Vakbonde verklaar dispuut teen werkgewers

Argieffoto (Foto: MEIBC, Facebook)

Die vakbond Solidariteit het Donderdag saam met verskeie ander vakbonde ʼn dispuut teen werkgewers in die metaal- en ingenieursbedryf verklaar in die loononderhandelinge wat tans by die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) aan die gang is.

Dit volg nadat ʼn dooiepunt ná twee rondes van onderhandelinge bereik is.

Volgens Marius Croukamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, het die werkgewers eise op die tafel geplaas wat nie vir Solidariteit aanvaarbaar is nie. “Solidariteit bly daartoe verbind om vir ’n loonskikking te onderhandel,” sê Croukamp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Riaan Myburgh ·

Die metaal bedryf is in sy glory in, nou wil hulle nog stry oor lone!?. Wees dankbaar julle het werk man!!!

Jacques Venter ·

Daar moet terug gegaan word en die oorsaak van die probleme in die staal bedryf gesoek word.

Beslis nie WMC nie, moontlik die ander ekonomiese mag waaroor so baie geskryf word

John ·

Diegene wat werk het voel niks vir werkloses nie. Al wat gaan gebeur is dat sou lone in der mate verhoog word, ‘n klomp werkers in die stof gaan byt om die sypaadjie-brigade verder aan te aanvul.

Piet vd Merwe ·

Na baie jare kan ek julle vakbonde vertel ek maak nie geld nie, ek rol net geld om my werknemers te hou. Ek kompeteer met Sjina in Afrika wat tot 30% goedkoper is. Vir my om geld te maak, is dit beter en maak my fabriek toe en koop van Sjina. Die werknemers gaan toemend in die moeilikheid beland. Net soos die Taxies nou alles geblok het oor kostes wat buite bereik gespiraal het. Lyk my een van die dae sit ons almal op straat en wat gaan die vakbonde dan eis.

Piet van Aswoensdag ·

Ek is self in die staal bedryf. Sover ek weet het soek hulle 20% verhoging. En 10 dae “unlimited compassionate leave”. Met ander woorde as een van die werkers se familie afsterf moet jy as werkgewer hom 10 dae af gee… As iemand anders in sy familie weer afsterf moet jy as werkgewer hom weer 10 dae af gee.. Dit kan aan hou en aan hou. Elke familie lid wat afsterf moet jy hom 10 dae gee maar dit kos jou as werkgewer om sy salaris te betaal.. Dis belaglik!!

CdV ·

Piet van Aswoensdag. Die wet op Basiese Diensvoorwaardes en die staal Sektorale Bepalings laat tans slegs drie dae menslikheidsverlof /familie verpligtingverlof per verlofsiklus per jaar toe. Dit kan gevra word vir dood van sekere familie of naastes, as sy kind siek is en Dr voel ouer moet by kind wees en vir mans vir geboorte van `n kind. Hulle soek nou 10dae per jaar, nie per geval soos u beweer nie. Die 10 dae is `n “bargaining chip”. Soos met enige onderhandeling hoop hulle om dit na 5 of dalk ses dae per jaar verhoog te kry. Interresant om in gedagte te hou wet laat toe dat hierdie tipe verlof ook as `n halwe dag (slegs oggend/slegs middag)geneem kan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.