Valke fnuik moordkomplot

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Valke in KwaZulu-Natal het ʼn vrou se beweerde komplot, om haar man te laat vermoor, gefnuik.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het gesê lede van die Valke en die polisie se honde-eenheid het Vrydag drie verdagtes, onderskeidelik 25, 30 en 32 jaar oud, in Pinetown in hegtenis geneem op aanklag van sameswering om moord te pleeg.

“Die Valke het inligting ontvang dat iemand in Pinetown vermoor gaan word. Voorlopige ondersoek het daarop gedui dat ʼn 25-jarige vrou twee mans gehuur het om haar 54-jarige man te vermoor.” Volgens Mhlongo het die beamptes die twee mans agtervolg na die huis waar die moord glo sou plaasvind.

Mhlongo het gesê die twee mans het in die kattebak van ʼn motor weggekruip en gewag vir ʼn oproep van die vrou. Die verdagtes is almal hierna in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal Maandag in die Pinetown-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bronwyn ·

O fantasties! Goeie werk SAP! Ek wonder hoe voel haar man nadat dit op die lappe gekom het waarmee sy besig is.

Justice ·

Hy was toe nie so sieklik as wat sy gedink of gehoop het nie. Liefde was beslis nie die rede waarom sy met hom getrou het nie.

Raymond Bastone ·

Baie mooi net wat ons verwag van die SAP goed gedoen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.