Val van fiets glo nie oorsaak van 3-jarige se dood

Die driejarige Nina de Villiers. Foto: Facebook

Die driejarige Nina de Villiers wat op 10 Februarie oorlede is nadat sy glo van haar fietsie geval het, se dood is glo deur ʼn vuurwapen veroorsaak en nie deur die val nie.

Eldie Marais, Nina se ouma, het vroeër gesê Nina en haar tweelingsussie, Nikola, het op dié dag in hul ouerhuis op ʼn plaas buite Durbanville op hul fietsies gery.

Sy het gesê Nina het blykbaar haar fietsie se handvatsels omgedraai en toe geval. Sy het vermoedelik op die rem se hefboom geval en dit het ʼn gaatjie in haar hart gedruk.

Dr. Willem Smit, die pediater wat lid was van die mediese span wat Nina behandel het nadat sy na die Mediclinic Durbanville gehaas is, het in ʼn onderhoud met Rapport beweer Nina is met ʼn windbuks geskiet.

Hy het gesê die koeëltjie het Nina net onder haar regtersleutelbeen getref voor dit afwaarts beweeg en haar hart getref het. Smit was Maandag besig met konsultasies en kon nie onmiddellik kommentaar lewer nie.

Marais en ander familielede wou nie kommentaar lewer op Smit se bewerings nie. Pieter Delport, die gesin se regverteenwoordiger, het ook aan Maroela Media gesê hulle gaan geen kommentaar in dié stadium lewer nie.

Marais het vroeër vertel die fietsies het sywieletjies aan en die dogtertjies se ouers, Natasha (32) en Nikie (40), laat hulle juis toe om in die huis te ry, aangesien hulle nie op die klippies buite kan ry nie.

Die tweeling se ouer sussie het glo gesien wat gebeur het en hulp ontbied. Natasha het onmiddellik met Nina hospitaal toe gejaag waar sy later oorlede is.

Lt.kol. Andrè Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, wou nie op die bewerings reageer nie. “Die omstandighede rakende Nina se dood word steeds ondersoek,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

DeonC ·

MM in terme van die Wet op beheer van Vuurwapens word ‘n windgeweer (“windbuks”) nie geag om ‘n vuurwapen te wees nie.

Pieter ·

@DeonC. Ek verskil met jou. Dit hang alles af van die windbuks se kaliber. As dit oor ‘n 6mm koeëltjie is moet jy hom lisensieër.

Annelize ·

Wel, as hierdie beweringe waar is, het hierdie Windbuks nou die teendeel bewys.

Annie ·

Ek stem dit moet nog steeds gedien word as n wapen. Ons windbuks is gelisensieer en in n kluis toe gesluit. Ons het 8 kleintjies hier tussen 12 en 1. Moenie kanse vat nie.

Abe ·

Pieter,
‘n Gewone windbuks se kaliber is .7mm. ‘ ‘n Mens benodig glad nie ‘n permit of lisensie daarvoor in SA nie. Dit is egter ‘n dodelike wapen as dit die teiken op n sekere manier tref. Soos die pediater in hierdie geval verduidelik het.

Cherokee ·

Natuurlik is Deon reg. Kaliber het hoegenaamd niks daarmee uit te waai nie. As dit nie van ‘n kruitlading gebruik maak nie, is dit nie ‘n vuurwapen nie.

Cherokee ·

‘n Mes en ‘n hamer is kan ook gevaarlike wapens wees. ‘n Windbuks skiet ‘n koeël(jie) en nie ‘n patroon nie.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

OMW!!! ? Dis tragies verby,ongeag watookal…ñ gelaaide windbuks,wat net liggies gestamp word of val,is dodelik ?
BAIEEE STERKTE aan die betrokke familie, mag die waarheid vrymaak en berusting bring vir julle almal ??

Human ·

Daar is `n groot verskil tussen `n vuurwapen en `n windbuks, wat gebeur het is uiters tragies, maar kry asseblief julle feite reg.

GM ·

Ek was onder die indruk dat die Dr. ‘n vergelyking getref het tussen die kanse om dood te gaan van windbuks vs. fiets, en nie gesê het dis van ‘n windbuks nie. – Volgens Die Burger se berig (as ek dit nie mis het nie). Wond grootte sou glo dieselfde wees volgens hom.
Either way, dis vreeslik hartseer. Baie sterkte aan die ouers en naasbestaandes.

