Vakbond wil SAL onder besigheidsredding plaas

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het in ʼn skrywe aan president Cyril Ramaphosa en ministers Nhlanhla Nene en Pravin Gordhan sy mening uitgespreek dat die bestuurs- en finansiële modelle van SAL onvolhoubaar, ondoeltreffend en onwerkbaar is.

Die vakbond het in die skrywe sy voorneme bekendgemaak om met ʼn hofproses te begin om SAL onder besigheidsredding te plaas.

Werner Human, adjunkbestuurshoof by Solidariteit, sê die ouditeur-generaal het in sy onlangse verslag sy kommer uitgespreek dat daar ʼn wesenlike onsekerheid bestaan of SAL as ʼn lopende saak kan voortbestaan, terwyl president Ramaphosa en ministers Nene en Gordhan hulle in die verlede sterk oor die sukkelende lugredery uitgespreek het en onderneem het om sake reg te ruk.

“Tans is daar dus geen ander keuse as om SAL, ten minste deels, te privatiseer nie,” het Human gesê. “Solidariteit nooi die president en ministers uit om sy aansoek om besigheidsredding van SAL te ondersteun en sal eerskomende Donderdag 12 April tydens ʼn mediakonferensie sy regstrategie rakende die proses bekendmaak.”

Om die volledige skrywe te lees, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willem ·

Die vakbond wil in die tel bly, hy wil relefant wees, niks anders nie. Die ANC is ook mos afhanklik van die vakbonde ….

Jef ·

Eers geen redding, toe n moontlike redding en nou n poging tot redding maar my insiens is redding nou te laat.
Solank SAL van korruptheid aanmekaar geplak is sal redding van die maatskapy te laat wees.

Daan Erasmus ·

Hier kom sports. Die howe werk op feite. En die feite is nie aan die regering se kant nie. SAL is ‘n parasiet wat die belasting betaler leeg suig.

Gerhard ·

Ek weet nie so mooi nie. Dit was so gewees in die verlede, maar meer so baie nie.

Eish ·

Besigheidsredding?
Dit kan slegs geskied indien die bates genoegsaam is om die besigheid volgens normale besigheidsbeginsels te bestuur tot winsgewendheid. Dit is hoekom daar bates moet wees, dit dien as sekuriteit tydens besigheidsredding vir finansiering. Die SAL is n leë dop, bankrot. Besigheidsredding is n uiters swak keuse. Dit gaan nie werk nie. Likwideer dit.

Johann Marx ·

Die belastingbetalers het nou al soveel “reddings-boeie” in SAL en Eskom inbetaal ons behoort vir die res van die ANC se termyn aan bewind verniet te vlieg, en gratis elektrisiteit te kry….

Gestremde ·

Privatiseer? Met grondonteiening en kommunisme soos deur ANC verkondig. Asseblief, moet nie voorstelle maak of artikels skryf wat ‘n blinde/stomme persoon sal aflag nie. Die land is besig om in duie te stort en is soos ‘n hooibal wat deur die wind aangewaai word en net al hoe groter word. Glo nie daar is enige staatsinstelling of semi-staatsinstelling wat nog bestuur word soos ‘n besigheid en wins toon nie. Al wat die land ken is korrupsie, moord, diefstal, vergrype ens.

Casper Labuschagne ·

“Om die volle skrywe te lees, klik hier” werk net mooi glad nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.