Vakbond wil Mboweni herroep oor e-tol-uitsprake

Argieffoto

Die Akademiese en Professionele Personeelvereniging (Apsa) doen ʼn beroep op die regering om minister Tito Mboweni te herroep en hom te verbied om in enige verdere regeringsamp te dien.

Mboweni, minister van finansies, het hom Donderdag ten sterkste uitgespreek teen die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se besluit om die invordering van e-tolskuld vir eers te staak. Mboweni het gesê die agentskap moet dié beslissing onmiddellik omkeer.

Boitumelo Senokoane, algemene sekretaris van Apsa, het gesê Mboweni is “arrogant en aanstootlik”. “Dit is ʼn teken hoe uit voeling die neo-liberale ANC-geleide regering is met die realiteit op voetsoolvlak. Werkers moet onthou dat Tito Mboweni en sy mede-kamerade in die parlement nie geraak word deur e-tol nie, want hulle kry gratis toelae van belastingbetalers.”

Hy het gesê dit lei tot “arrogansie en sosiale afstand” en ʼn gebrek aan begrip om te verstaan watter impak e-tol op gewone Suid-Afrikaners se beursies het wat reeds diep in die skuld is.

“Werkers moenie hul eie slagters word deur vir politieke partye te stem wat nie hul belange op die hart dra nie. Jy is onderbetaal, afgedank, gedwing om e-tol, verhoogde BTW en hoë brandstofpryse te betaal, en jou werk word gedreig deur privatisering, terwyl ministers van die ANC soos Tito Mboweni onsensitiewe en ondeurdagte kommentare maak soos dat jy ‘vir die keiser moet gee wat hom toekom’.

“Dit is nog erger dat die elitistiese sakegedrewe pensioenaris, wat homself ook as ʼn politikus voordoen, sy korrupte en regse ANC-geleide regering met Jesus vergelyk, van wie die Bybel getuig dat Hy pro-armes was.

“As Apsa-vakbond glo ons dat minister Tito Mboweni ʼn verskoning aan Suid-Afrikaners verskuldig is vir sy roekelose en voortgesette neerhalende aanmerkings teenoor die werkersklas. Ons doen ʼn beroep op werkers om enige politieke party, wat homself nie van e-tol distansieer nie, tydens die algemene verkiesing in Mei 2019 te straf, spesifiek die ANC, wie se beleid pro-armes en pro-werker is, maar eintlik verregs is en nie verskil van die Demokratiese Alliansie nie.

“Ons wat op die grond werk en hierdie ekonomie bevorder, moenie meer die skape wees wat ter slagting gelei word nie. Ons moenie vir politieke partye stem wat links praat, maar regs loop nie.”

Senokoane voer aan Mboweni en Pravin Gordhan het die duidelik gemaak dat hulle hul outoriteit gaan misbruik om die werkersklas en armes te mishandel en frustreer.

“Die parlement debatteer ook oor die wysiging van artikel 25 van die Grondwet wat ʼn beleidsresolusie was by die 54ste nasionale konferensie van die ANC. Die privatisering van grondgebruik en openbare paaie (e-tol) sluit sekerlik hierby aan. As die ANC nog steeds die leier van die samelewing is en ʼn ‘gedissiplineerde mag van linkses en die werkersklas’, sal dit Luthuli House baat om Tito Mboweni uit die regering te verwyder.”

Senokoane het gesê Apsa sal seker maak dat sy lede en hul families volgens hul gewete stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Andreas ·

Hehehe, lag die man, daar van Nkandla, so onderlangs en stuur ‘n WhatsApp vir Duduzana, hy het mos nou, na sy ‘aftrede’ heel vaardig met die gebruik van die toestelle geraak, “Dit seun, kan ons mos nou sien waarheen die land op pad is, plaas dat hulle leer, maar laat dit nou vir hulle ‘n les wees, my aanstelling en uitverkorene, is mos destyds verwerp.”
Hehehe ….

Slim Jan ·

Wil julle Van Rooyen daar hê?
Asseblief. Dit is besluit en bespreeking deur die parlement. Wie is enige iemand om dit vooraf teen te gaan.
Maak dan parlement se deure toe.

Johan ·

En die alternatief is om links te stem , jo! Ek dink ook die minister is uit voeling met ons werkersklas maar links is nie noodwendig beter nie!!

