‘Valke gaan Malema ondersoek’

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Valke gaan strafregtelike klagtes teen Julius Malema, leier van die EFF, ondersoek, het die minister van polisie gesê.

Minister Nathi Nhleko het tydens ʼn mediakonferensie by die parlement gereageer op Malema se uitlatings in ʼn onderhoud met Al Jazeera dat die demokraties verkose regering “deur die loop van ʼn geweer” omvergewerp sal word.

Nhleko het die uitlatings beskryf as “roekeloos” en as “opstokery” en gesê dit het die potensiaal om “die land in chaos te dompel”. “Die saak word nou deur die Valke ondersoek,” het Nhleko gesê.

Die aanklagte teen Malema is deur die ANC by die Hillbrow-polisiestasie aanhangig gemaak. “Ons moet verantwoordelik wees en ons daarvan weerhou om werklike griewe wat verskeie gemeenskappe het te gebruik om eng politieke agendas te dryf wat die potensiaal het om die land se destabiliseer,” het Nhleko gesê.

Die ANC-hoofsweep se kantoor het vroeër in ʼn verklaring Malema se uitlatings veroordeel. Volgens die ANC is dreigemente om die regering omver te werp ʼn ernstige gevaar vir die Grondwet en die mense van die land. “Suid-Afrikaners kan nie bekostig om Malema se dreigemente ligtelik te neem nie, gegewe die land se tragiese verlede van politieke geweld en bloedverlies,” het die party gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Toit

As hy wit was ,was hy kla in die tronk

humor

Is di t maar al waarvoor hy odndersoek sal word. Ek reken daar is baie ernstiger redes.

Johann

Ja well fine. Malema is nou nie juis die mees betroubare en/of stabiele verwysing na konstante logika of selfs hemele behoed; sy bewese toepassing van minimum aanvaarbare intelek nie. Maar net so mun kan ge sê word van sy X ANC tjomme. Soos ….as….wanneer dit “gepas” is word stabiliteit en Grondwet en tragiese geskiedenis en bla bla bla… vinnig aangehaal deur die mees toepaslike ampsdraer via sy/haar ewe onaansienlike kolega(s). Dis verkiesingstyd mense: verwag die ergste en die meeste arrogansie denkbaar ter wille van (………) ten koste van ons veronderstelde DEMOKRASIE. Daars n MASIEWE verskil tussen “previously disadvantaged” en “currently… Lees meer »

Frederik

Zuma sing ” Bring my my masjiengeweer “. Dan dink die ANC nie aan die land se tragiese verlede van politieke geweld en bloedverlies nie.
Hy en Malema is maar eintlik een en dieselfde.

lynette

Net jammer hulle noem nie dat die tragiese verlede van politieke geweld en bloedverlies deur ANC aangevoer was nie. Hulle noem dit net so terloops sodat al hulle slim volgelinge dadelik sal dink dis die aaklige apartheidsregering wat daarvoor verantwoordelik was.