Valke gaan appelleer teen opheffing van KZN-hoof se skorsing

ValkeDie Valke het aangekondig hy gaan appelleer nadat die skorsing van sy KwaZulu-Natalse hoof, genl.maj. Johan Booysen, in die Durbanse hooggeregshof opgehef is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê hulle was reeds in verbinding met Booysen se regsverteenwoordigers en hulle in kennis gestel dat hulle gaan appelleer. Mulaudzi het gesê Booysen moet nie vir diens aanmeld voordat die appèlproses afgehandel is nie.

Regter Anton van Zyl het Booysen se skorsing Woensdag opgehef en gesê Berning Ntlemeza, hoof van die Valke, het nie eens ʼn saak teen Booysen nie. Ntlemeza het Booysen van bedrog aangekla. Van Zyl het gelas Ntlemeza mag nie vir Booysen skors hangende die uitkoms van ʼn dissiplinêre proses nie. Hy het ook gelas Ntlemeza moet Booysen se regskoste betaal.

Ntlemeza het Booysen op 14 September, kort na sy aanstelling as Valke-hoof, geskors. Booysen is geskors te midde van bewerings van bedrog ter bedrae van sowat R15 000. Booysen het die bewerings ten sterkste ontken.
Ntlemeza het in hofdokumente aangevoer Booysen en sy taakspan wat aangestel is om die teregstelling van ʼn polisiebeampte te ondersoek, is op bedrieglike wyse vergoed vir die skietdood van ses onskuldige mans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

frik ·

Net weer n rassistiese optrede omdat hy wit is en belastingbetalers moet betaal vir hulle speletjies

GES ·

Het die Valke nie dalk geraamtes in hulle kaste nie? Dit wil voorkom of die rassekaart gespeel word om die aandag af te lei van die werklike probleem.

Skim ·

Dis nie die Valke wat appelleer nie, dis Ntlemeza. Hierdie is n een man crusade. Die een man wat die staat se geld gebruik om sy persoonlike vendetta uit te leef

Sune van Heerden ·

Dagsê Skim

Die hoof van die Valke, Berning Ntlemeza, tree namens die Valke op. Dit is dus inderdaad die Valke wat teen die opheffing van die skorsing appelleer. Ons vra om verskoning as dit nie duidelik was in die berig nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

HEVW ·

Maroela jul hoofopskrif van die berig is n probleem vir die valke. Dit strook geensins met die inhoud van die verdere besonderhede van die berig nie. Dit verg n regstelling.

Sune van Heerden ·

Dagsê HEVW

Soos in die berig vermeld het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, bevestig dat die organisasie in verbinding was met genl.maj. Johan Booysen se regsverteenwoordiger om aan te dui dat hulle teen die opheffing van sy skorsing gaan appelleer. Die opskrif is dus nie teenstrydig met die inhoud van die berig nie. Kontak ons gerus by [email protected] indien hierdie inligting nie voldoende is nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Renate Barnard ·

Die sogenaamde bevelvoerder van die Hawks is besig om die PFMA se bepalings ten opsigte van “fruitless and wasteful expenditure” te verbreek net om sy eie ego te streel. In die proses probeer hy ook om ‘n lojale, eerbare REGTE polisieoffisier se trotse loopbaan te vernietig en sy naam in oneer te bring. Die ergste daarvan ia dat hulle belastingbetalers se geld daarvoor gebruik. Die “topbestuur” van die polisie is nie verhewe bo die reg nie. Ntlemeza moet verantwoordelik gehou word.

Pieter V ·

Hulle wil net nie erken dat hulle n saak verloor nie ,sal tot in ewigheid appelleer ,bekook alles en organiseer dat n regter wat n kader van die anc is in hul guns beslis ,so gaan dit in die staatsdiens en munisipaliteite.Dis tyd dat ons as belastingbetalers hierteen in opstand kom,en daardie hoofde ook dagvaar vir die vermorsing van belasting geld en dit van hulle persoonlik verhaal.

GES ·

Baie dankie Renate. Dit plaas alles in perspektief nou vir my. Ek kon dit seker raai

alex ·

@ HEVW kry bietjie vir jou, gedink jy is die meneer met jou alewige kommentaar lewer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.