Valk beseer toe hy met hoenders lol

Die jong Ovambosperwer. (Foto: Sarah Kempen/Johannesburg Wildlife Veterinary Hospital/Facebook)

ʼn Jong valk is verlede week weer in die natuur vrygelaat nadat hy kort vantevore in ʼn onderdonsie met ʼn groep hoenders betrokke was en verskeie beserings opgedoen het.

Die valk het dae lank in die Johannesburg Wildlife Veterinary-hospitaal in Midrand deurgebring voordat hy eindelik weer sy vlerke kon sprei.

Volgens dié hospitaal is die jong Ovambosperwer in ʼn hoenderhok op ʼn plaas in Gauteng aangetref.

Van die groter hoenders wou glo niks van die roofvoël weet nie en het hom begin aanval en eindelik beseer.

“Die hoenders het daarin geslaag om die valk op verskeie plekke te beseer. Die valk het ook ʼn sagteweefselbesering opgedoen,” lui ʼn sosialemedia-inskrywing deur die hospitaal.

Die eienaars van die hoenders het die valk in die hok gevind en hulp ontbied omdat hulle bekommerd was oor die voël se welstand.

“Die jongeling het ʼn paar dae in die hospitaal deurgebring waar hy met anti-inflammatoriese middels, opioïede, rus en baie kos behandel is.”

Volgens die hospitaal het die valk goed herstel, waarna besluit is om hom van ʼn ring te voorsien. Hy is verlede week weer in die gebied van waar hy afkomstig is, vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Misky ·

Die valk het hulle behoorlik die hoenders in gejaag……. ha ha ha ha, shame ek was al self as kind deur ‘n hoender gejaag en hulle skop vrek seer

Shakespeare ·

Wil jy ‘n Valk of ‘n hoender wees. In die geval is ek verseker ‘n hoender.

Surfer ·

Goeie berig tussen al die negatiewe nuus. Hoenderkos, enige Valke vrywilligers.

Karlahari ·

En daar dog ek dit is een van ons Spesiale Ondersoek Eenheid se manne wat beseer is…..

Swerwer ·

Boontjie kry sy loontjie. Geen spesies meng met mekaar nie, dit het die hoenders duidelik bewys.

Janee ·

Lekker lag ek!…Wees verseker dat die jongeling in die toekoms die hoenders sal uitlos…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.