Vakbonde moet hoes vir skade tydens Transnet-staking

Die haweterminaal in Kaapstad. (Foto: Transnet)

Die DA dring daarop aan dat vakbonde moet opdok vir skade wat hul lede tydens die staking by Transnet aanrig.

“Al die vakbonde wat deelneem aan die onwettige en onbeskermde staking by Transnet moet ten minste betaal vir enige skade wat aan infrastruktuur aangerig word weens hul lede se optrede,” sê Ghaleb Cachalia, die DA se woordvoerder oor openbare ondernemings.

Transnet, wat Suid-Afrika se spoorvragnetwerk en al die land se hawens bedryf, het verlede week ʼn dooiepunt met vakbonde bereik oor salarisverhogings. ʼn Gevolglike staking het die reeds sukkelende staatsbeheerde instelling nog verder lamgelê.

Volgens Cachalia het die stakers verlede week paaie in Durban en Richardsbaai versper toe hulle sement in die middel van die pad gegooi het.

“Pleks daarvan om sy lede se optrede in bedwang te bring, het die vakbonde besluit om die situasie te vererger deur te dreig om Transnet heeltemal lam te lê.”

Kumba het reeds gewaarsku dat die staking sy produksie swaar gaan tref. In die eerste sewe dae van die staking is die uitwerking op produksie sowat 50 000 ton per dag. Ná sewe dae word dit tot 90 000 ton per dag verhoog.

Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vragversenders (SAAFF), dr. Juanita Maree, het ook gesê dat die staking ʼn verwoestende uitwerking op die ekonomie sal hê.

“Die belangrikheid van Transnet vir die land se ekonomie kan nie onderskat word nie en dit kan nie vir ʼn losprys gehou word deur vakbonde wat min agting het vir die lot van die nasie nie,” sê Cachalia.

Die DA is bekommerd dat die staking eindelik in ʼn krisis soortgelyk aan die huidige kragprobleme gaan eindig.

“Transnet behoort sy man te staan en dit duidelik te stel dat enige werker wat aan hierdie onwettige staking deelneem, nie betaal sal word vir enige dae wat hulle by die werk afwesig is nie,” sê Cachalia.

“Transnet se versuim om dit te doen sal ʼn slegte presedent skep en moedig vakbonde net verder aan terwyl hulle reeds die welstand van elke Suid-Afrikaner geïgnoreer het.”

Transnet het vroeër force majeure by sy hawens verklaar terwyl lede van die vakbond Untu begin staak het. Satawu se lede het Maandag by hulle aangesluit.

Transnet en vakbonde vergader Maandag by die Transnet-bedingingsraad onder die vaandel van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) in ʼn poging om die dooiepunt by te lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Bite Me ·

Hulle sal aanhou en aanhou tot hulle kry wat hulle wil en nog alles op hulle pad vernietig ook! Ons kort ‘n Margaret Thatcher in SA.

Cherokee ·

Margaret Thatcher sê jy. Die ystervrou. Moet nie vergeet, terwyl jy haar ophemel, sy het die anc, terwyl hulle nog ‘n terroriste organisasie was en stasie en winkelbomme geplant het in Suid Afrika, toegelaat om ‘n hoofkantoor in London te bedryf.

Manie ·

Verhaal die skade van die werkers se salarisse, dan sal ons gou sien hoe hulle die unies in die pad steek.

Hannelie ·

Manie ek stem saam met jou, maar verhaal dit van die stakende werkers. Want onthou daar is van hul wat werk, hul teken so aan in die “Attendance registers”. Daar kan hul mos sien wie staak en wie nie, en laat hul betaal.

Hayntjie ·

Wanneer vakbonde se lede vandalisties, kwaadwillig of krimineel optree, behoort die betrokke vakbond vir alle skade aanspreeklik gehou te word. Igv van onwettige stakings ook vir ekonomiese verliese. Hoekom word vakbonde nie vervolg wanneer hofuitsprake geminag word nie?

Yvonne ·

Die Howe beteken nie veel vir ons nie net vir our people….so dit is eintlik n tandlose hond

Jannie van Niekerk ·

Ek sal sê lê beslag op die vakbondleiers se persoonlike bates (Pensioenvoordele ingelsuit) VOOR die staking en indien daar enige skade is agv van die staking, verkoop sy bates. Indein dit vreedsaam en skadeloos verloop, gee dan sy bates VOORWAARDELIKI terug.

Danie ·

Daar baie werklose mense in SA .Ontslaan die werkers wat nie wil werk en stel gewillige harde werkers aan.Dalk het Transnet nuwe bloed net soos Eskom nodig.

Nicholaas ·

Dit is n briljante idee, en sommer enige politieke party wat geweld aanhits.

Marelize ·

As hulle skade aanrig moet hulle betaal om dit reg te maak. Die beskadiging van infrastruktuur het niks te doen met lone nie. Hoe breek jy ‘n ding wat jy more gaan nodig hê om jou werk mee te doen?

SwartBees ·

Mooi gedoen! Knap gedaan! Hoog tyd dat hulle bietjie die las van die skade dra. BASTA!Weg met vakbonde!!!!

Roelof ·

Vakbonde die grootste oorsaak van werkloosheid. Lê Transnet lam dan sit al die werkers sonder inkomste. Hoop die vakbonde betaal dan hul salarisse

Leon ·

Ja SA , vra vir Lindewe Sisulu hierdie is n wonderlike veilige land, sy het net een woord verkeerd in haar stelling , die is , moet was wees

Nonnie ·

Die duiwel en sy trawante saai chaos sovêr hulle gaan……

Yvonne ·

Dwing SA op sy lam en stukkende knie…..daar bly nie meer veel oor om te verniel nie….so boere word nou weer geteiken…tragies tragies……en by watter hof gaan die weer draai…..?????

Annelize ·

Manie: Daar moet onthou word dat nie al die werkers van Transnet aan die vernietiging deelneem nie en waarom moet hulle dan ook verantwoordelik gehou word vir die skade. En sal jy tevrede wees met eers geen verhogings vir 3 jaar, toe 1% (aanvanklik, maar nou 4%) salaris verhoging en die inflasie koers is 4,6%. Die werknemers word vir die afgelope +- 10 jaar dieselfde subsidie vir medies en behuising gegee maar daardie premies gaan jaarliks (medies) en nou selfs tot maandeliks (rentekoerse) op. Die werknemers moet presies dieselfde verhooogde eleketrisiteit, petrol en daaglikse uitgawes as jy betaal maar Transnet verwag hulle moet oorleef met die “aalmoese” wat hulle gee. En moenie se dat Transnet finansieel in die moeilikheid is nie, want dit is nie die werkers wat nou staak se skuld nie, die is die brulpaddas wat hulle self nog vetter voer, wat in beheer is van Transnet wat dit veroorsaak het. Hoekom dink jy is daar ‘n ruk terug van die bestuur afgedank? BEDROG GEPLEEG VAN MILJOENE

Schalk ·

Annelize, jy is reg maar vernietiging tydens stakings van infrastruktuur kan nie regverdig word nie.

Jannie van Niekerk ·

En terwuyl die vakbondlede SONDER salaris moet staak verdien die vakbondleiers ‘n miljoen rand per sekonde en ry met peperduur Duitse en Sweedse motors rond en lag hulleself onkapabel vir die onnosel spul werkers wat hulle (die avkbondleiers) se sakke violmaak. Vakonbondleiers dra ni die belange van die rwerkrs op die hart nie, hulle is net oor huile ieie sakke begaan.

Pierre ·

Betoog vir werk, en sodra jy werk kry, dan strike jy daar oor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.