Vakbond wil skoolkalender laat aanpas

Foto:Pixabay

Die onderwysersvakbond Sadou het ʼn versoek aan die departement van onderwys gerig om die nodige wysigings aan die skoolkalender van 2023 en 2024 aan te bring sodat binnelandse en kusskole saam in die eerste week van Desember sluit.

Volgens Xolani Fakude, die hoofsekretaris van Sadou, vra die vakbond dat die skoolkalender se beleid hersien moet word sodat die vierde kwartaal vanaf 2023 vir alle skole in die land vroeër moet sluit, verkieslik die eerste week van Desember.

Skole aan die kus en in die binneland se kalenders verskil tans, met skole aan die kus wat jaarliks effens later in Januarie begin en die Maart-vakansie wat ook effens later plaasvind. Binnelandse en kusskole sluit almal gewoonlik om en by 16 Desember.

Fakude sê die beleid dat binnelandse en kusskole verskillende kalenders het, is verouderd en behoort hersien te word. Hy sê dit is aanvanklik só gedoen om verkeer op die land se paaie te verlig wanneer mense op vakansie vertrek en weer terugkeer huis toe aan die einde van die skoolvakansie. “Sadou is egter van mening dat die infrastruktuur van die land se paaie nou genoegsaam verbeter het om toe te laat dat alle skole op dieselfde tyd kan oopmaak en sluit.”

Hy sê ook daar was geen probleme toe skole in 2018 op dieselfde tyd gesluit en heropen het nie.

“Daar is geen opvoedkundige rede waarom ons nog twee verskillende kalenders moet hê nie.”

Fakude het aangedui dat die vakbond onderrigstelsels in ander lande bestudeer het, en tot die slotsom gekom het dat lande met een kalender vir alle skole meer akademiese voordeel daaruit put.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Marius ·

Dit is vir my baie duidelik dat die man nie baie in die land rond ry nie. Jy kan nie die land met ander lande vergelyk nie want jy gaan n bloedneus kry , danksy die regering se afwesigheid is baie aspekte.
Daar is net een SA , en dit is die een wat uitmekaar val.

Pieter ·

Dink die ou moet weer bietjie na homseld luister, jy maak n GROOT fout as jy dink enigge iets het in SA verbeter na die aNC oorgeneem het

modiglianigirl ·

Ek sukkel óók om die logika in die stelling waar te neem. Leerders van verskillende provinsies studeer onafhanklik van mekaar. Waar is die geadverteerde voordeel? Hmmm.

modiglianigirl ·

Die toestand van die paaie het genoegsaam verbeter?
Toe verstik ek in my tee!

JohanR ·

En dis hoekom hy terug skool toe moet gaan om sy Std 6 te kry!

Vonkprop ·

Wat ‘n simpel redenasie. Hou op om ons met ander lande te vergelyk. Ons is nie ‘n opkomende land nie maar ‘n afbrekende land en om ons met eerste wêreld lande te vergelyk is verkeerd. Net omdat ons belas word soos ‘n eerste wêreld land beteken nie ons is een nie. En as ons kyk na die dodetal op ons paaie elke groot vakansie is dit nie ‘n goeie idee om almal gelyk los te laat nie.

Hondjie ·

En desembers tel die dodetal weer op op die paaie asit ni hoeka bja was nie.maar nee slim vang altyd sy baas

Fronsie ·

“Sadou is egter van mening dat die infrastruktuur van die land se paaie nou genoegsaam verbeter”
Hahahaha – grap van die jaar..

Hardekwas ·

Hy het dit seker op die flat earh society se webblad gelees.

koos10 ·

Om te redeneer sonder al die feite en kennis is gevaarlik.

Redes vir kus en binnelandse skool kalenders is nie net die paaie nie. Die ouens by die kus het ook nodig om te “herstel” nadat hulle dorpe en stede oorval is met toeriste.
El glo daar is nog baie redes, maar ongelukkig gaan SADOU kry wat hulle wil hê, anders onttrek hulle hul steun aan die ANC in verkiesings, en dan is die ministers van die ANC werkloos.

Toetsie ·

Die land se paaie verbeter het????????????????????? oh my hat, hoe lag ek nou! Dit is virseker so gedoen vir verskeie goeie redes!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.