te ondergaan wat hulle sal help om werk te kry, al is dit nie noodwendig by die bank nie.

Hy het sy lede gevra om verhuising, ʼn laer posisie en selfs ʼn salarisverlaging te aanvaar, eerder as om werkloos te wees.

“Bankwerkers is neerslagtig. Mense weet nie of hulle nog werk gaan hê nie. Die finansiële dienstesektor is in dié stadium ʼn ongemaklike omgewing om in te werk,” het Kokela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Ekke ·

So Johan se vir ons wie het wat gesaai, jy klink soos n kenner op die gebied?

Ore ·

Sasbo het jou werklikwaar uit die dode wakker geword.Nooit vir bankamptenare geveg nie.

Wurmpie ·

Sasbo moet net eers verstaan die unies is die klomp wat die land verniel. Soek mos altyd dinge buite bereik van banke en ander werke

JohanR ·

Hoeveel vakbonde is daar in Suid Afrika? Is daar al ‘n vakbond al vir bommelaars? Sommer eerdags! Die vakbonde rol behoorlik in die geld. Miskien kan hulle die afgedankte werkers in diens neem?

A Klaassen ·

Tog het die banke geld om hulle banke elke paar maande ‘n oordoen te gee.? Alles gaan om te wys hoe suksesvol hulle is al is dit ten koste van sy werkers.

Hanna Hoekom ·

Dreig, dreig, dreig… Demand, demand, demand… Die perd is nou al holrug gery! Vakbonde vernietig werksgeleenthede. Die meeste afleggings gaan in elk geval blankes wees. Ek glo dit.

Anoniem ·

Dit neem alreeds ‘n uur om ‘n bankkaart by Nedbank af te haal, so langer wag is ons voorland.

Jaco ·

Absa en Capitec lewer my kaarte by my huis af, verder doen ek als deur my aps en internetbanking, ek is n baie aktiewe bankgebruiker agv my besighede ook en ek weet nie eens meer hoe lyk die binnekant van n bank deesdae nie, was JARE laas in een, banke word al hoe meer virtueel, ek is skoon verbaas dat daar nog so baie mense werk in banke.

Kallie ·

Van die ABSA takke wat ek besoek is daar plek vir gemiddeld 12 to 15 tellers. Selde is daar meer as vier tellers beskikbaar. Mense word gereeld afgelê vertel die tellers.

Astrid ·

Almal hou mos van internetbankdienste en “Banking Apps”, maar sodoende het die banke minder werknemers nodig. Die mensdom gaan onder aan sy eie vindingrykheid!

Elsie ·

Miskien moet die banke net ophou om hulle werk aan Supermarkte uit te deel. Einde van n maand moet mens ure by Supermarkte in rye wag, want dan trek die hele land hul salarisse by die supermark kasregisters. Stop dit, en banktellers het weer genoeg werk, en supermarkte kan konsentreer op kliente wat werklik iets koop.

Magda ·

ASB GAAN VOORT EN KYK HOEVEEL VERNIETIGING JULLE DIE KEER KAN VEROORSAAK – DALK MEER AS MET DIE TSHWANE STAKING, IS JULLE HUISE NOU MOOI VOL MET NUWE GOED EN KRUIDENIERSWARE????

Frederik ·

Welkom… Vir 25 jaar moes ‘n sekere ras leef en oorleef. Nou is julle daar. Wys vir ons hoe gaan julle dit regkry… Daar is geen kans nie. Geskiedenis herhaal hom self.

Dries ·

Jare gelede was daar n advertensie op tv met di woorde: “Wie moet ons bedank…?”
Met di afgelope verkiesing, kon di massa stemgeregtigdes, di keuse gemaak het vir verandering, maar julle verstaan steeds ni hoe werk di ekonomie en of wins en verlies in besigheid ni…

Johan Maritz ·

Kyk net na die salarisse van die top bestuur, sny daar en dan is geen afleggings nodig nie

Matt ·

Die laaste plek waar hulle wil kyk is die TOP bestuur sê salarisse. Dit is baie makliker on die soldate AF te dank waar hulle luukse motors ens onderhou moet word. Kliente word gesien as ‘n nodige euwel. Bank fooie gaan verhoog sodat die mense wat nie verdien nie kan aanbly.

Hans ·

My 1 kind is 3 jaar gelede afgelê en moet enige tipe werk aanvaar om pot aan die kook te hou. Afleggings is aan die orde van die dag wat toegeskryf kan word aan n regering wat net vir onbekwame kaders sorg en ekonomie vernietig.

Adriaan ·

By die finansiele instelling waar ek gewerk het, was die siening onder werknemers dat indien die werkgewer dissiplinere stappe teen jou instel, Sasbo seker sou maak dat die korrekte administratiewe prosedure gevolg is. Maar sover as wat dit jou verdediging teen die klagtes aangaan, was jy grootliks op jou eie. Sasbo was soos n lee blik wat by trappe afrol: lawaaierig en niks meer nie.

