Vakverbond wil regstappe neem teen Zuma

Zwelinzima Vavi van die vakbondfederasie Saftu Foto: Werner Beukes, SAPA

Die nuutgestigte vakverbond South African Federation of Trade Unions (Saftu) het Dinsdag aangedui hy sal sy veldtog, om deur middel van regstappe van pres. Jacob Zuma ontslae te raak, verskerp.

Saftu het in ʼn persverklaring gesê hy beplan om ʼn krisiskomitee op die been te bring. “Die kredietafgradering na rommelstatus deur S&P Global het ʼn nasionale krisis in ʼn moontlike katastrofe laat ontaard,” lui die verklaring.

Alhoewel die vakbondfederasie kredietgraderingsagentskappe veroordeel as “polisiemanne vir internasionale monopolie-kapitalisme”, het dit gesê S&P se besluit is gefasiliteer deur Zuma se “roekelose afdanking van ministers” en dit het S&P “die perfekte verskoning gegee om op te tree”.

“Ons is een stappie nader om in ʼn mislukte staat van kleptokrasie te verval. Dit is nou nog meer belangrik om die grootste protesbeweging ooit te mobiliseer om miljoene Suid-Afrikaners van toenemende werkloosheid en armoede te red wat ongetwyfeld na hierdie afgradering sal volg.”

Saftu het gesê hy het regsadvies bekom en besluit om die hooggeregshof te nader om aan te voer die president se optrede is irrasioneel en nie in lyn met die Grondwet of sy ampseed nie. “Die grootste rede waarom die hof genader word, is dat Zuma teen die belange van die land opgetree het, lynreg teen sy ampseed waarin hy gesweer het om in die beste belang van die land op te tree.

“Die getuienis sal verklarings deur ANC-leiers wees en nou die ANC se Integriteitskommissie, wat die gebrek aan konsultasie binne die ANC veroordeel en ʼn openlik vervalste ‘intelligensieverslag’ om sy optrede te regverdig.”

Die vakverbond is verlede maand gestig onder leiding van Zwelinzima Vavi. Saftu het gesê ʼn algemene staking is ook ʼn moontlikheid, omdat dit meer doeltreffend is om in die straat te wen as om ʼn onderhandelingstafel.

“Saftu is van voornemens om ʼn aansoek in te dien onder artikel 77 van die Wet op Arbeidsverhoudinge vir ʼn beskermde algemene staking oor sosio-ekonomiese kwessies. Dit sal gebaseer word op die verwoestende effek wat die kabinetskommeling en die afgradering na rommelstatus op werkers se poste en lewenstandaarde sal hê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

John ·

Zuma het die hef in die hand en hy weet dit. Die ‘back-room boys’ speel nou die hoofrolle in die’ ‘soapy’, skryf die draaiboek en is die regisseurs. Ons is die ekstras… sonder betaling… inteendeel ons betaal die regering om ook op die kassie te kan wees tydens die 7-uur-nuus, maar eers na’ die weervoorspelling en die sport in die treurmare-gleuf voor die goedheid-en-guns-groet. Hef aan… en voorwaarts mars…

CHRISTA ·

Nee John, Zuma DINK hy het die hef in die hand, maar hierdie keer DOP hy die toets!!! Hy sal sien hoe beleggings ons land uitstroom (Guptas en sy familie s’n EERSTE) en dan sal hy sien waar ons rand gaan land!! Wanneer sy nuwe “slim” minister van finansies lenings oorsee wil aangaan, sal die ANC sien wat dit ons land gaan kos!!! Maar HULLE gee nie ‘n blou duit om nie. Hulle minister van finansies sal net volgende jaar hulle salarisse met miljoene verhoog!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.