Ann ·

GM, as jy reg is, dan kan die media in groot moeilikheid beland, as hulle (ek praat nou van Netwerk24) die waarheid so verdraai. MM, ek weet julle berig net wat julle sien/hoor.
Ek hoop werklik dis nie die oorsaak nie!! RIV mooie meisie xx

Abe ·

GM,
Die dokter het aan die moeder gese: “jou kind is met n windbuks geskiet”

Annelize ·

O my goeie genade!!! MM, ek hoop julle hou ons op hoogte, ek is nou stom van verbasing! Ek glo nie die Dokter sal sommer net goedsmoeds sulke beweringe uit sy duim uitsuig nie, hier is nou ‘n blikkie wurms oopgemaak lyk dit my.

Lindtjies ·

Dit bly maar tragies. Nou verstaan ek ook hoekom die dokter beklemtoon het dat windbukse gevaarlik is. Dit was niks anders as ‘n ongeluk nie.

HPV ·

Die hele voorval is tragies, sterkte aan die ouers.
Enige iets wat ‘n gat in jou kan maak is gevaarlik, messe, pyle, ketties, slingervelle, harke, hooivurke ens. Moderne kettie kan ‘n bees doodskiet. Moderne 100lb kragboog kan ‘n olifant dood en mens benodig nie ‘n lisensie daarvoor nie.

humor ·

Die waarheid sal bevestig word as die loodkoeltjie gevind word.

Annie ·

Ek stem dit moet nog steeds gesien word as n wapen. Ons windbuks is gelisensieer en in n kluis toe gesluit. Ons het 8 kleintjies hier tussen 12 en 1. Moenie kanse vat nie.

Cathy ·

So so tragies. My hart is sommer seer. Sterkte aan haar mamma en pappa en familie

Muffin ·

Wessel dit was baie goed gestel.
Ek sal graag die waarheid wil weet .

Karolis ·

Vir my is die ergste van die verhaal dat iemand ‘n drie jarige kind in die visier gehad het en die sneller gedruk het.

GM ·

Abe, is dit wat gesê word in Rapport se berig? Soos ek bo noem, ek het slegs ‘n artikel gelees waarin die dokter vergelykings tref, en mense gewaarsku het oor die gevare van ‘n windbuks, maar toe nog niks gesê het van dat dít wel die oorsaak was nie. Ek het wel vermoed dat daar iets daaragter moet skuil, want hoekom anders die vergelyking tref. Vermoed hul haar sussies haar raakgeskiet het?

Essa ·

Baie spitsvondige opmerking Wessel, maar Annie het nie gesê hulle het agt kinders nie. Kleintjies dalk in pleegsorg, dagsorg, saamgestelde gesin of wat ook al. Nietemin hulle persoonlike sake waaroor ons nie eintlik “skerp” hoef te wees nie. Nietemin, windbukse kan dodelik gevaarlik wees, en wat ook al met klein Nina gebeur het, beleef die familie beslis groot trauma en ellende.

IK ·

Maak nie saak wat die kaliber van jou windbuks hetsy ‘n .177 of ,22 dit gaan deur as ‘n vuurwapen betreffende wat hier gebeur het. Jou PCP wat ook het is dodelik en moet as sulks hanteer word. Wees dus gewaarsku.

Adriana ·

My broer het my geskiet met ‘n windbuks toe ek 5jaar oud was, my ouers het met my hospitaal toe gejaag en die waarheid gepraat. Vandag is ek spring lewendig en my broer het net ‘n pakslae gekry, dit was ‘n ongeluk, dit word NIE gesien as ‘n vuurwapen nie!

Karlien ·

Dit gaan nie hier, per sy, oor die klassifisering vd windbuks as wapen nie, dit sal volg en is waarskynlik waarom die ouers nie die moontlikheid geopenbaar het nie.
Dit gaan daaroor dat die dr beweer, dat, indien die volle waarheid oor die oorsaak vd kind se besering verklaar is, die mediese ingryping anders sou wees en moontlike die kind se kans tot oorlewing sou verander het.

Pieter ·

@Abe. Hierdie is ‘n uittreksel van hierdie webwerf:
https://wphfta.co.za/airgun-safety-guide-laws-in-south-africa/

Definition of an Airgun In Terms of the Law
(Firearms Control Act 60 of 2000) (as amended up to 31/01/2015)
An airgun is any airgun with a calibre of below 5.6mm regardless of power/energy at the muzzle.

An airgun is any airgun with a calibre of 5.6mm and above but is manufactured to be incapable of shooting at powers/energy of no more than 8 joules / 6 foot pounds at the muzzle.

Any airgun that exceeds both the 5.6mm calibre and muzzle energy of 8 joules / 6 foot pounds is classified as a firearm in South Africa and in terms of the FCA a firearms licence is required to own and operate such. Hereinafter referred to as a “LCA – Large Calibre Airgun” class airgun.

andre ·

En so sal almal stry oor n windbuks en vergreet van die tragedie…wats volgende…moet my mes en vurk ook n lisensie he

Luister ·

Feit bly: enige gevaarlike voorwerp moet buite bereik van jong kinders bly!

