Valke-hoof eis verskoning oor ‘seksskandaal’-berig

Adjunk-lt.genl. Yolisa Matakata, waarnemende hoof van die Valke. Foto: ANA

Lt.genl. Yolisa Matakata, waarnemende hoof van die Valke, het haar skok en ontsteltenis uitgespreek oor ʼn artikel getiteld “Hawks boss in sex scandal”.

In sy Saterdag-uitgawe het die Daily Dispatch dié artikel op sy voorblad gedra. Volgens die artikel word genl.maj. Nyameko Nogwanya, hoof van die Valke in die Oos-Kaap, deur twee senior personeellede van seksuele teistering aangekla.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê twee senior beamptes van die Valke word in die berig aangehaal. “Dit het nie net die organisasie verneder nie, maar ook gepoog op die geloofwaardigheid en die integriteit van die twee beweerde slagoffers te beswadder,” het Muluadzi gesê.

“Die beweerde slagoffers se identiteit is bekend gemaak en sonder hul toestemming gebruik, en dit ondermyn hul reg op privaatheid en hul veiligheid. Dit poog ook om die interne ondersoek wat reeds aan die gang is te ondermyn,” het Muluadzi gesê.

Matakate het gesê die media moet sy verantwoordelikheid in sake van seksuele aanranding besef.

“Die meeste slagoffers gaan deur erge emosionele en psigiese trauma en die media kan daardie slagoffers skade berokken. Die media moet ʼn balans handhaaf as hul verslag doen oor sulke gevalle, selfs al is dit in openbare belang.”

Matakata het dit ook benadruk dat die menings in die berig nie dié van die Valke weerspieël nie. Muluadzi het gesê die Daily Dispatch moet die slagoffers om verskoning vra omdat hulle hul verneder is. “Ons wil hê die interne ondersoek moet afgehandel word sonder enige inmenging.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

vrikie ·

As dit nie apartheid of Jan van Riebeeck se skuld is nie is dit die media

Anoniem ·

Verstaan ek reg dat daar wel ‘n interne ondersoek hieroor aan die gang is?

zoom zoom ·

Plaas antwoord hulle oor hoekom hulle nog nie die zuptas gevang het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.