Vakbonde wil hof toe oor SAL-sakeredders

(Foto: Facebook)

Die metaalwerkersvakbond Numsa en die Suid-Afrikaanse vereniging vir kajuitpersoneel (Sacca) “verwerp met minagting” die dreigement van afleggings en die belaglike intimidasie van werkers deur die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se sakereddingspraktisyns.

Die vakbonde sê die “onbevoegde” sakeredders kon tot dusver nie met ʼn omkeerplan vir SAL vorendag kom om die staatslugredery én werksgeleenthede daar te red nie en voer aan uit die staanspoor was die oogmerk die ineenstorting en likwidasie van die redery.

Die vakbonde sê hulle het geen ander opsie as om die hof te nader om die sakeredders te laat verwyder nie en doen ʼn beroep op die regering om hul poging om SAL te red, te steun.

Hulle sê die praktisyns moet ook verantwoording doen oor die miljarde rande wat hulle tot dusver gekry het om ʼn sakereddingsplan in werking te stel.

“Dit is duidelik dat die sakeredders nie kon doen wat van hulle verwag is nie, en tog is hulle betaal.”

Die vakbonde sê die sluiting van SAL gaan tot soveel as 34 000 werksverliese veroorsaak en gaan ʼn geweldige negatiewe uitwerking op die ekonomie hê.

SAL se sakeredders het vroeër gesê die enigste uitweg is om die lugdiens te sluit óf dit te likwideer.

Die sakeredders het gesê nadat die regering hulle op 10 April in kennis gestel het dat hy nie meer geld vir die beleërde lugdiens sal bewillig nie, is een van dié opsies “die mees verantwoordelike manier vir ʼn gekontroleerde beëindiging van die lugdiens se bedrywighede en om die risiko’s van alle betrokke partye te bestuur”.

Die lugdiens sal ná 30 April nie meer sy werknemers kan betaal nie.

“Die sakereddingspraktisyns wou SAL likwideer en massa-afdankings doen en daarom is al ons voorstelle tot dusver heeltemal geïgnoreer. Die skandelike plundery van die miljarde rande wat die regering voorgeskiet het sonder dat daar met enige sakereddingsplan vorendag gekom is, grens aan korrupsie,” het die vakbonde gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Burgermeester ·

Ek vermoed die regering sal die SALin die lug wil hou, want die dag as hulle die SAL se deur sluit, gaan die dag wees wanneer die regering al die staatswaarborge sal moet eerbiedig. Die regering het nie daai tipe kapitaal nie, so die enigste manier is om die SAL voort te laat kruppel.

Chris ·

Al wat nie kan verstaan dat daar nie meer geld is nie is die vakbonde. Hoekom betaal die vakbonde nie vir die redding van SAL nie. Hulle het mos die wysheid in pag.

Rodger17 ·

Raak ontslae van SAL en sommer die vakbonde ook!Hulle baklei net vir die ledegeld anders is daar nie genoeg vir hulle om te plunder nie.SAL is jare al n las vir die belastingbetalers.

Willem ·

Wat presies verstaan hierdie mense nie? Die ANC se kaders het die SAL vernietig. Hulle het die ding bedryf soos ‘n smokkelhuis en die kundiges in die regering het die een staatswaarborg na die ander uitgereik om hierdie soustrein aan die loop te hou. Dis nou betaaltyd…

Hennie ·

Interessante uitkoms…. Laaste stuiptrekkings van Unie lede.

Rodger17 ·

Laat SAL in vrede sink saam sy werkers wat jare lank saam soustrein gery het!Vergeet van die unies,dis nie hulle besigheid nie.Ons kan nie aanhou geld in n bodemlose put gooi en hulle plunder voort nie.Laat SAL vir eens en altyd sink!Die ander,soos eskom sal hul beurt kry

Oujongvrou ·

Vakbonde moet die blaam kry. Dis n betogery vir meer geld, heel duidelik verstaan hulle nie dat as daar nie meer geld is nie dan is daar nie geld nie. Hulle enigste tydverdryf is stakings en vernietiging. Tyd dat vakbonde onwettig verklaar word. Hulle word stinkryk en reel net optogte en stakings. Useless!!!

