Vakbonde verwerp Eskom se aanbod

Argieffoto: GCIS

Al die erkende vakbonde by Eskom het Woensdag die kragverskaffer se salarisaanbod van 4,7% verwerp.

Die National Union of Mineworkers (NUM), National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) en Solidariteit het in ʼn gesamentlike verklaring gesê hulle het lank oor Eskom se aanbod gedebatteer.

Waar Eskom aanvanklik geen verhoging aangebied het nie, het die instelling vandeesweek ʼn vierjaar-loonooreenkoms met ʼn gewaarborgde verhoging gelykstaande aan inflasie aangebied. Vir 2018 is die aanbod 4,7% en dan ʼn inflasiegebaseerde verhoging elke jaar daarna vir die volgende vier jaar.

“Ons het met Eskom se bestuur vergader en as vakbonde het ons ons standpunte gekonsolideer en ons omvattende eise aan Eskom voorgelê,” lui die verklaring.

“Ons glo as Eskom ons voorstel aanvaar, sal dit hom uit sy huidige finansiële krisis red, terwyl hy ook die salariskwessies van ons lede hanteer.”

Die vakbonde het geen bykomende inligting oor die eise bekendgemaak nie en gesê dit is ʼn “delikate proses” wat nie deur die media onderhandel moet word nie.

Die vakbonde vergader Donderdag om 10:00 met Eskom om die eise te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willie ·

Wat se die Uwe CR? Waar is die Staat President? Hoekom so stil? Lyk baie mooi vir bellegers CR?

Werner ·

Sien eskom vra nou vir 30% verhoging so ons moet weer die gelag betaal

Lee ·

4.7% is beter as niks. Die union se fat cats is ook nooit tevrede met niks nie. Hulle veroorsaak net chaos!!! Wees bly julle kry iets. Baie mense wat ek ken het 2 jaar of langer terug verhoging gekry en hulle is dankbaar hulle het tenminste nog ‘n werk.

Lasterlik ·

Ek wens ons kan ons eie tuisland by die regering kry waar ons wind en sonkrag kan gebruik, wat alklaar goedkoper is as ons krag, waar die kragmonopolie van die regering nie op ons afgedwing word nie.

GM ·

Was ‘n vergadering regtig nodig om te besef die vakbonde en sy mense gaan net die aanbod van die hand wys? Hulle het die oorhand. En dit pas so reg in Eskom se kraal want hul soek ‘n verskoning om tariewe te verhoog.

jaco ·

Julle wat so graag ‘n eie tuisland soek, moet net onthou dat die wit lede van solidariteit wat nou Eskom se aanbod verwerp én staak en dus beurtkrag veroorsaak, sal saamgaan tuisland toe en daar net ‘n nuwe vakbond sal vorm om weer nonsens te veroorsaak.

Skepties ·

Ek dink nie dit het hoegenaamd ‘n invloed nie. Jy verstaan nie die rol van solidariteit teenoor die ander twee vakbonde nie. Vra maar vir enige werkgewer, solidariteit is n goeie vakbond om mee saam te werk. Maak inelkgeval nie saak nie, daar is oorgenoeg mense wat eie land soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.