Vakbonde gaan betoog teen kragtariefverhogings

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en die National Union of Mineworkers (NUM) beoog om dié naweek in die Wes-Kaap te betoog uit protes teen die komende elektrisiteittariefverhogings wat Suid-Afrikaners in die gesig staar.

Die vakbonde sê hulle beoog om oor die naweek memorandums te oorhandig aan Eskom-bestuurslede, lede van die boubedryf-bedingingsraad (BIBC) en aan die departement van arbeid.

“Lede van die SAKP en NUM in die Wes-Kaap gaan die strate invaar om néé te sê vir dreigende elektrisiteittariefverhogings, néé aan onafhanklike kragprodusente en om Phakamani Radebe [waarnemende uitvoerende Eskom-hoof] te herroep,” het die vakbonde in ʼn verklaring gesê.

Die SAKP en NUM sê hy eis ook verandering van die boubedryf-bedingingsraad se lidmaatskapstelsel en die beëindiging van die manipulasie van lidmaatskapsfondse by dié liggaam.

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het in Junie vanjaar gesê hy gee Eskom die reg om R32,69 miljard ekstra te verhaal vir die boekjare 2014/2015, 2015/2016 en 2016/2017.

Dit kom nadat Eskom drie aansoeke betreffende ʼn regulatoriese aansuiweringsrekening (RCA) ingedien het. Eskom het aansoek gedoen vir ʼn 19,9% tariefverhoging om R66,7 miljard in addisionele inkomste te verhaal. Die aansoek is deur die meerderheid van die burgerlike samelewing, sakelui en verbruikers teengestaan.

Die komende kragtariefverhogings is nog nie vasgestel nie.

Eskom is tans in ʼn stryd gewikkel met vakbonde oor werknemers se loonverhogings met die kragvoorsiener wat aanvoer sy benarde finansiële posisie laat hom nie in staat om aan die vakbonde se looneise te voldoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Tinus ·

Tariewe behoort net verhoog te word vir verbruikers wat meer as ‘n sekere inkomste verdien en in luukse woongebiede bly of besighede bedryf.
Taxibestuurders en ander publieke vervoer operateurs behoort ook spesiale kwytskelding van brandstof verhogings te kry.
Dit is hoog tyd dat die armstes bietjie ekonomiese verligting ervaar.

Markus Venter ·

Jou denkwyse is parasities van aard. Hoekom moet die wat reeds die meeste bydrae in alle vorms van belastings verder gestraf word met addisionele belastings? Die probleem van wanbestuur en diefstal word dus in die vorm van addisionele belasting afgedwing.

Tinus ·

Dis slegs oorlewingstrategie. Toegewings en opofferings sal gemaak moet word. Die alternatief, ‘n volskaalse revolusie, sal die rykes nie net van belasting stroop nie, maar alles sal in die slag bly.

D V ·

Ek verstaan nie hoekom Eskom elke jaar ver bokant inflasie koers hulle tariewe moet verhoog nie.

martie ·

Nou verstaan ek gladnie want ons Munisipaliteit het al klaar n prysverhoging op ons rekeninge ons krag word nou onbetaalbaar duur op ons prepaid meters.

thaba ·

ons thaba chweu munisipaliteit het die krag al twee verhoog in 2018.

Kan nie meer nie ·

Tinus,
Hierdie mense waarna jy verwys wat hoër krag tariewe moet betaal, sodat die ander mense gladnie hoef te betaal nie, is reeds die mense wat hulle flou betaal aan inkomste belasting.
Daar is mense wat baie verdien, ek is nie een van hulle nie, maar dit is ook die mense wat meer as 5 dae per week werk en ook nie net van 8-5 nie. Hulle weet wat lang ure werk beteken. Nou praat ek nie van die wat net op die soustrein is nie.
Hierdie tariewe gaan ‘n groot invloed hê op inflasie ens. Dit kos die produsent meer aan besproeiing om voedsel te produseer en die verbruiker moet weer meer betaal.
Niks kry ‘n einde nie.
‘n Handjie vol burgers kan nie vir die massas bly sorg nie.

