Valke-beamptes geskors ná inhegtenisneming

Argieffoto

Genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het opdrag gegee dat twee lede van die Valke wat Sondag in hegtenis geneem is vir beweerde korrupsie en bedrog onmiddellik geskors word.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê kapt. Kaizer Mohale (50) en kol. Emily Hlophe (44), albei verbonde aan die Valke se eenheid vir ernstige kommersiële misdaad, en hul medepligtige, voormalige polisiekonstabel Steve Mangena (35), het Maandag in Johannesburg in die handelsmisdaadhof verskyn.

“Al drie is vrygelaat op borgtog van R5 000 elk,” het Mulaudzi gesê.

Mulaudzi het verduidelik dat die drie hulle as privaat speurders voorgedoen het nadat ʼn sakeman aangedui het dat hy die dienste van privaat speurders verlang.

“Hulle mag dit uiteraard nie doen nie. Hulle het gekonkel en ʼn plan beraam om hom te bedrieg. Die slagoffer het glo teen dié tyd reeds ʼn groot bedrag geld betaal vir die drie se dienste,” het Mulaudzi gesê.

Lebeya sê owerhede kan nie net toekyk hoe ʼn paar korrupte individue die naam van die Valke ruïneer nie.

“Dit is ons verantwoordelikheid om ʼn organisasie te bou wat mense altyd vertrou en sal beskerm teen enige misdaad,” het Lebeya gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Se wie ·

Wel gaan ondersoek gerus ook die beweerde standerton renoster transaksie. Van julle geagte wit lede is net so korrup. Groot slang in die gras met daai transaksie en beweerde inhegtenisnemings. Maar dis goed as daar nog iewers eerbare polisiemanne is.

AW ·

“I know we live in a fallen world,
But just because I breath corrupt air,
Rub elbows with corrupt men,
Never, make the mistake of thinking 
That I am corruptible!!”
[Live by Night]

Hansie Slim ·

Jy kry ongelukkig vrot appels oral, wat die res se naam deur die modder sleep.
Maak ‘n voorbeeld van hulle… vinnig!!!

marous ·

Waarom gaan spring en dans die uwe nie by die hof om borg teen te staan nie ?

ne ·

Korrup!!! Kry hulle volle betaling terwyl hulle geskors is? Dan is ‘n boete van R5,000 hopeloos te min!

hendrik ·

As dit die karakter is van offisiere soos n kolonel dan wil ek nie weet hoe lyk die hele weermag nie. Eintlik kan dit ook nie anders nie met n president wat n goeie voorbeeld stel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.