‘Valke gaan Malema ondersoek’

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Valke gaan strafregtelike klagtes teen Julius Malema, leier van die EFF, ondersoek, het die minister van polisie gesê.

Minister Nathi Nhleko het tydens ʼn mediakonferensie by die parlement gereageer op Malema se uitlatings in ʼn onderhoud met Al Jazeera dat die demokraties verkose regering “deur die loop van ʼn geweer” omvergewerp sal word.

Nhleko het die uitlatings beskryf as “roekeloos” en as “opstokery” en gesê dit het die potensiaal om “die land in chaos te dompel”. “Die saak word nou deur die Valke ondersoek,” het Nhleko gesê.

Die aanklagte teen Malema is deur die ANC by die Hillbrow-polisiestasie aanhangig gemaak. “Ons moet verantwoordelik wees en ons daarvan weerhou om werklike griewe wat verskeie gemeenskappe het te gebruik om eng politieke agendas te dryf wat die potensiaal het om die land se destabiliseer,” het Nhleko gesê.

Die ANC-hoofsweep se kantoor het vroeër in ʼn verklaring Malema se uitlatings veroordeel. Volgens die ANC is dreigemente om die regering omver te werp ʼn ernstige gevaar vir die Grondwet en die mense van die land. “Suid-Afrikaners kan nie bekostig om Malema se dreigemente ligtelik te neem nie, gegewe die land se tragiese verlede van politieke geweld en bloedverlies,” het die party gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

humor ·

Is di t maar al waarvoor hy odndersoek sal word. Ek reken daar is baie ernstiger redes.

Johann ·

Ja well fine. Malema is nou nie juis die mees betroubare en/of stabiele verwysing na konstante logika of selfs hemele behoed; sy bewese toepassing van minimum aanvaarbare intelek nie. Maar net so mun kan ge sê word van sy X ANC tjomme. Soos ….as….wanneer dit “gepas” is word stabiliteit en Grondwet en tragiese geskiedenis en bla bla bla… vinnig aangehaal deur die mees toepaslike ampsdraer via sy/haar ewe onaansienlike kolega(s). Dis verkiesingstyd mense: verwag die ergste en die meeste arrogansie denkbaar ter wille van (………) ten koste van ons veronderstelde DEMOKRASIE. Daars n MASIEWE verskil tussen “previously disadvantaged” en “currently taking advantage”. Nog erger die ANC en kie se horlosies wat net nie wil of kan NOU meet nie. Nevermind TOEKOMS… makliker om n horlosie te dra wat NET gister meet en dan ook nie jou eie doen en late insluit nie.

Frederik ·

Zuma sing ” Bring my my masjiengeweer “. Dan dink die ANC nie aan die land se tragiese verlede van politieke geweld en bloedverlies nie.
Hy en Malema is maar eintlik een en dieselfde.

lynette ·

Net jammer hulle noem nie dat die tragiese verlede van politieke geweld en bloedverlies deur ANC aangevoer was nie. Hulle noem dit net so terloops sodat al hulle slim volgelinge dadelik sal dink dis die aaklige apartheidsregering wat daarvoor verantwoordelik was.

Tiger ·

Jy slaan die spyker op die kop Lynette!Die anc terroriste het bomme geplant .landmyne op plase geplant en en en.Cyril Ramaphosa het vir 2 jaar opleiding as saboteur in Rusland gekry na 1985 maar die NP regering en witmense word gebrandmerk deur die anc!Wat ‘ n grap !Nou gaan die valke Maelema ondersoek.Nog ‘n groter grap.Hy het hoogverrad gepleeg en moes lankal agter tralies gewees het mmar hy is nie want sy vel kleur vrywaar hom.

Ben Prinsloo ·

Geen probleem, hy gaan net n briefie kry wat hom vermaan om dit nie weer te sê nie en die probleem is opgelos.

