Vakbonde oorweeg nou eenjaar-ooreenkoms met Eskom

Argieffoto: GCIS

Loononderhandelinge tussen vakbonde en die kragreus Eskom is Dinsdagoggend hervat.

Livhuwani Mammburu, woordvoerder van National Union of Mineworkers (NUM), het in ʼn televisieonderhoud met eNCA gesê dat die vakbonde vir Eskom twee opsies gegee het vir ʼn eenjaar-ooreenkoms óf ʼn driejaar-ooreenkoms.

Eskom het Vrydag ʼn 7%-verhoging vir vanjaar ter tafel gelê met ʼn 6%-verhoging vir die volgende twee jaar.

“Die drie vakbonde [NUM, Numsa en Solidariteit] het ʼn koukus gehou en het ooreengekom dat ons vir nou vir ʼn eenjaar-ooreenkoms gaan druk aangesien Eskom se aanbod nie eens naby [aan ons eise] kom nie. Ons stel ʼn 8%-verhoging vir die eerste jaar [2018], R500-behuisingstoelaag en ʼn 12%-bonus voor. Die driejaar-ooreenkoms is 8% vir die eerste jaar en 8,5% vir die volgende twee jaar,” het Mammburu gesê.

Eskom het die behuisingstoelaagvoorstel verwerp en het die vakbonde laat weet hulle sal moet wag vir Eskom se geouditeerde finansiële state om afgeteken te word voordat ʼn bonus oorweeg kan word.

Eskom is tans in ʼn maandlange stryd gewikkel met vakbonde oor werknemers se loonverhogings. Die kragvoorsiener voer aan sy benarde finansiële posisie laat hom nie toe om aan die vakbonde se loon- en ander eise te voldoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

John ·

Solidariteit praat uit twee monde…. so jammer vir die werkers en tog so jammer vir die gewone burgers en dan is ‘n klomp republieke (kyk hoe smile Malema) ook nog in die ‘goudpyp’-lyn waar die armlastige inwoners ook nog belasting sal moet opdok vir die salarisse van die Afrokane in die 2e ou Suid-Afrika nadat die wittes by die myne en van hul eiendom uit-/afgeboelie is. Heerlik sit ons daar en uitdood en wag vir rantsoene vanaf die voorheen witplase waarvandaan ons weggehol het na’ ‘n weereens-referendum vir nog ‘n: Kom ons hol boere…’ Solidariteit is ‘n unie, nie ‘n party nie en tel sommer nou my nee, want dwaasheid het nou ‘n spul Afrikaners beet. Moenie die hele volk bytel en hul voortbestaan vernietig nie. Spring gratis en verniet tussen die duiwels in die diep blou see. Te veel ooms wil steeds trekkerboereleiers wees. Te laat…. agtertoe-kyk is doodsake en sonde…

Petro ·

Daar is berigte wat die rondte doen dat top struktuur reeds groot salaris verhogings en bonusse gekry het. As dit waar is wys dit net hoe korrup die stelsel is.
Verder kan Eskom dalk geld bespaar as hulle minder admin personeel aanhou wat hulle tyd in kantore verwyl om eskom tyd en toerusting te gebruik om ENIGIETS behalwe hulle werk te doen. Daar is diesulkes in hulle diens.

derick ·

ja dis waar die top bestuur kry al die voordele en die arme werkers niks ,wat eintlik die werk doen nie,so die vakbonde moet saam staan teen Eskom se aanbod,so kan dit nie aan gaan nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.