Johan ·

SASBO het nog nooit sy lede se regte beskerm nie. Hulle was daar as deel van die proses, sodat die wet nagekom word. So ver dit my aangaan as die wet van unies ontslae raak sal dit beter gaan!

Matt ·

Johan ek stem saam. Unies is net daar vir hulle die doeleiendes en het nog nooit hul lede sê belange beskerm nie.

Ja nee ·

Dis nou n grap, staak julself uit julle werk. Dit is net Afrika wat n vakbond het vir elke denkbare bedryf, een vd dae het hulle n vakbond vir vakbonde!

jaco ·

waarom wil n swart vakbondleier staak? ons weet tog almal dat diê wat afgelê gaan word, almal NET wit sal wees.

Piet parys ·

Ja wanneer die land in n wanfunksionele swart regering gelaat word is dit wat mens kry . Wonder wat die vakbond leiers se salarisse is . Hulle stel dit mos self vas. My PA het gesê dit vat 30 jr vir n land om onder te gaan onder swak bestuur so ons het nog n paar jaar om in te val by Zimbabwe

Tino ·

Die unies gaan sort nie die oorsaak van die problem uit nie. Hulle maak dit erger en die vrugte sal ons pluk van wat gesaai is. Ekt nie baie simpatie nie maar ons almal ly en die wat van kragte is om verandering te bring en dit nie doen nie, moet die skuld dra

Hester ·

Ja dis hartseer eks na 33 jaar uit die bank wese en kyk nie een dag terug nie

Christo ·

Sasbo was en is nog steeds soos ‘n hond sonder tande. Hulle hou van blaf maar die byt beteken niks of bestaan nie, veral as dit by die bank personeel of individue in die takke kom.
Hulle eie belange word vooropgestel.

Adam ·

Sasbo moet besef dat hoe meer werkloosheid daar is, hoe minder word bankdienste (ook ander dienste)benodig. Daarna volg perosneelafleggings en die afwaartse spiraal word al hoe groter en beweeg al hoe vinniger. Nou ja, as jy as vakbondbaas stem vir ‘n regering wat aanhou plunder en dus die ekonomie verklein, moet jy nie huil as jou lede uiteindelik soder werk sit nie. Praat met die ANC base wie die Frankenstein grootgemaak het en hou op om die ekonomie verder skade aan te doen.

Jr ·

Kokela vra: Bou hulle op of breek hulle af.
Die antwoord: Nee jou cANCer party breek dit af. Of is jou donkerbrille te rooskleurig

Lolla ·

Hulle moet net onthou hulle gaan ook nerens kan geld trek nie. Cut your nose to spite your face!

Hettie ·

Vakbonde wil alles tot stilstand bring , ingesluit die land !

Tinus Coetzee ·

Te veel werkers is een van Eksdom se probleme. Standard bank, onder andere het al ‘n hele klomp takke gesluit. Jet stores halveer al hulle winkels om op huurgeld te spaar. Almal moet maar hulle belde stywer trek, daar sit 1 miljoen blanke Afrikaners in plakkerskampe as gevolg van regstellende aksies. Dit is die mense wat nooit gestaak het, skole afgebrand get en ander rasse gedreig het nie. Kom nou ons puik regering, wanneer gaan julle eerlik genoeg wees om te erken dat julle ‘n eens suksesvolle land in sy mik in bestuur het. Erken julle kan dit nie doen nie, laat ons weer in die werkplekke toe, en verban unies. As julle wou saamwerk, kon Suid Afrika ‘n sukses storie wees. Dit is seker ook Jan van Riebeeck se skuld, of hoe?

Maxi ·

Kyk hier, dis nou nie maanskyn en rose in die bank nie en die feit dat Sasbo eindelik nutteloos is. Het ek lankal my lidmaatskap by hul gekanselleer. Al wat ek kan se dis moeilik vir ons bankiers.

Gert van Wierdapark ·

Wie is die inherente Oorsaak dat die ekonomie in SA lelik op die afdraende pad is = die a en see in beheer! Alles gaan tot niet of kners tot stilstand, BEHALWE die Soustrein wat daagliks “waens” en “lede” bykry!!!! Staatskaping en die plundering van instellings ens ens se gevolge kring (tsunami) al hoe wyer uit – amper soos wanneer ‘n Meteoriet in n ‘ n dam sou val! Hier kom nog groot bollie!!!!

nic ·

suid afrika stuur af op n zimbabwe as gevolg van al die vakbonde wat die land en regering wil bestuur

Andre ·

Die land het geen bestuur nie net onbekwame “Strugglers” wat in die verlede leef en hulself verryk.

Sarel ·

Hoop die SAPD neem kennis en begin reeds voorberei so dat hulle nie weer takties hoef te onttrek nie.

Naas ·

Banke se kliëntediens is reeds pateties. Sal dit nog swakker kan word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.