Vakbondleier op N17 doodgeskiet

Die toneel op die N17 waar Nkosi doodgeskiet is. Foto: Twitter

Die toneel op die N17 waar Nkosi doodgeskiet is. Foto: Twitter

Die sekretaris-generaal van die vervoervakbond Satawu is Maandagaand op die N17 in Germiston aan die Oos-Rand doodgeskiet.

Vincent Masoga, woordvoerder van die South African Transport and Allied Workers Union (Satawu), het gesê Chris Nkosi was op pad na sy huis in Springs toe hy deur ʼn groep gewapende mans voorgekeer en vyf keer geskiet is. “Hy is op die toneel dood verklaar,” het Masoga gesê.

Nkosi was alleen in die motor. Volgens Masoga het hulle vermoed Nkosi se lewe is in gevaar en hulle het vir hom lyfwagte gehuur. “Ongelukkig het hy besluit om hulle agter te laat en alleen huis toe te ry.”

Die polisie het die voorval bevestig. Enigiemand met inligting kan Crime Stop by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jo ·

Een vakbondleier en kyk die issue wat daarvan gemaak word. Wat van die 3,000? Plaas die “regering” huur lyfwagte vir die boere?

KarooKlong ·

Hoe weet Vincent Masoga dat hy deur ʼn groep gewapende mans voorgekeer is want Nkosi was volgens die berig alleen in die motor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.