Die Valke het aangekondig hy gaan appelleer nadat die skorsing van sy KwaZulu-Natalse hoof, genl.maj. Johan Booysen, in die Durbanse hooggeregshof opgehef is.
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê hulle was reeds in verbinding met Booysen se regsverteenwoordigers en hulle in kennis gestel dat hulle gaan appelleer. Mulaudzi het gesê Booysen moet nie vir diens aanmeld voordat die appèlproses afgehandel is nie.
Regter Anton van Zyl het Booysen se skorsing Woensdag opgehef en gesê Berning Ntlemeza, hoof van die Valke, het nie eens ʼn saak teen Booysen nie. Ntlemeza het Booysen van bedrog aangekla. Van Zyl het gelas Ntlemeza mag nie vir Booysen skors hangende die uitkoms van ʼn dissiplinêre proses nie. Hy het ook gelas Ntlemeza moet Booysen se regskoste betaal.
Ntlemeza het Booysen op 14 September, kort na sy aanstelling as Valke-hoof, geskors. Booysen is geskors te midde van bewerings van bedrog ter bedrae van sowat R15 000. Booysen het die bewerings ten sterkste ontken.
Ntlemeza het in hofdokumente aangevoer Booysen en sy taakspan wat aangestel is om die teregstelling van ʼn polisiebeampte te ondersoek, is op bedrieglike wyse vergoed vir die skietdood van ses onskuldige mans.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Net weer n rassistiese optrede omdat hy wit is en belastingbetalers moet betaal vir hulle speletjies
Kader aanstelling in [email protected]!
Het die Valke nie dalk geraamtes in hulle kaste nie? Dit wil voorkom of die rassekaart gespeel word om die aandag af te lei van die werklike probleem.
Dis nie die Valke wat appelleer nie, dis Ntlemeza. Hierdie is n een man crusade. Die een man wat die staat se geld gebruik om sy persoonlike vendetta uit te leef
Maroela jul hoofopskrif van die berig is n probleem vir die valke. Dit strook geensins met die inhoud van die verdere besonderhede van die berig nie. Dit verg n regstelling.