Vakbonde verklaar dispuut met regering oor salarisse

geld 4

Argieffoto.

Cosatu-ondersteunende staatsdiensvakbonde het amptelik ʼn dispuut met die staat as werkgewer verklaar omdat die skriftelike drie jaar- salarisooreenkoms van 2018 nie geïmplementeer word nie.

ʼn Konsiliasieverhoor kragtens arbeidswetgewing is nou vir Dinsdag (28 April) belê om die kwessie te probeer bylê, maar die kanse op ʼn ooreenkoms lyk skraal.

Die staat en staatsdiensvakbonde het in 2018 ʼn ooreenkoms vir salarisverhogings vir die daaropvolgende drie jaar bereik, wat ook die huidige (nuwe) finansiële jaar dek, maar nou bied die staat twee redes aan hoekom die salarisverhogings nie meer uitvoerbaar is nie.

Die eerste daarvan is dat die staat se finansiële en fiskale posisie merkbaar verswak het, soos in die nasionale begroting aangedui deur Tito Mboweni, die minister van finansies.

Die tweede, soos verwoord deur Popo Moja, die departementele woordvoerder, is dat die koronavirus en die stryd daarteen selfs groter druk op staatsfinansies plaas.

Die staat het dus ʼn salarisverhoging voorgestel van 4,4% vir posvlakke 1 tot 7, en 0% vir alle ander posvlakke, met dien verstande dat 3,7 persentasiepunte van die 4,4% as ʼn eenmalige bedrag uitbetaal sal word en dus nie ʼn kumulatiewe salarisverhoging sal verteenwoordig nie.

Die aanbod is nie vir vakbonde aanvaarbaar nie. ʼn Vakbond-onderhandelaar het aan Maroela Media gesê die konsiliasieproses is die volgende stap om alle strukturele moontlikhede uit te put voordat vakbonde hulle na die arbeidshof wend vir ʼn verklarende bevel om die 2018-ooreenkoms met gepaardgaande verhogings af te dwing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Remondo ·

Verdomp wees bly daar is nog werk , unies moet ophou die land kniehalter kyk wat hulle reggekry met SAL

Jaco ·

Ek hoor jou, maar wat van die verpleegsters en dokters in die staatsektor wat hulself amper doodwerk vir peanuts?? Ek sou sê die spul “fatcats” bo aan die ranglys verdien wel nie n verhoging nie.

Jaco ·

Van een Jaco aan ‘n ander Jaco. Stem in ‘n groot mate saam. Ek dink almal wat deur die hierdie pandemie die land se wiele aan die rol gehou het, behoort ‘n groot verhoging. Waar ek effens van jou verskil is die “fatcats” bo aan die ranglys. Ek dink die ministers en parlementslede het reeds ‘n derde van hulle maandelikse salaris opgeoffer as ek reg is. As jy egter bedoel die senior bestuur in die staatsdiens, maak jy ‘n groot fout. Hierdie mense is hoogs bekwaam en meeste van hulle werk bitter hard om hierdie oorgroot en lomp staatsdiens aan die gang te probeer hou. Dit is vol dooie hout en na 24 jaar het die regering nog niks gevorder met ‘n meriete gebaseerde vergoedingstelsel nie. Almal op dieselfde skaal word dus dieselfde betaal en oor die jare heen is die onderste range se salarisse dramaties vinniger laat styg as die bestuur en is daar geen rede vir iemand om in bestuur te gaan nie. Dit kom basies neer op ‘n salaris verlaging, vir tien keer meer werk.

Kokerboom ·

Sommige vakunies is uit voeling met die werklikheid, bloot arrogant, onbuigsaam en duidelik kortsigtig.

Santie ·

Ons kan agterkom julle werk nie vir die staat nie. As iets vir julle belowe is sal julle dit wil he

Jandup ·

Ons moes ‘n salaris vermindering aanvaar. Ons voordele is verminder. Maatskappye staar bankrotskap in die gesig. Geen vehoging of bonusse die jaar. Nou wil die staatsdiens kla oor die verhoging. Vat dit ook weg. Almal in die land kry nou swaar.
Werk bietjie saam met die organisasies wat op die oomblik hulp verleen. Almal vrywilligers. Doen dit vir die liefde van die saak.
Jaag almal wat kla oor die verhoging weg en kry die mense wat nou werkloos is wat enige pos met dankbaarheid sal aanvaar om die werk te doen

Willem ·

Gedink die regering is dom, kyk nou die unies. Daar is geld vir niks hoop hulle verbied unies na die virus

Nie Verbaas ·

Blote arrogansie of onvermoe om die ekonomiese toestand van die land te verstaan? Weereens wil die stertjie die hond swaai.

Sarel ·

Almal probeer die krisis oorleef behalwe die Vakbonde. Dien wat hulke die beste doen roep staking uit.

Zoey ·

Terwyl almal in afsondering was, was dit die staatsamptenare en gesondheidswerkers wat aangegaan het en die publiek probeer beskerm het. Dikwels sonder die beskermde klere en ontsmettingsmiddels. Al wat hul nou wil hê is n verhoging wat 3 jaar terug goedgekeur was. Die staat het nie n probleem gehad om die landdroste, aanklaers en Inkomstediens se verhoging te gee nie, hulle het klaar gekry. Dis verstaanbaar dat die land nou sukkel, maar bied dan net n laer presentasie aan.

johanf ·

Die geveg teen die Virus het nog nie naastenby sy hoogste vlak bereik nie…….kan hulle nie net uit menslikheid wag tot die sterftetal eendag ń daling toon nie, net my beskeie opinie…… Ons is nog steeds in afsondering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.