Vakbonde skop teen afleggings by SAL

Argieffoto van ‘n Cosatu-betoging deur lede van Numsa

Die vakbond vir metaalwerkers in Suid-Afrika (Numsa) en die Suid-Afrikaanse vereniging vir kajuitpersoneel (SACCA) sê hulle sal nie afleggings by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) aanvaar nie.

In ʼn gesamentlike verklaring sê Numsa en SACCA daar is nie vooraf met hulle beraadslaag oor afleggings nie, want daar is tot op hede nog geen sakereddingsplan vir die lugredery uitgereik nie. Hulle beskou dit as ʼn klaaglike mislukking aan die kant van die sakereddingspraktisyns.

Die lugdiens se sakereddingspraktisyns het ʼn voorstel ingedien om die arbeidsmag van die SAL in sy geheel te ontbind. Vakbonde asook werknemers wat nie aan ʼn vakbond behoort nie, het nou tot 24 April om die ooreenkoms te aanvaar.

Die lugredery is diep in skuld gedompel en reeds in Desember in sakeredding geplaas. Die regering het boonop verlede week die lugredery se aansoek om R10 miljard bykomende befondsing afgekeur. Die SAL se finansiële penarie is daarbenewens vererger deur die gevolge van die Covid-19-pandemie. Analiste sê nou dit laat sakepraktisyns met geen ander keuse as om die SAL te laat likwideer of werknemers af te dank nie.

Die vakbonde sê hulle is glad nie geken in die ontwikkeling van ʼn sakereddingsplan nie. “Nou word ʼn gesamentlike ooreenkoms aan ons voorgehou wat heeltemal strydig is met pogings om die SAL te red. Dit is teen dié agtergrond wat ons die voorstel verwerp,” sê die vakbonde.

SACCA en Numsa sê hulle is tans in gesprek met die regering en aandeelhouers in die lugredery en is oortuig die SAL kan en sal gered word. “Ons sien dus geen nut daarin om werkers aan hierdie gruwelike planne bloot te stel as daar nie eens ʼn sakereddingsplan is nie.”

Intussen het die DA ʼn beroep op sakeredders gedoen om die SAL te laat likwideer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Beste NUMSA en SACCA. Ek het diepe begrip en empatie met al die mense wie werk gaan verloor en die slegte gevolge daarvan. My vraag aan julle is dit. Het julle enige konstruktiewe en werkbare alternatief anders as dat publiek ‘n bankrot SAL moet finansier?

Vriendelike Frikkie ·

Ek wil ook weet by die mense wat so raas en dreig oor die probleme; was dit nie juis julle wat met elke verkiesing die skelms herverkies het nie? Wat jy saai, MOET jy ongelukkig maai. Hierdie en vele ander katastrofes is julle eie toedoen.

Elsa ·

Vakbonde in Suid Afrika moet doen soos hul destyds in Britanije gedoen het. Met staking en afleggings moet die unies vir lede sorg.
Jammer die regering sal nie unies onwettig verklaar. Dis waar die President sy geld gemaak het, en nog dalk nog steeds.

Nie Verbaas ·

Vakbonde, waar was julle toe ANC SAL wanbestuur het? Vanaf 2011 het SAL teen n verlies geloop. Hoekom is daar nie toe al ingegryp om julle lede te beskerm nie?

Tino ·

Want toe ry die unies ook die soustrein…

Ek antwoord seker net die retoriese vraag hier…

Frans ·

Die vakbonde verstaan nie die funksionering van ‘n besigheid nie.Die SAL het selfs onder gunstige omstandighede gesukkel om mededingend te wees in ‘n uiters kompeterende mark.Hulle besef nie dat die SAL nie in ‘n sentrale ‘hub’ geleë is nie soos bv in Europa of Amerika en dat daar strawwe mededinge
op alle winsgewende roetes is nie.

Tog dring hul steeds op verhogings aan en verstaan nie dat die SAL bankrot is nie.

Die Wolf ·

Die melk het nou opgedroog. Ekonomiese beginsels bestaan nie. Net my eie sak.

Anoniem ·

Dit is jammer dat mense nou hul werk gaan kwyt wees maar dink daaraan dat SAL nie die enigste is nie. Duisende ander werkers gaan ook hulle werk verloor en ek is waarskynlik ook een van hulle, maar ongelukkig is dit die verloop van die lewe en ek se dit want pensioen het ek nie ek sal maar ook aangewese moet wees op sassa. Die mense moenie nou dat unies vir hul voorskryf nie. SAL bied jou nou die geleentheid om n skeidingspakket te kry. Kom ek vertel jou wat jare terug met my gebeur het. Ek het vir n firma gewerk en daar was geen sprake van afleggings of die sluit van die firma nie. Ons het nog oortyd gewerk die naweek en die Maandag toe ons by die werk kom is die hekke gesluit. Firma bankrot en ons moes eise intstel en het niks gekry “0” nie eens 5sent uit elke rand. Gelukkig in daardie tyd was werk vir vakmanne volop. Dink en besluit self moenie dat n ander wat met sakke geld sit en vir jou besluit nie. Unies gee niks om vir jou.

