Valke-baas geskors

Lt.Genl. Anwa Drama Foto: Diana Neille, ENCA

Lt.Genl. Anwa Drama Foto: Diana Neille, ENCA

Anwa Dramat, hoof van die Valke, is geskors, het die Star Woensdag berig.

Dramat is geskors hangende ʼn ondersoek oor sy beweerde betrokkenheid in die onwettige uitlewering van Zimbabwe-verdagtes in November 2010.

Nkosinathi Nhleko, die minister van polisie, het Dinsdag die besluit geneem om Dramat te skors, het sy woordvoerder, Musa Zondi, aan die koerant gesê. Zondi het gesê Dramat is op ʼn voorkomende skorsing van 60 dae geplaas. Nadat hierdie periode verstryk het, sal die ministerie bepaal of hy aangekla gaan word.

Dramat is verlede jaar deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) in kennis gestel dat kriminele aanklagte teen hom ondersoek word. Daar word beweer dat verskeie oorlewendes hom daarvan beskuldig dat hy betrokke was in die aanhouding en uitlewering van Zimbabwe se mees gesoekte misdadigers. Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, het gesê die bewerings is ondersoek en die verslag is vroeër vanjaar aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig. Die NVG het nog nie sy bevindings bekend gemaak nie.

Zondi was nie beskikbaar vir kommentaar aan Sapa nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Grassie ·

Ek weet nie waarom die NVG nou kwaad word vir Genl Dramat oor iets wat vier jaar gelede gebeur het nie. As my afleiding reg is het hy van Zimbabwe se grootste skurke, wat na SA uitgewyk het, aangekeer en vir Zim terug gegee. Dit was uitstekende werk – dit het die SA burgers teen hierdie misdadigers beskerm. Die generaal se papierwerk was blykbaar net nie op datum nie. Ek kan nie insien waarom skorsing nou skielik nodig is nie. Dit lyk vir my of daar ‘n verskuilde agenda agter die optrede is, soos bv. by die Inkomstediens.

Dave ·

Volgens wat hier vertel word klink dit asof Dramat nie geskors behoort te word maar ‘n medalje behoort te ontvang. Hy is immers daar om misdaad te beheer en in teenstelling besluit Nhleko om hom te skors omdat hy misdadigers uitlewer aan daar waar hulle vandaan is. Wat ‘n siek spul is die huidige regering. Dan weer, Dramat is een van hulle. Laat dit vir hom ‘n les wees om ‘n beter regering te ondersteun as hy misdadigers in toom wil hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.