Vakbond wil staking by SAID verhoed

Argieffoto

Die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA) het gesê ʼn staking by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens kan waarskynlik verhoed word ná twee dae se “informele gesprekke” moontlik tot ʼn ooreenkoms sal lei.

Tahir Maepa, woordvoerder vir PSA, het gesê leiers van die twee grootste vakbonde by die SAID, PSA en Nehawu, het Dinsdagoggend met die SAID-kommissaris Mark Kingon en sy span vergader en alhoewel geen ooreenkoms tot dusver bereik is nie, is dié vakbond nie gekant teen ʼn voorgestelde skikking deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) nie.

Die vakbonde eis ʼn verhoging van 11,4%, terwyl die SAID sy aanbod tot 7% aangepas het. Die KVBA stel ʼn algemene verhoging van 8% voor; ʼn ooreenkoms oor swangerskapverlof; prestasiebonusse vir diegene wat daarvoor kwalifiseer en dat die salarisverhoging deel moet vorm van ʼn eenjaarooreenkoms.

“As daardie KVBA-ooreenkoms ter tafel gelê word, is dit waarskynlik dat ons ʼn oplossing sal vind,” het Maepa bygevoeg.

Hy het gesê ʼn formele vergadering in die onderhandelingsforum sal na verwagting Dinsdagaand om 18:00 plaasvind.

Die PSA het verlede week ʼn kennisgewing van ʼn staking op die SAID bedien, wat beteken dat werknemers van Donderdag sou begin staak. Die SAID het gesê hy sal eers kommentaar lewer ná onderhandelings afgehandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nick ·

Ai,ek wens ons kan sars boikot,jy sal darm maar sien hoe vining val die aste van die soustreine af,dis ons oplossing,draai die krane toe en laat die gespuis hul geld in China gaan soek,daarmee saam dank sommer al die “domestic workers ” ook af en doen jul eie werk,jy gaan darm n ander storie sien……….maar ja,ons mense is nie daartoe in staat nie,hulle is te bang vir ou Cyril,Julias en andile van blf !!!!!!!!!

Gert van Wierdapark ·

Ek verneem dat hul nou ook n vakbond vir diewe/skelms gaan stig. Dis baie goeie nuus vir huiseienaars, want niemand wat aan n vakbond behoort, sal n huis in sewe minute kan/mag leegdra nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.