Valke fnuik vermeende rowers se planne

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

Twee mense is Maandag in hegtenis geneem nadat die polisie inligting oor ʼn beplande transitorooftog in Noordwes ontvang het.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes het gistermiddag hul huis in Marikana in drie voertuie – waaronder twee Audi’s en ʼn Jeep – verlaat. Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat dié huis as wegkruipplek gebruik sou word waarheen die transitorowers na die beoogde rooftog sou terugkeer.

“Die eienaar van die huis en sy vrou is ook in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van die besit van gesteelde goedere en sameswering om ʼn misdaad te pleeg,” sê Ramovha.

Dit is vasgestel dat die voertuie wat tydens die transitorooftog gebruik sou word, vroeër vanjaar in die Douglasdale- en Wierdabrug-polisiëringsgebied teruggevind is.

Die polisie volg inligting van nóg vermeende betrokkenes op en verwag om binnekort verdere inhegtenisnemings te doen.

Die verdagtes, onderskeidelik 41 en 29 jaar oud, sal na verwagting Woensdag in die Tlhabane-landdroshof in Rustenburg verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JM ·

Gaan die transito-rooftogte vir ewig aanhou? Hierdie land het die ergste misdaadhool geword, hulle hou waaragtig net nie op nie!!

Cherokee ·

Jy is nie die enigste van die kommentators wat nie ‘n benul het wat ewig beteken nie.

Stefaan ·

Wierdabrug kom alweer na vore. cele behoort die nes te ondersoek.

Di ·

Daar is daagliks al hoe meer polisie beamptes in die nuus wat betrokke is by kriminele aktiwiteite. Duidelik is die keurings proses ‘n TOTALE gemors. Een van die HUIDIGE voorwaardes wanneer jy aansoek doen vir ‘n pos in die Polisie “You must not have any past criminal convictions or history”. Duidelik word dit nie toegepas nie!

Jack ·

Fnuik is goed vang en vervolg is beter. Die spul loop nooit twee twee nie. 10 tot 15 is nou die norm maar weens menseregte kan ons nou nie die meelopers se name uit hulle forseer nie. Jammer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.