Vakbonde boos ná SAUK 4 skors oor Cyril-blaps

‘n Skermskoot uit die uitsending.

Bemawu en CWU het te velde getrek teen die openbare uitsaaier se skorsing van drie permanente werkers en ʼn vryskutwerker ná die blaps met pres. Cyril Ramaphosa se toespraak.

Die SAUK het die werkers geskors nadat daar glo bewyse aan die lig gekom het dat pres. Ramaphosa se toespraak “gesaboteer” is.

Die voorval het verlede week plaasgevind toe die openbare uitsaaier die verkeerde weergawe van Ramaphosa se voorafopgeneemde toespraak op die program The Full View uitgesaai het.

Bemawu het die blaps as ʼn “bona fide-fout” bestempel en gesê die SAUK se skorsing van die werkers kom op magsmisbruik neer.

Die CWU het op sy beurt gesê die bewering dat Ramaphosa se toespraak gesaboteer is, bring verskeie vrae aan die lig.

“As die SAUK billik en objektief is, hoekom plaas hy dan nie almal wat betrokke was op voorlopige skorsing terwyl ʼn onafhanklike liggaam die saak ondersoek nie? Die uitspraak dat die president gesaboteer is, beteken bloot dat die saak nie deur die SAUK ondersoek kan word nie, maar deur die intelligensiedienste gehanteer moet word,” het die CWU in ʼn verklaring gesê.

Die SAUK se voorlopige ondersoek na die voorval het gewys dat beeldmateriaal vir die 18:00-uitsending van die president se toespraak betyds was vir ʼn behoorlike uitsending. Ten spyte hiervan is ongemagtigde veranderinge aangebring sonder dat daar met die nuuskantoor daaroor gepraat is.

Gevolglik het die program Ramaphosa se kleedrepetisie-toespraak aan die land gewys, pleks van die finale, korrekte weergawe, het Vuyo Mthembu, die SAUK se woordvoerder, gesê.

“Die SAUK gaan geen optrede of nalatigheid toelaat wat die openbare uitsaaier in oneer bring en sy pogings ondermyn om die sistemiese probleme met onwettige optrede en wanbestuur wat die instelling teister, uit die weg te ruim nie,” het Madoda Mxakwe, die SAUK se uitvoerende groephoof, gesê.

Phathiswa Magopeni, die SAUK se uitvoerende groephoof vir nuus en aktuele sake, het gesê daar gaan streng opgetree word teen enige werker wat betrokke is by aktiwiteite wat die SAUK se pogings om sy geloofwaardigheid te herstel, ondermyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

RH ·

Hahahahahahhaa its not sabotage. Its the 30% pass rate that has been employed. The only reason this was noticed was because its the so called president. Had it been someone else, an apology would have been issued from the broadcaster but because govt feels the heat, they now divert their feelings to words such as sabotage. Really sabc? Really anc? Insecurities you should have cos you’ve lost all control of your own kind. Keep employing those 30%ers.

Lou ·

Ai tog staats beheerde instellings bly nou maar net een groot gemors maak nie saak hoe hulle skarrel om die ooglopende onbevoegdhede te probeer toesmeer nie. Denel, SABC, Eskom, SAL, SA Express, Poskantoor, Provinsiale hospitale, Munisipaliteite ens, ens.

Ekke ·

………was dit nie veronderstel om n lewendige uitsending te gewees het nie?

JR ·

Nou hoekom het hy twee toesprake gehad daar behoort net een te wees ek het dit nie gesien nie maar vir wie was die ander een bedoel

Jimmy ·

Paranoïa, net soos in Zim. Binnekort kan werkers in die tronk beland.

Liberaal ·

Linkses berei n ekstra weergawe voor om die liberale agenda te bevorder en die ware kant van die storie belaglik te probeer laat lyk.

marous ·

Sit dadelik vir Haas Das en Wielie Walie terug . Dit behoort nie bo hul vuurmaakplek te wees nie .

KrokodilBotha ·

Waarom nog tv kyk. Kry adblocker en kyk youtube. Niks advertensies en dis 99 % meer info as n klomp soapies.

Oom Jaco ·

Hoe durf enigiemand enigiets doen sonder ń unie se toestemming!!

aj ·

Dit was seker daardie kaders wat elke hoofnuus berig verwring het totdat Malema die middelpunt van die berig was?

Welgedaan SABC!

wilma ·

Daar is by twee geleenthede waarvan ek weet tydens nuusuitsending op SAUK berig dat die Dros-sage plaasgevind het te Sinoville terwyl hier nie eens ‘n Dros in Sinoville is nie en in die media word gemeld dat die voorval te Silverton gebeur het. Wie moet hiervoor blameer word?

Onnodig ·

Hoekom die bohaai? Daar word elke dag veel groter foute gemaak as die en dit gaan ongesiens verby. As hierdie in so n ernstige lig beskou word, moes 50% van die bevolking al toegesluit gewees het. Wat van net geskors? baie min mense steur hulle in elk geval aan wat die ou man te se het.

Arak ·

Hierdie klink vir my baie soos die sabotasie van Koeberg waar hulle die moer gesoek het wat die turbine gebreek het…

Marius ·

Onnodig, ja jy is heeltemal reg. ‘n Week of wat terug het ons agbare Gwede Mantashe sy en die land se naam met ‘n groot plank te slaan deur bekend te maak dat daar nou ‘n nuwe mineraal genaamd “hazenile” in die “Congo” grotte in die Wes-kaap ontdek is! Sy toespraakskrywer is klipsteen onnosel en die agbare Minister se basiese kennis laat veel te wense oor. Wat het daar gebeur? Niks. Dis reg, stel die land maar in verleentheid, dis sommer niks. Hoekom is dit nie sabotasie nie?

Boskind ·

My vraag is net…..met so ‘n baie belangrike saak hoekom kon die president nie vanuit die hart praat nie?? Hoekom moes “wie ookal” vir hom ‘n script skryf?? Dit klink net of hy nie werklik die land se mense op die hart dra nie. Als is plastiek…..en “money talks”.
Ek vra maar net…

JR ·

Die SAUK is so deumekaar ek skakel in op die kanaal 156 onder sê die proegram kinders van die sabbatsee maar op die skerm wys Saartjie nou hoe nou

Klip inni Bos ·

Dan moet hulle sommer helte van die onbevoegdes in Parlement ook skors!

alwyn burger ·

Die geskorstes is maar net sondebokke wat die geoffer is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.