Valke-beampte voor huis afgemaai

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn 59-jarige beampte van die Valke in die Oos-Kaap is Woensdagaand by sy huis doodgeskiet.

Brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale woordvoerder van die Valke, het gesê die voorval het omstreeks 23:00 in die Libode-omgewing plaasgevind nadat die beampte, ao. Dalibandla Qokoyi, van diens af gekom het.

“Qokoyi het buite sy huis stilgehou en was besig om uit sy amptelike voertuig te klim toe iemand op hom losgebrand het. Hy is verskeie keer in die bolyf getref. Dit is nie bekend hoeveel mense by die aanval betrokke was nie. Die skieter of skieters het gevlug sonder om enigiets te steel,” het Mulaudzi gesê.

Die polisie en paramedici is ontbied, maar Qokoyi was reeds dood toe hulle by die toneel opgedaag het.

Mulaudzi het gesê Qokoyi was veronderstel om vandag [Donderdag] in die Tsolo-landdroshof te getuig. “Hy was betrokke in verskeie ondersoeke, maar was tans in die proses om borgtog vir ses vermeende transitorowers teen te staan. Die verdagtes, tussen 25 en 35 jaar oud, word verdink van ʼn reeks transitorooftogte in die Umtata- en Oos-Londen-omgewing,” het hy gesê.

Die motief vir moord word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Simon ·

Skiet n belangrik getuie dood dan is daar geen getuienis meer.

Alida ·

Die SAPD hoef nie ver te soek nie. Die skuldiges is seer sekerlik by die plek waar hy gestop het.

tom ·

Lyk my die misdadigers gaan daai taktiek gebruik om sake te verongeluk

Andre ·

Dis wat mens kry as jy “vermeende transito rowers” borgtog gee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.