Valke-baas van meineed aangekla

Johan Booysen

Johan Booysen

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het Woensdag bevestig dat ʼn klag van meineed teen die nasionale hoof van die Valke, lt.genl. Berning Ntlemeza, ondersoek word.

Robbie Raburabu, waarnemende woordvoerder van Opod, het gesê die klag is deur die geskorste baas van die Valke in KwaZulu-Natal, maj.genl. Johan Booysen, aanhangig gemaak.

“Die klag [teen Ntlemeza] is [vanaf Booysen] ontvang en hou verband met ʼn litigasiesaak teen genl. Ntlemeza deur genl. Booysen. Opod het die aanklag op 24 Maart 2016 ontvang en sal dit ondersoek soos verwag word,” het Raburabu gesê. Hy wou nie verdere besonderhede oor die aard van Booysen se klag bekendmaak nie

Ntlemeza en die Valke het hulle tot die appèlhof in Bloemfontein gewend om ʼn bevinding deur die hooggeregshof in Durban om te keer dat Ntlemeza vir Booysen moet heraanstel.

Ntlemeza het Booysen geskors nadat hy beweer het dat Booysen en sy span wat die sluipmoord van ʼn polisiebeampte moes ondersoek, onregmatig ʼn geldelike beloning ontvang het vir die doodskiet van ses onskuldige mans. Hy beweer ook dat Booysen valse saaknommers voorgelê het om die beloning te ontvang.

Booysen het egter ontken dat hy die dokument goedgekeur het wat daartoe gelei het dat hy en sy span die beloning ontvang vir die opspoor en doodmaak van supt. Zethembe Chonco se moordenaars. Hy ontken dat hy enigiets te doen gehad het met die toekenning van die beloning.

Regter Anton van Zyl het bevind dat daar geen meriete aan Ntlemeza se bewerings is nie en dat hy geen bewyse kon indien van die bedrog wat hy beweer deur Booysen gepleeg is nie. Hy het Ntlemeza se aansoek om appèl van die hand gewys.

Daar word verneem dat Booysen se klag teen Ntlemeza verband hou met die voorleggings wat Ntlemeza aan die appèlhof gemaak het waarin hy beweer dat Booysen deel was van die proses om maj.genl. Jabulani Zikhali as die hoof van die Valke in KZN aan te stel, hoewel Booysen steeds die pos beklee het.

Booysen beweer hy is nooit gevra om weer vir sy pos aansoek te doen nie en is ook nie weer vir ʼn onderhoud genooi om heraangestel te word nie. Booysen het gesê hy is nooit eens in kennis gestel dat iemand aangestel is om hom te vervang nie.

Ntlemeza het in antwoord op Booysen se verklaring gesê dat sy oorspronklike verklaring net ʼn konsepverklaring was wat per ongeluk geteken en by die hof ingedien is. Hy het erken dat Booysen nie deel van die proses was om iemand in sy plek aan te stel nie, hoewel Booysen wel weer vir sy eie werk aansoek gedoen het, maar nie op die kortlys geplaas en genooi is vir ʼn onderhoud nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pieter.v ·

Watter mens teken n verklaring per ongeluk en dien dit by die hof in,hoekom is die verklaring in die eerste plek op getrek?

My bydrae ·

Vra dit? Als is “per ongeluk, verkeerd geinterpreteer, verkeerd aangehaal of geen kennis word gedra.” Die refrein is al holrug gery

Pietman ·

Plaas aanhoudend druk op die gespuis. Dis al hoe daar enigsins n kans is dat die waarheid sal uitkom.

Apie ·

Hulle bly maar korrup en is blatant daarvoor om witmene te vernietig. Tronk toe met die liegbek!!!

Pieter dp ·

Waneer gaan die gekke gejaag agter die blankis aan uindig. ??????????

Jan maak n Plan ·

Pieter die antwoord is maklik. Die dag dat die reuk van dryfmiddel (geweer kryt) in die lug hang en daar baie lood in die lug rond vlieg. Slegs dan sal die gekke gejaag na die blankes stop.

Frederik ·

Iets laat my dink dat nog ‘n regter vir Ntlemeza in sy gesig gaan sê dat hy lieg.

HEVW ·

Om een of ander rede wil hulle hom bittergraag uit die weg ruim. Ek glo omdat hy eenvoudig briljant in sy beroep is en dat hy van almal eerlikheid en opregtheid verwag. Dit pas eenvoudig net nie sekere mense nie.

GES ·

Dit is ‘n 1ste. ‘n Konseklag by die hof indien? Nog nooit van so iets gehoor nie. Dit maak van die regstelsel ‘n absolute bespotting.

Griki ·

Dis niks nuut nie. Die hof het Ntlemeza al self ‘n leuenaar genoem. Lyk my hy’s ‘n gewoonteleuenaar en dat mens niks kan glo wat hy sê nie. Dis vertrouensbreuk en hy moet uit sy pos onthef word want hy skaad die vertroue wat mens veronderstel is om in wetstoepassing en wetstoepassers te hê. As hoof van die Valke behoort hy obesproke te wees en ‘n voorbeeld vir almal, en dit is hy beslis nie.

m ·

Tien teen een het hy die mans laat doodmaak net om die blaam op Booysen te sit. Wie beweer moet bewys!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Veritas ·

Die wiel van geregtigheid draai (veral in Suid-Afrika) maar stadig. Wanneer dit egter goed in rat kom, is daar nie einde aan nie. Die einde van die regerende party knars stadig maar seker nader. As nommer 1 val, gaan dit ‘n domino-effek op al sy aanstellings hê. Wees maar voorbereid op nog hofsake teen die huidige ANC-elite.

GES ·

Veritas, dit is soos musiek in my ore. Amper vra ek dat jy dit asb weer moet skryf maar ek lees die sommer weer.

Cherokee ·

En Veritas en GES, wie dink (nie hoop nie let wel maar dink) julle twee gaan dàn aan die stuur van die land wees?

pieter ·

Veritas jy praat waarheid. Hoe kom Ntlemeza in so ‘n posisie as hoof van die vlerklose Valke. Hy dien per abuis konsep verklaring in… se voet. Genl. Booysen moenie hulle sin vir hulle gee nie. Sterkte…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.