Twee beamptes van die Valke, Matodzi Richard Ramukosi (48) en Moeti Sesken Monei (48), het Vrydag saam met ʼn derde beskuldigde in die Pretoria-handelsmisdaadhof op aanklag van korrupsie verskyn.
Ramukosi en Monei is albei op borgtog van R10 000 elk vrygelaat, terwyl hul medebeskuldigde, Ifeanyi Anthony Unigwe (42), borgtog geweier is aangesien hy as ʼn vlugrisiko beskou word.
Brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale woordvoerder van die Valke, sê die drie is Donderdag deur die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad in hegtenis geneem nadat hulle glo saamgesweer het om ʼn ondersoekbeampte om te koop. Die ondersoekbeampte is betrokke by ʼn saak waarin daar beslag gelê is op voertuie en dwelms wat aan Unigwe behoort.
“Nadere ondersoek het aan die lig gebring dat die twee beamptes na bewering by verskeie geleenthede met die ondersoekbeampte vergader het en hom verskillende bedrae geld gegee het om die voertuie [waarop beslag gelê is] weer beskikbaar te maak. Die beamptes is in hegtenis geneem nadat ʼn lasbrief vir hul inhegtenisneming bekom is,” het Mulaudzi gesê.
Die drie beskuldigdes sal op 1 Februarie weer in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie en dwarsboming van die gereg.
Is die ondersoekbeampte nog oo vrye voet?
Wat n vrot spul !
Eish !
Sies!!!!!
Geluk met die eerbares ou hoed
Die Polisie is korrup, die Valke ondersoek die Polisie, nou is die Valke korrup… wie gaan hulle ondersoek….
There is a hole in the bucket dear Lisa, a hole, with what shall I fix it dear Henry, with what…
Hierdie valke was mos al die tyd bekend as die “mossies”. Couldn’t catch a cold in winter! !!
Vrot Suid Afrika! Kan niemand vertrou nie.