Valk oorleef rit ná motor hom tref

Foto: Facebook via Dave Pepler

Foto: Facebook via Dave Pepler

Dave Pepler, bekende natuurkenner en TV-aanbieder, het Dinsdag ʼn merkwaardige voorval op sy Facebook-blad gedeel van ʼn motoris wat ʼn edelvalk teen ʼn hoë spoed getref het, net om die voël drie dae later ongedeerd aan te tref.

Volgens Pepler het Martin Botes aan hom geskryf en vertel dat een van sy kollegas met ʼn vlootmotor van Kokstad in KwaZulu-Natal na Bloemfontein gereis het. “Sy het die valk teen ʼn hoë spoed getref en net vere sien trek. Sy het gedink daar het niks van die voël oorgebly nie,” het Botes gesê. “Vrydagmiddag het sy die voertuig by ons kantore afgelaai en sy het die hele naweek met haar gewete gewroeg oor die voël wat doodgery is.”

Groot was Botes se verbasing toe hy Maandagoggend inspeksie doen op die voertuig en sien hoe die valk vir hom vanuit die motor se sierrooster loer. Botes het ʼn vriendin van ʼn familielid wat by die Bloemfontein-dieretuin werk gebel om te kom help en hulle het die sierrooster oopgesny. “Sy kon met mooipraat en smeek die voël uitkry en het die valk dieretuin toe geneem. Wonder bo wonder is die valk ongedeerd,” het Botes gesê.

“Nog nooit in my lewe het ek van só ʼn wonderlike verhaal gehoor nie,” het Pepler in sy Facebook-inskrywing gesê. “Hierdie edelvalk het, soos ʼn kat, beslis meer as een lewe!”

Foto: Facebook via Dave Pepler

Foto: Facebook via Dave Pepler

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

7 Kommentare

tamboti ·

Wat was die laaste gedagte in die valk se kop voor hy die motor tref?
Hawk-aai!

Theresa B ·

Wow, dis amazing. Sy beskermengeltjies het “oortyd” gewerk. Ha ha! Baie bly hy leef.

Gesiggie ·

Ag sjaim, meskien wou hy net vir n bietjie langer nog n Uiltjie knip… dit is n wonder dat die Uil oorleef het… hy het n doel op aarde…. of ja meskien 7 lewens… Oulikke storie…

Elfie ·

Vir wat jaag sy so? Dave ek hoop jy en Martin spreek haar goed aan! Wonder hoeveel ander goed maak mense soos sy dood.

Cherokee ·

Elfie, as sy ‘n raps vinniger gery het sou sy nie die valk getref het nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.