Theresa ·

Nina’tjie – Jy is een van die mooiste Engeltjies aan die Here se voete. Nou is jy vry en sonder sorge. Weg van hierdie wrede deurmekaar wêreld.

Werner ·

Niemand het so tekere gegaan oor fietse wapens is toe hulle nog gedink het dit was die fiets se handvatsel wat haar dood veroorsaak het nie dit bly n tragedie

Luister ·

As die ongeluk met die fiets gebeur het, sou dit ‘n fratsongeluk wees. Met ander woorde, ‘n baie,baie klein kans dat dit sou gebeur. ‘n Gevaarlike voorwerp of wapen, is ‘n ander saak!

Mariaan ·

Sjoe dis tragies…arme ouers…so maklik kan ongeluk gebeur…kom ons bid vir hierdie mense…wat ookal…instink was om te beskerm…glo nie hul gedink dis so ernstig…ai

Mary ·

Ek het iewers gelees die windbuks het op die tafel gelê. Dit is reeds ‘n verskriklike hartseer tragedie en kan net dink hoe erg dit sal wees indien een van die sussies dalk die wapen opgetel het en haar per ongeluk geskiet het. RIV mooi engeltjie..

Roland ·

Tragies…
Ongeag die kaliber of klasifikasie daarvan, n vuurwapen moet nooit binne bereik van kinders wees as dit gelaai is nie.
Wys die patroon op die xstrale?
Laat die remhandvatsel forensies ontleed word vir enige tekens van inwendige ligaamlike bewyse. Wat vreemd is is die stelling dat ouma melding maak dat die handvatsel omgedraai was. Is dit haar afleiding wat gemaak is tov besering en fiets se posisie na voorval…of…het sy dit sien gebeur?

Anti ·

Ek verpes die goed (windbukse), te veel ouers stop hulle kinders een in die hand en leer hulle nooit om verantwoordelik daarmee te wees. My bure oorkant die straat se kind loop heeldag, heel trigger happy en mik na enige ding wat leef. Gn respek vir diere of ander mense.

K ·

Mense, of dit nou n windbuks is of n 9mm, dit bly n geweer, mense moet vuurwapens met respek hanteer, as jy dit gaan laat rondle, gaan sulke voorvalle gebeur, na-latig!

BB ·

Ek dink die meeste van ons het grootgeword met ‘n windbuks binne tref afstand. Of dit ‘n neef, vriend of buurman se kind was. Dit is slegs met genade dat nie meer sulke ongelukke gebeur het nie. Dit hang af hoe vinnig daai koeeltjie beweeg en of hy deurdring en sy pad gaan vind deur vlees.

koos ·

Nee, BB, nie genade nie maar reg leer van kleins af. Ek kan net vir myself praat maar ek is van kleins af geleer om skietgoed (LW, nie net vuurwapens nie, enigiets wat kan skiet) met respek te behandel en mag vir jare nie eers daaraan geraak het nie. Daarna is ek veilige hantering geleer en toe het die res gevolg.

Andrea ·

Mense, ongelukke gebeur. Dis waarom daar so ‘n woord bestaan. Niemand kan altyd 100% paraat, versigtig, veilig, verantwoordelik, ens. wees nie. Een klein foutjie of verslapping van jou ewigdurende waaksaamheid, en ‘n gruwel gebeur. Ons is almal mense, daarom kan ons nie 100% van die tyd alles 100% korrek doen nie. Wees genadig, dit was dalk ‘n blote ongeluk.

Gesiggie ·

Partykeer wil ouers nie dadelik die waarheid praat, maar ek verstaan ook nie regtig hoekom die storie verdraai is? of dalk het ek iewers n berig gemis…maak nie saak wat dit bly hartseer veral omdat die mooi ou dogtertjie een van n tweeling was. Maar die ouers gaan deur n baie hartseer tyd, so ons moet nie oordeel maar eerder vir hul bid. Want almal lees altyd net die storie”” maar was nie daar om werklik te weet wat gebeur het. Sterkte aan die ouers

Linda ·

Abe jy is reg, dis wat gese was. Ek wonder wie sou met die windbuks gespeel het en die sneller getrek het ??? My nefie het my een aand n paar jaar gelede op die voet met n windbuks geskiet, jy kon basies hoir hoe my vleis oppgeskeur het. Koeltjie het teen my voetbeen vasgeskiet. Ek was hosp toe om dit uit te haal die volgende dag, my voet was blou en het soos n ballon opgeswel. Enige wapen is gevaarlik insl n mes ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.