Valke glo nie heeltemal onafhanklik nie

valkePresident Jacob Zuma sê die Valke sal nie meer verantwoordbaar wees nie indien die konstitusionele hof ʼn aansoek om hulle as ʼn onafhanklike eenheid van die polisie te verklaar, suksesvol is nie, berig die Sunday Independent.

Die uitlatings deur Zuma word vervat in hofdokumente wat ingedien is in reaksie op die Helen Suzman-stigting en die sakeman Hugh Glenister se aansoek om die Valke se onafhanklikheid af te dwing. “Sonder ʼn mate van beheer is verantwoordbaarheid ʼn leë konsep,” sê Zuma in hofdokumente.

Die stigting en Glenister probeer om die nuwe polisie-wysigingswet ongeldig en strydig met die grondwet te verklaar. Die twee partye glo dat die Valke nie voldoende onafhanklik is nie omdat hulle onder die polisie val.

Nathi Mthethwa, minister van polisie, en Jeff Radebe, minister van justisie, het in hul voorleggings gesê dat die Valke as ʼn “toegewyde teenkorrupsie-eenheid geïsoleer” is van uitvoerende invloed en in staat is om “onafhanklik te funksioneer.”

Glenister voer sedert 2008 met die ontbinding van die destydse Skerpioene verskeie hofaksies. Die Skerpioene was ʼn ondersoekeenheid wat onder die nasionale vervolgingsgesag geval het. Die Valke resorteer egter onder die Polisiewet. Die nuwe polisie-wysigingswet is opgestel nadat die konstitusionele hof beslis het die wet wat die Valke reguleer, te min onafhanklikheid bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.