Strandloper ·

Voel so jammer vir almal. Dalk net dalk moes hul daar aan gedink het met die vorige verkiesing…

Tino ·

Daar is nie pille nie, mens dra maar net die letsels van jou gedrag

Ruben ·

Hoekom gee die vakbonde nie die R10 miljard rand aan SAL.Probleem opgelos

Kobus ·

Die stert wil nou die hond swaai.Vakbonde kan begin kyk na produktiwiteit.Meet die aantal SAL werknemers per vliegtuig teenoor bv VSA ,Emirates,BA ens.Soos ons nou al gewoond is,demand hulle net.Is hulle bekommerd oor die werksverliese of oor hulle inkomste wat nou gaan daal.Nog nie een van die “fat cats” van die vakbonde het ‘n vermindering in salarisse aangekondig nie. Stem saam met ander kommentare,toe die rooiligte in 2011 begin flikker het,waar was julle toe? Die sakeredding is gedoem aangesien die ANC ook hulle vingers in die “paai” wil hou,bloot daarop gerig om populisties te wees.My verstaan van sakeredding was is dat die persoon/e aangestel dieselfde magte en bevoedhede het wat ‘n hof het.Politiek is egter die teenwig.Indien Maria Ramos as sakeredder aangestel was sou die probleem nou iets van die verlede gewees het.

Jessey ·

Ruben, ek stem geheel en al saam, die vakbonde wat so maklik staak kan gerus as ‘n “UIF” dien, en hulle lede basiese kostes betaal as hulle staak, aangesien die bestuur van die vakbond hoofsaaklik die besluit maak om te staak, dink ek net dit is regverdig, dis nie asof hulle fooi afgeskaal word as die werkers staak nie.

Tweedens, kan die dien as ‘n geleentheid vir SAL, om in die tyd moontlik te kyk na minimum personeel, en wel vir die wereld koste effektief goedere te skuif (siende mense nie rondgeskuif ka word nie, maar tog ge repratieer kan word). Maak dit nie sin om die vliegtuie te gebruik met minimum personeel en goedere te skuif, maak net seker die personeel kom nie in aanraking met persone wat die goedere laai en aflaai nie.

Moontlik kan hulle actually geld maak daardeur. Net so bietjie denkend daaroor. Hoekom moet Chinese vliegtuie produkte rondvlieg en geld maak daaruit. SAL kan mos ook

Rodger17 ·

Laat die vakbonde saamclub en SAL uitbyl uit sy verknorsing.Vakbonde lê!! hierdie ekonomie lam met die belaglike onredelike eise!Hierdie anc regering wat kop in een mus is met hierdie vakbonde het hierdie president geskep vir hulself en hierdie land se ekonomie!Wat jy saai sal jy maai glo my hier is die bewys duidelik!Die vakbonde wil keer want anders verloor hulle die ledegelde van die massas werknemers.Verklaar SAL bankrot nou eerder as later!

Die Wolf ·

Stel voor die vakbonde koop SALen bestuur dit. Mag dit ook nie onder vehuur nie. Werknemers mag egter nie ledegeld betaal nie want dit was alreeds gedoen. Jare al. Miskien sal hulle vinnig ekonomiese beginsels leer.

Gawie ·

Die vakbonde besef nog steeds nie dat hulleself ‘n groot aandeel in SAL se bankrotskap het nie. Vroeër, toe die lugdiens dit die minste kon bekostig, het hulle besluit om te staak. Dit het daartoe gelei dat menigte vlugte afgeskaf moes word, en ‘n klomp reisigers het oorgeskuif na ander betroubare rederye toe – nie net vir die stakingstydperk nie, maar permanent. Gereelde reisigers kon net nie meer met die onsekerheid hulle beplanning doen nie.
As die vakbonde dan so gretig is om die lugdiens aan die gang te hou, hoekom skenk hulle nie die R10 biljoen wat nodig is nie – dan kan hulle ook voel hoe dit is om geld in ‘n bodemlose put te gooi.
Soos iemand anders tereg hier genoem het – waar was die vakbonde toe al die wanbestuur plaasgevind het, of het hulle dalk ook voordeel daaruit geput?
Ek dink nie die vakbonde is soseer bekommerd oor die mense wat hulle werk gaan verloor nie, hulle is eerder bekommerd oor al die maandelikse premies wat hulle gaan verloor.

Gawie ·

Wat gaan die vakbonde maak as hulle nie hulle sin kry nie – staak? Daar is nie mense by die werk wat kan staak nie!

Raadslid ·

As SAL nie meer bestaan nie wat dan?
Dan is daar niks om te skop nie…..

Charmain ·

Baie jammer vir almal wat hulle werk gaan verloor, veral diegene wat nie aan al die stakings deel geneem het nie, diegene wat besef het jy kan nie bloed uit n klip tap nie. Wat het die vakbonde met die staking bereik?

Piet parys ·

SAL KAN MAAR TOEMAAK want daar is nie geld die boom waaraan geld gegroei het gevrek ( DIE BELASTINGBETALERS ) Vakbonde wil altyd besighede voorsè wat om te doen. Vakbonde se salaris verhogings en salaris struktuur word nooit openbaar gemaak nie . Hulle weet wanneer besighede toemaak verloor hulle lede geld en dit raak hulle buitensporige hoè salarisse .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.