Flojo ·

Ek glo Tinus sê dit tong in die kies, ‘n regdenkende mens kan tog nie so ‘n argument voer nie?

Tinus ·

Ek dink ook staats-ouderdomspensioene moet ten minste dieselfde bedrag as die minimumloon wees. As ons hierdie land wil red sal ons na die armes moet kyk!

JH ·

As ek my belasting geld self kan gebruik sal ek oor niks kla nie.

Koos de Meyer. ·

Van watter armes praat Tinus want ons mede lands burgers kry alreeds R410. 00 per kind. Dan staan hulle nog by die robot met ‘n kleintjies dat jy hulle moet jammer kry. In Pretoria kry hulle 12 kilo liter water en 100kw eenhede verniet. So hulle betaal nie riool of dergelik belasting nie. As hy minder R8000. 00 per maand kry betaal hy nie erf belasting nie. Die Taxi’s kry alreeds subsidies op die brandstof. Hulle betaal ook nie e tol nie. Ons moet maar net betaal dis mos die wet van Transvaal.

Koos de Meyer. ·

As jy jou belasting geld self kan gebruik sal hulle nie ‘n koei hê om te melk nie, maar dit sal nooit gebeur nie.

GM ·

Tinus, ek hoop nie jy is ernstig nie. Die mense wat besighede bedryf en in ryk areas bly, werk meestal hard om daar te kan wees. Ek praat nie van almal wat net skep en agteroor sit nie. Meeste van die ‘armes’ waarna jy so verwys, is daar omdat daar kind op kind gekry word en nie vooruit gedink word aan die dag van more nie. Baie van hul is daar omdat hulle nie WIL werk nie. Baie van hulle is daar omdat hulle skole afgebrand het uit protes. So is daar BAIE voorbeelde. Die meerderheid van die jeug ‘demand’ net, maar word nie geleer dat mens moet werk vir wat jy in die lewe wil hê nie. Almal wil gelyk wees, so laat almal betaal. Daar is mense wat 3 werke het om te oorleef, hulle gaan sit nie net agteroor en verwag dat die ‘rykes’ vir hul moet sorg nie, hulle beraam planne. Sulke tipe mense moes die land regeer het!

Francois ·

@ Tinus, kragtariewe hoort vir almal verminder te word, nie net die armes nie. Weens ‘n gebrek aan beplanning asook JARE se wanadministrasie moet Jan Publiek nou vir hul gemors opdok. Se voet!!

Of jy nou van die SAKP of NUM hou of nie, hul staan ten minste saam aangaande hierdie kwessie – gaan ons Afrikaners óók protes-aksie loots teen verhoging van tariewe? Of gaan ons soos oudergewoonte weer skitter in ons afwesigheid….. vra maar net.

marco polo ·

Hoe werk die mense se somme? Hulle wil nie tariefverhogings he nie, maar salarisverhogings. Waar moet doe ekstra geld daarvoor dan vandaan kom?

jaco ·

Eskom wat deur die ANC-regering beheer word, stel die verhogings in tariewe in. Dan staak die SAKP, wat in alliansie is met die ANC en dus deel is van die regering, teen die verhogings. So die SAKP staak eintlik teen hulleself. Iets maak nie sin nie. Is die SAKP dus in en uit soos wat dit hulle pas?

snoefie ·

ek het 1april besef dat ek minder kw vir my geld gekry het as vorige maand. 1 julie het ek nog minder kw gekry as junie. hoeveel verhogings moet ons nog deurstaan terwyl hele gemeenskappe die land deur onwettige kragvervindings het en niks word daaromtrent gedoen nie! as al hierdie onwettige verbindings en kragbruggings verwyder word, sal ons krag kan kry teen 25% van wat ons huidiglik betaal.

CHRISTA ·

Tinus, ek weet nie hoe oud jy is nie, maar voor die 1994 verkiesing het Mandela en sy trawante “free education, free housing, free water and electricity, free medical services” belowe!! Hierdie 4 departemente is besig om ALMAL in mekaar te tuimel!!

Nou skielik kom die ANC met die storie dat hulle nie eers “free education” kan bekostig nie!! WAT ‘N GRAP!!!

Talk is cheap but money buys the whiskey!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.