Valke fnuik beplande roof by Agrimark

Argieffoto

Binne die bestek van twee dae is vier verdagtes in verband met ’n gewapende rooftog en beweerde bedrog deur die Valke in die Kuruman-omgewing in die Noord-Kaap vasgetrek. Drie van dié verdagtes wou die Agrimark in Daniëlskuil beroof.

Drie verdagtes, tussen die ouderdomme van 24 en 33, is Dinsdag omstreeks middernag in hegtenis geneem in verband met dié beplande gewapende rooftog. Die Valke sê hulle het ’n wenk ontvang van vermeende rowers wat probeer om die Agrimark in Danielskuil te beroof.

Die Valke het beslag gelê op ’n 9 mm-vuurwapen, drie selfone en ’n voertuig.

Die drie verdagtes sal vermoedelik Donderdag in die Kuruman-landdroshof verskyn.

’n Misdaadbekampingsoperasie van die Valke, die polisie se eenheid vir misdaadintelligensie, die plaaslike kriminele rekordsentrum en die polisie se eenheid vir openbare orde het gelei tot ʼn verdere inhegtenisneming van ʼn 28-jarge Zimbabwiese burger vir beweerde bedrog in Kuruman.

Die verdagte is Dinsdag vasgetrek. Die polisie het inligting ontvang dat die verdagte na bewering tydelike permitte en paspoorte, asook Zimbabwiese en Suid-Afrikaanse rybewyse, uitgereik en verkoop het. Die verdagte het hierdie dokumente vir tussen R1 000 tot R2 500 verkoop.

Die verdagte sal vermoedelik ook Donderdag in die Mothibistad-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leon ·

Sal hulle ooit leer om nie ‘n mede rower die hoenders in the maak nie. As die ou will 80% van die buit hê, gge dit vir hom. Sien nou is julle vasgeterek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.