Tammy ·

Het vandag n rekening in die pos gekry vanaf e-tol . Uiters swak dit is vir tolgeld van 2015 en daar is nie eers n registrasie van n voetruig op die rekening aangedui nie of enigsins n foto om te sien of dit wel my voertig is nie. Belaglike klomp, wie dink hulle gaan so n rekening betaal. Het in 2016 n rekening gekry met my voertuig se nommerplaat presies soos dit is, op n trok. Hulle kon nooit help om die probleem op te los nie, heeltemal onbevoeg vir die taak. Ek ry nie n trok nie. Sal dit graag hof toe wil vat sodat hulle vir my die bewyse kan voorhou.

humor ·

Ag maklik maak die eff mense bietjie kwaad vir die e tol gedoentes op die paaie en vertel hul hoe hul beroof en arm deur die regering gemaak word en se dis hoogtyd dat na die gedoentes op die paaie gekyk word.

Tom ·

Senokoane is EFF humor. Lees my latere kommentare en sy artikel.

fred ·

die ANC affilliated vakbonde is nou die grootste gevaar vir die ekonomie….hulle gaan al die privaat maatskappye verniel met hulle inmenging en belaglike eise..hulle het OOK lekker jobs wat beskerm moet word

Koos de Meyer. ·

As ek sien die venster koevert kom uit die Kaap gaan hy reguit asblik toe. Waar gaan ons lisensie geld heen, wat van al die heffing in die brandstof. Hulle sê mos…… En betaal is die wet van Transvaal. Maar e tol nooit.

Tom ·

Senokoane is ‘n EFF lid en ‘n teoloog wat hom beywer om Unisa te suiwer van Eurosentrisme en sodoende te transformeer.

Tom ·

Die opsomming:
The academic institutions in South Africa are systematically and structurally white. In short, shades of white ethics blight academic institutions such as Unisa. This article, therefore, aims to expose the argument that Unisa is still excluding black academics on the basis of race. Black academics are directly and indirectly subjected to institutional racism, which dramatically undermines their chances of academic success. Institutional racism, otherwise known as white ethics, positions itself as a standard or norm in the institution and at the same time places itself as the only good, and other experiences and knowledge as bad and does not meet the standard. The article will argue in contrast that blackness and black experience and knowledge should be placed as the good and whiteness as bad, thereby calling for black ethics.

Johanna Botha ·

Daar het die anc dit nou omdat hy so boetie met die vakbonde ….alles en almal staak …niks werk nie agv die anc

Neels ·

Die anc sal nie reageer nie want die vakbonde word in Luthuli huis gehuisves en daar word hulle leiers voorgese. Dit is alles net verkiesings retoriek. Wag tot na 8 Mei dan sal julle sien wat gaan hierdie korruptenare doen . Nuwe passasiers op die soustrein met nuwe drywer en kondukteurs. Skep gaan hulle skep met nuwe verhoogde belastings en heffings. Wag en kyk

Positief ·

Is daar enige iemand van wie julle hou? Mboweni is briljant en doen baie goeie werk. E-toll moes van die begin af nie geimplimenteer gewees het, maar dit is nou daar en aangesien daardie geld nie ingevorder word nie sit Mboweni nou met die gebakte pere. Mboweni is Ramaphosa se beste aanstelling tot dusver!

Avra ·

Positief, rolling stones gather no moss. Met hierdie man is almal “in for a penny, in for a pound” jy gaan nie meer 63c uit die rand belasting en heffing betaal nie, jy gaan 75c per rand betaal.

Ken hom, het saam met hom gewerk.

De Villiers ·

Hierdie vakbond (Apsa) verstaan nie so mooi die verskil tussen links- en regsgesinde politiek nie. Die ANC se optrede is JUIS linksgesind in dié sin dat hulle die samelewing wil beheer en die ekonomie tot nasionalisering en staatsbeheer wil dryf. Om dit te verwesenlik moet hulle die landsburgers se geld daarvoor aangewend. Dié dat Mboweni hierdie uitlatings maak. Apsa moenie links met regs in politiek verwar nie.

khat ·

Nee die vakbond is eff georenteer en onder steun die eff op als hulle is n kominustiese vakbond wat als soek vir hulle self

Foxi ·

Vergeet van Mboweni en wie ookal. Hlaudi sê hy het n PLAN vir SA . ?????
Miskien kan hy als regruk???

SARIE VAN HEERDEN ·

Mense gaan steeds ie tolgeld betaal nie want niemand is in ag geneem ivm die oprigting daarvan nie.

Elvira ·

Julle kan net nie genoeg “gemelk” kry nie. Foeter aan, die land is reeds op die randjie van die afgrond.

Georg ·

Die e-tol Poorte moet permanent op beurtkrag geplaas word en dan spaar eskom sommer ook krag wat hulle tans vermors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.