Vaderland ·

En die briefie gaan so begin….
…..now listen properly………

Anoniem ·

Vaderland…jy se dit so mooi en so waar. Selfs by werksomstandinghede waar hul nonsens aanjaag is dit mos die bekende woorde wat hulle mee begin…Kan geen verantwoordelikheid vat van niks. Altyd onskuldig die arme bloedjies..Tog so swaar gekry…

Rynhardt ·

ABSOLUUT BELAGLIK!!! Wat wil omstrede Valke nog ondetsoek?? Vanaand op SABC2 NUUS het Malema gese:”Ons vrees Anc en sy agente nie. ” Daar het jy n klassieke bewys klaar.Selfs sy EFF trawante ondersteun hom.Anc is nie ernstig om hom vir hoogverraad te arresteer nie, nog minder sy maatjies! Die situasie tans in SA is baie ernstig as wat baie mense besef!!

Cherokee ·

Jy is reg wanneer jy sê die situasie is ernstiger as wat vele mense besef, Rynhardt. Dieselfde vele mense juig wanneer Zuma kiesers verloor sonder om te besef die wins is die EFF s’n. Dit is húlle wat in die waan verkeer dat die DA ‘n kans staan. Die toekoms vir Suid Afrika lyk nie rooskleurig nie.

john ·

ja ds waar wat die witmense se profeet gese ht Sal gebeur. siener Van rensburg was toe al die tyd reg.kleurling man.

Jakes ·

Kyk nou mooi…. niks gaan gebeur. Almal en ek bedoel ALMAL is te bang vir hom. Ons kan mos nie saamstaan nie…

Jakes ·

Kyk nou mooi…. niks gaan gebeur. Almal en ek bedoel ALMAL is te bang vir hom. Ons kan mos nie saamstaan nie…

frans ·

net een vraagie, weet malema ooit hoe lyk n geweer,glo my ons doen, en ons gaan nie neer gooi en hol as dinge warm word nie jouluis!

Frederik ·

Mooi gespel, Frans. Jouluis!! hêhêhêhê Make me laf like Zuma.

John ·

Die ANC wil Malema se mond snoer voor die verkiesing en ‘n lessie leer oor die hofsaak wat hy teen president Zuna gewen het. Die gebeure die afgelope tyd laat mens ongemaklik oor hoe rustig die maande vorentoe gaan verloop en as ongerymdhede op stemdag plaasvind, is die gort gaar.

Chris Ws ·

Kannie wag dat die anc en eff aanmekaar spring nie!Sal hulle nog help waar ek kan ook!Maar ons gaan net nie ons noodvoorraad met hulle deel nie.

Theuns ·

Dit gaan intresant wees om te sien wie haal vir wie eerste uit? Gaan dit Zuma wees? Of gaan dit Malema wees. Want hulle wil mos eers van mekaar onslae raak sodat hulle die eintlike vyand kan bykom! Die Witman! Pasop dat die derde hond nie met die been weghardloop nie!

Casdup ·

Ek het almal se komentaar hier gelees nie. Sou ek dus herhaal wat iemand reeds gese het; jammer. Ek volg die spesifieke storie nogal deurdagtig. Hierdie man en sy organisasie sou in enige ander beskaafde land as terroris gemerk word. Dus wat hier moet gebeur is dat die eff as teroriste organisasie moet verklaar word en hulle moet verwyder en gebere word.

Wynand ·

Daan, God staan by mense wat in Hom glo en nie moord in die hart rond dra nie. Dit is wanneer God aan iemand se kant is. Dink jy God ondersteun moord en doodslag?

Flippie ·

Malema het nie net haat uitlatings en opruiende uitsprake teen die president en die regering gemaaknie, maar ook teen die witmense.

Hy word nou ondersoek vir hoogverrad – maw wat hy teen die staat gesê het. Dit wat hy kwyt geraak het oor die wittes – dis in orde.

Kyk wat met Leon du Plessis gebeur het. Eers in hegtenis genoem – nou die ondersoek. Drie weke opgesluit en dit terwyl hy onskuldig beskou moet word. Hy is nou al drie of is dit nou al vier weke opgesluit onder Anders omdat die Suid Afrikaanse regstelsel hom nie in Afrikaans kanverhoor nie. Dus kan Afrikaanses bloot omdat hulle Afrikaans praat, langer as 48 duur aangehou word.

Dit is nou Suid Afrika. Blyplek van die Afrikaner, Boer en ander Afrikaanse oë ek en res.

stef ·

Wil iemand nie asb vir die man verduidelik mens SIT ‘n beret op jou kop nie: hy TREK die ding aan…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.