Niklaas ·

Die vakbonde moet ‘n geveg maak hiervan, want hul kry ledegeld. Dis vir selfbehoud. Hul besef sekerlik dat SAL se dae getel is.

Peetjie ·

Is die unies nie gedeeltelik verantwoordelik vir die toestand waarin die SAL hom bevind nie? Hulle strike en demand en hou nie op nie.. Om R50 miljoen n dag te verloor met hulle laaste staking behoort mos vir hulle n eye opener gewees het….

gatgogga ·

Gaan dan hof toe. (As daar nog howe bedryf word na Corona).
Dan sal die volle waarheid aan die publiek bekend word.
Die waarheid behels: 1 Onbevoegdheid 2 Diefstal

Sarel ·

Van die begin af nie die Sakereddsers se stappe verstaan nie. Meer gelyk id hulle letterlik asngestel was om die Redery finaal re vernietig. Miskien is my kop te plat maar ek dink aan die mense wat werkloos gaan wees. B

Jack ·

Die sake redders is ‘n onmoontlike taak gestel. Met ‘n ondernemeing wat R60milard in die rooi is en R5miljoen per dag verloor is daar absoluut geen manier om dit aan die lewe te hou nie. Die SAL is tien jaar gelede reeds breindood. Dis kunsmatig aan die lewe gehou met gereeld reddingspakkette. Die geld is op, tyd om die masjiene af te skakel.

Boortor ·

Gooi die bodemlose put toe en kry klaar!! Te hel met die unies! Dis tyd dat hulle ophou om die land se mense as gyselaars aan te hou!

marius ·

Nou neem dan die plek oor met julle voorstelle maar sonder ‘n sent van die belasting betaler .

Wiehan ·

Hoekom neem die vakbonde nie die SAL oor nie. Hulle het mos miljoene, en laat ons sien hoe word ‘n maatskappy onder sosialisme bestuur en winsgewind gemaak. Met die “lockdown ” kry die mense alreeds ‘n voorsmakie van hoe dit is om in rye te staan om kos te koop. Gelukkig is daar nou nog genoeg kos in die winkels om te koop. Wag tot hul 3 to 4 ure un ‘n ry staan net om te hoor die mell en brood vir die dag is klaar. Probeer maar more weer. Ek het dit in ‘n sekere Afrika land be leef toe ons daar gaan werk het.

Snowball ·

Hofnarre of narre in die hof? Nou die dag nog al te lekker in ORT se aankomssaal gedans en gesing dat die wêreld antwoord gee en nou huil hulle krokodiltrane.
SAA is klaar. En die Unies het help grawe aan sy graf –
‘All the king’s horses and all the king’s men, couldn’t put SAA together again”

Jack ·

Dis onwaar dat die sluiting van SAL gaan tot soveel as 34 000 werksverliese veroorsaak en gaan ʼn geweldige negatiewe uitwerking op die ekonomie hê. Werksverliese sal daar wees maar die bloeding van belastingbetalingsgeld sal stop en die ekonomie sal daarby baat. Dink net as al die vermorsing van staatshulp aan wanbestuurder SOE gestop kan word kan belastings verlaag word en die ekonomie kan dan weer lewe kry. Dis nou te sê as ons ook terselfdertyd van AA and BBBEE en EWC ontslae kan raak. Ag eintlik net van die ANC ontslae raak sal ook al baie help. Ons moet dit uitbasuin dat dit die ANC is wat ons in die gemors laat beland het, rommelstatus en al. Niemand anders nie.

Gawie ·

Hoe is dit dat die vakbonde nou eweskielik belangstel om SAL te red? Hulle is dan die lot wat hul bes probeer het om dit te vernietig deur te staak toe die redery dit die minste kon bekostig.
Ek stem saam – die engste rede hoekom hulle so aangaan is omdat hulle weet hulle gaan hulle maandelikse premies verloor.

Wil ook net sê ·

Alles goed en wel om te sê sluit die deure, begrawe SAL en spaar belasting geld.
Maar wat van die werknemers by SAL? Mense met gesinne, al is hulle gesigloos vir ons wat hier kommentaar lewer?
Het enigiemand ‘n plan vir dié mense. Skeidingspakkette?
Help my om te verstaan?

Bernard ·

Die parlementslede kry sakkevol gratis vlugte. Wie sal nie hou van sulke freebies nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.